1 En nadat Hy in die skuit geklim het, het Hy oorgevaar en in sy eie stad gekom.
2 En hulle het 'n verlamde man wat op 'n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.
3 En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.
4 En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?
5 Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en loop?
6 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe -- toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
7 En hy het opgestaan en huis toe gegaan.
8 En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so 'n mag aan die mense gegee het.
9 En toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy 'n man met die naam van Matth,Âs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.
10 En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan.
11 En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars?
12 Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.
13 Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
14 Daarna kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie?
15 En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.
16 En niemand sit 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom 'n erger skeur.
17 'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.
18 Terwyl Hy vir hulle dit sê, kom daar 'n sekere owerste en val voor Hom neer en sê: My dogter het nou net gesterwe, maar kom en lê u hand op haar, en sy sal lewe.
19 En Jesus het opgestaan en hom gevolg, en ook sy dissipels.
20 En daar het 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van sy kleed aangeraak.
21 Want sy het by haarself gesê: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word.
22 En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af.
23 En toe Jesus in die huis van die owerste kom en die fluitspelers sien, en die skare wat te kere gaan,
24 sê Hy vir hulle: Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, maar sy slaap. En hulle het Hom uitgelag.
25 En nadat die skare uitgedryf was, het Hy ingegaan en haar hand gegryp; en die dogtertjie het opgestaan.
26 En die gerug hiervan het deur daardie hele land versprei.
27 En toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sê: Wees ons barmhartig, Seun van Dawid!
28 En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.
29 Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.
30 En hulle oë het oopgegaan. En Jesus het hulle skerp aangespreek en gesê: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie.
31 Maar hulle het heengegaan en Hom in daardie hele land bekend gemaak.
32 En terwyl hulle weggaan, bring die mense 'n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe.
33 En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie!
34 Maar die Fariseërs het gesê: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.
35 En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
36 En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.
37 Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
38 Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.
1 耶稣上了船, 过到自己的城来。
2 有人把一个躺在床上的瘫子带到他那里。耶稣看见他们的信心, 就对瘫子说: "孩子, 放心! 你的罪赦了。"
3 有几位经学家彼此说: "这个人在说僭妄的话。"
4 耶稣看出他们所想的, 就说: "你们心里为什么存着恶念呢?
5 说‘你的罪赦了’, 或说‘起来行走’, 哪一样容易呢?
6 然而为了要使你们知道人子在地上有赦罪的权柄, (他就对瘫子说: )起来, 拿起你的床, 回家去吧。"
7 他就起来回家去了。
8 群众看见, 就起了敬畏的心, 颂赞那把这样的权柄赐给人的 神。
9 耶稣从那里往前走, 看见一个人, 名叫马太, 坐在税关那里, 就对他说: "来跟从我! "他就起来跟从了耶稣。
10 耶稣在屋里吃饭的时候, 有很多税吏和罪人来与他和门徒一起吃饭。
11 法利赛人看见了, 就对他的门徒说: "你们的老师为什么跟税吏和罪人一起吃饭呢?"
12 耶稣听见了, 就说: "健康的人不需要医生, 有病的人才需要,
13 ‘我喜爱怜悯, 不喜爱祭祀’, 你们去想一想这话的意思吧。我来不是要召义人, 而是要召罪人。"
14 那时, 约翰的门徒前来问耶稣: "为什么我们和法利赛人常常禁食, 你的门徒却不禁食呢?"
15 耶稣回答: "新郎跟宾客在一起的时候, 宾客怎能哀痛呢?但到了时候, 新郎就要从他们中间被取去, 那时他们就要禁食了。
16 没有人会拿一块新布补在旧衣服上, 因为补上的会把衣服扯破, 裂的地方就更大了。
17 也没有人会把新酒装在旧皮袋里, 如果这样, 皮袋就会胀破, 酒就漏出来, 皮袋也损坏了。人总是把新酒装在新皮袋里, 这样, 两样都可以保全。"
18 耶稣对他们说话的时候, 有一位会堂的主管走来跪在他面前, 说: "我的女儿刚死了, 但请你来按手在她身上, 她必活过来。"
19 于是耶稣和门徒起来跟着他去了。
20 有一个女人, 患了十二年的血漏病, 她走到耶稣背后, 摸他衣服的繸子,
21 因为她心里说: "只要摸到他的衣服, 我就必痊愈。"
22 耶稣转过来看见她, 就说: "女儿, 放心! 你的信心使你痊愈了。"从那时起, 那女人就好了。
23 耶稣进了那主管的家, 看见有吹笛的人和喧哗的群众,
24 就说: "出去! 这女孩不是死了, 只是睡了。"他们就嘲笑他。
25 耶稣赶走众人之后, 进去拉着女孩的手, 女孩就起来了。
26 这消息传遍了那一带。
27 耶稣离开那里的时候, 有两个瞎子跟着他, 喊着说: "大卫的子孙, 可怜我们吧! "
28 耶稣进了房子, 他们来到他那里。耶稣问他们: "你们信我能作这些事吗?"他们回答: "主啊, 我们信。"
29 于是耶稣摸他们的眼睛, 说: "照你们的信心给你们成就吧。"
30 他们的眼睛就看见了。耶稣严严地嘱咐他们: "千万不可让人知道。"
31 他们却出去, 把他所作的事传遍了那一带。
32 他们出去的时候, 有人带着一个被鬼附着的哑巴来见耶稣。
33 耶稣把鬼赶走之后, 哑巴就说话了。众人都很惊奇, 说: "这样的事, 在以色列从来没有见过。"
34 但法利赛人说: "他不过是靠鬼王赶鬼罢了。"
35 耶稣走遍各城各乡, 在各会堂里教导人, 宣扬天国的福音, 医治各种疾病、各种病症。
36 他看见群众, 就怜悯他们, 因为他们困苦无依, 像没有牧人的羊一样。
37 他就对门徒说: "庄稼多, 工人少;
38 所以你们应当求庄稼的主派工人去收割。"