1 In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet.

2 Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.

3 Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie -- toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het --

4 hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?

5 Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?

6 En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.

7 Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;

8 want die Seun van die mens is Here ook van die sabbat.

9 En Hy het daarvandaan weggegaan en in hulle sinagoge gekom.

10 En daar was 'n man met 'n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat gesond te maak? -- sodat hulle Hom sou kan aanklae.

11 Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in 'n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?

12 Hoeveel meer is 'n mens dan nie werd as 'n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen.

13 Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een.

14 Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

15 Toe Jesus dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,

16 en hulle 'n streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie,

17 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet:

18 Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel 'n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig.

19 Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.

20 'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.

21 En op sy Naam sal die heidene hoop.

22 Toe het hulle 'n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.

23 En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie?

24 Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.

25 Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.

26 En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?

27 En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.

28 Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

29 Of hoe kan iemand in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.

30 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.

31 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.

32 En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

33 Julle moet •f die boom goed maak en sy vrugte goed, •f julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.

34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.

35 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.

36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.

37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.

38 Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag 'n teken van U sien.

39 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

40 Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.

41 Die manne van Ninev, sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en -- meer as Jona is hier!

42 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en -- meer as Salomo is hier!

43 En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.

44 Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.

45 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. So sal dit ook wees met hierdie bose geslag.

46 En terwyl Hy nog met die skare spreek, staan sy moeder en broers daarbuite en wou graag met Hom praat.

47 Toe sê iemand vir Hom: D r staan u moeder en u broers buite en wil graag met U praat.

48 Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is my moeder? En wie is my broers?

49 En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: D r is my moeder en my broers.

50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, die is my broer en suster en moeder.

1 安息日那天, 耶稣从麦田经过; 他的门徒饿了, 就摘了些麦穗来吃。

2 法利赛人看见了, 就对他说: "你看, 你的门徒作了安息日不可作的事。"

3 耶稣对他们说: "大卫和跟他在一起的人, 在饥饿的时候所作的, 你们没有念过吗?

4 他不是进了 神的殿, 吃了他和跟他在一起的人不可以吃, 只有祭司才可以吃的陈设饼吗?

5 律法书上记着: 安息日, 祭司在殿里供职, 触犯了安息日, 也不算有罪; 你们也没有念过吗?

6 我告诉你们, 这里有一位是比圣殿更大的。

7 如果你们明白‘我喜爱怜悯, 不喜爱祭祀’这句话的意思, 就不会把无罪的定罪了。

8 因为人子是安息日的主。"

9 耶稣离开那里, 来到他们的会堂。

10 会堂里有一个人, 他的一只手枯干了。有人问耶稣: "在安息日治病, 可以吗?"目的是要控告耶稣。

11 耶稣回答: "你们当中有哪一个, 他仅有的一只羊在安息日跌进坑里, 会不把羊抓住拉上来呢?

12 人比羊贵重得多了! 所以, 在安息日行善是可以的。"

13 于是对那人说: "伸出手来! "他把手一伸, 就复原了, 好像另一只手一样。

14 法利赛人出去, 商议怎样对付耶稣, 好杀掉他。

15 耶稣知道了, 就离开那里。有很多人跟随他, 他医好他们所有的病人,

16 又嘱咐他们不可替他张扬。

17 这就应验了以赛亚先知所说的:

18 "看哪! 我所拣选的仆人, 我所爱, 心里所喜悦的; 我要把我的灵赐给他, 他必向万国宣扬公理。

19 他不争吵, 也不喧嚷, 人在街上听不见他的声音。

20 压伤的芦苇, 他不折断, 将残的灯火, 他不吹灭; 直到他施行公理, 使公理得胜。

21 万民都要寄望于他的名。"

22 有人带了一个被鬼附着、又瞎又哑的人到耶稣那里。耶稣医好了他, 那哑巴就能说话, 也能看见了。

23 群众都很惊奇, 说: "难道他就是大卫的子孙?"

24 法利赛人听见了, 说: "这个人赶鬼, 只不过是靠鬼王别西卜罢了。"

25 耶稣知道他们的心思, 就对他们说: "如果一个国家自相纷争, 就必定荒凉; 一城一家自相纷争, 必站立不住。

26 如果撒但赶逐撒但, 就会自相纷争。那么, 他的国怎能站立得住呢?

27 我若靠别西卜赶鬼, 你们的子孙又靠谁呢?这样, 他们就要断定你们的不是。

28 我若靠 神的灵赶鬼, 神的国就已经临到你们了。

29 如果不先把壮汉绑起来, 怎能进到他的家里, 抢夺财物呢?如果绑起来了, 就可以抢劫他的家了。

30 不站在我这一边的就是反对我的, 不跟我一起收聚的, 就是分散的。

31 因此, 我告诉你们, 人的一切罪和亵渎的话, 都可以赦免; 可是, 亵渎圣灵就得不着赦免。

32 无论谁说话得罪了人子, 还可以赦免; 但说话得罪了圣灵的, 今生来世都得不着赦免。

33 "你们种好树就结好果子, 种坏树就结坏果子; 凭着果子就能认出树来。

34 毒蛇所生的啊, 你们既然是邪恶的, 怎能说出良善的话?因为心中所充满的, 口里就说出来。

35 良善的人从他良善的心("心"原文作"库房")发出良善, 邪恶的人从他邪恶的心("心"原文作"库房")发出邪恶。

36 我告诉你们, 人所说的闲话, 在审判的日子, 句句都要供出来,

37 因为你要照你的话被称为义, 或定为有罪。"

38 当时, 有一些经学家和法利赛人对耶稣说: "老师, 我们想请你显个神迹看看。"

39 但耶稣说: "邪恶和淫乱的世代寻求神迹, 除了约拿先知的神迹以外, 再没有神迹给你们了。

40 约拿怎样三日三夜在大鱼的腹中, 人子也要照样三日三夜在地里。

41 审判的时候, 尼尼微人要和这个世代一同起来, 定这个世代的罪, 因为他们听了约拿所传的就悔改了。你看, 这里有一位是比约拿更大的。

42 审判的时候, 南方的女王要和这个世代一同起来, 定这个世代的罪, 因为她从地极来到, 要听所罗门智慧的话。你看, 这里有一位是比所罗门更大的。

43 "有一个污灵离开了一个人, 走遍干旱之地, 寻找栖身的地方, 却没有找到。

44 他就说: ‘我要回到我从前离开了的那房子。’到了之后, 看见里面空着, 已经打扫干净, 粉饰好了,

45 他就去带了另外七个比自己更恶的污灵来, 一齐进去住在那里; 那人后来的情况, 比以前更坏了。这邪恶的世代也会这样。"

46 耶稣还在对群众讲话的时候, 他的母亲和弟弟站在外面, 要找他讲话。

47 有人告诉耶稣: "你的母亲和弟弟站在外面, 有话要跟你说。"

48 他回答那人: "谁是我的母亲?谁是我的弟兄?"

49 他伸手指着门徒说: "你看, 我的母亲, 我的弟兄!

50 凡是遵行我天父旨意的, 就是我的弟兄、姊妹和母亲了。"