1 En die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle 'n teken uit die hemel te laat sien.
2 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi.
3 En in die môre : Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
4 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en weggegaan.
5 En toe sy dissipels na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brode saam te neem.
6 Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.
7 En hulle het onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie.
8 Maar Jesus het dit opgemerk en vir hulle gesê: Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie?
9 Begryp julle nog nie, en onthou julle nie die vyf brode van die vyf duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie?
10 Of die sewe brode van die vier duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie?
11 Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie?
12 Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.
13 En toe Jesus in die streke van Cesar,a-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?
14 En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige El¡a, en ander Jeremia of een van die profete.
15 Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?
16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
20 Daarop het Hy sy dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat Hy Jesus die Christus is nie.
21 Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
22 Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!
23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
26 Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
27 Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.
28 Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.
1 法利赛人和撒都该人前来试探耶稣, 求他显个从天上来的神迹给他们看。
2 耶稣回答: "黄昏的时候, 你们说: ‘天色通红, 明天一定是晴天。’
3 早上的时候, 你们说: ‘天色又红又暗, 今天一定有风雨。’你们知道分辨天色, 却不能分辨时代的征兆吗?
4 邪恶和淫乱的世代要寻求神迹, 除了约拿的神迹之外, 不会有什么神迹给它了。"耶稣就离开他们走了。
5 门徒到了对岸, 忘记了带饼。
6 耶稣对他们说: "你们要小心, 提防法利赛人和撒都该人的酵。"
7 他们就彼此议论说: "这是因为我们没有带饼吧。"
8 耶稣知道了, 就说: "小信的人, 为什么议论没有饼这件事呢?
9 你们还不明白吗?你们是不是忘记了那五个饼分给五千人, 又装满了多少个篮子呢?
10 还是忘记了那七个饼分给四千人, 又装满了多少个大篮子呢?
11 我对你们讲的不是饼的事, 你们为什么不明白?你们要提防法利赛人和撒都该人的酵。"
12 这时他们才领会耶稣说的不是要提防饼酵, 而是要提防法利赛人和撒都该人的教训。
13 耶稣来到该撒利亚.腓立比的地区, 就问自己的门徒: "人说人子是谁?"
14 他们回答: "有人说是施洗的约翰, 有人说是以利亚, 也有人说是耶利米, 或是先知里的一位。"
15 他问他们: "你们说我是谁?"
16 西门.彼得回答: "你是基督, 是永生 神的儿子。"
17 耶稣对他说: "约拿的儿子西门, 你是有福的, 因为这不是人("人"原文作"肉和血")指示你的, 而是我在天上的父启示你的。
18 我告诉你, 你是彼得, 我要在这磐石上建立我的教会, 死亡的权势("死亡的权势"原文作"阴间的门")不能胜过他。
19 我要把天国的钥匙给你, 你在地上捆绑的, 在天上也被捆绑; 你在地上释放的, 在天上也被释放。"
20 于是耶稣吩咐门徒不可对人说他就是基督。
21 从那时起, 耶稣开始向门徒指出, 他必须往耶路撒冷去, 受长老、祭司长和经学家许多的苦害, 并且被杀, 第三天复活。
22 彼得就把他拉到一边, 责怪他说: "主啊, 千万不可这样, 这事一定不会发生在你身上的。"
23 耶稣转过来对彼得说: "撒但! 退到我后面去! 你是绊倒我的, 因为你不思念 神的事, 只思念人的事。"
24 于是耶稣对门徒说: "如果有人愿意跟从我, 就当舍己, 背起他的十字架来跟从我。
25 凡是想救自己生命的, 必丧掉生命; 但为我牺牲生命的, 必得着生命。
26 人若赚得全世界, 却赔上自己的生命, 有什么好处呢?人还能用什么换回自己的生命呢?
27 人子要在父的荣耀里和众天使一同降临, 那时他要照各人的行为报应各人。
28 我实在告诉你们, 站在这里的, 有人在没有尝过死味以前, 必要看见人子带着他的国降临。"