1 In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judea
2 gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
4 En hy, Johannes, het 'n kleed gedra van kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
5 En Jerusalem en die hele Judia en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.
6 En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
9 En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.
10 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
11 Ek doop julle wel met water tot bekering, maar Hy wat n my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
12 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.
13 Toe het Jesus van Galilea na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.
14 Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?
15 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.
16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom.
17 En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
1 那时, 施洗的约翰出来, 在犹太的旷野传道,
2 说: "天国近了, 你们应当悔改。"
3 以赛亚先知所说: "在旷野有呼喊者的声音: ‘预备主的道, 修直他的路! ’"就是指着这约翰说的。
4 约翰身穿骆驼毛的衣服, 腰束皮带, 吃的是蝗虫和野蜜。
5 耶路撒冷、犹太全地和约旦河一带的人都出来到他那里去,
6 承认自己的罪, 在约旦河里受了他的洗。
7 约翰看见许多法利赛人和撒都该人也来受他的洗, 就对他们说: "毒蛇所生的啊, 谁指示你们逃避那将要来的忿怒呢?
8 应当结出果子来, 与悔改的心相称。
9 你们心里不要以为: ‘我们有亚伯拉罕作我们的祖宗。’我告诉你们, 神能从这些石头中给亚伯拉罕兴起后裔来。
10 现在斧头已经放在树根上, 所有不结好果子的树, 就砍下来, 丢在火里。
11 我用水给你们施洗, 表示你们悔改; 但在我以后要来的那一位, 能力比我更大, 我就是替他提鞋也没有资格。他要用圣灵与火给你们施洗。
12 他手里拿着簸箕, 要扬净麦场, 把麦子收进仓里, 却用不灭的火把糠秕烧尽。"
13 那时, 耶稣从加利利来到约旦河约翰那里, 要受他的洗。
14 约翰想要阻止他, 说: "我应该受你的洗, 你却到我这里来吗?"
15 耶稣回答: "暂且这样作吧。我们理当这样履行全部的义。"于是约翰答应了他。
16 耶稣受了洗, 立刻从水中上来; 忽然, 天为他开了, 他看见 神的灵, 好像鸽子降下来, 落在他身上;
17 又有声音从天上来, 说: "这是我的爱子, 我所喜悦的。"