1 Maar Job het geantwoord en gesê:

2 Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.

3 Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?

4 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;

5 ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!

6 As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou -- watter verligting bring dit my?

7 Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.

8 En U het my gegryp -- 'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.

9 Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.

10 Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.

11 God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.

12 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.

13 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.

14 Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.

15 'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.

16 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;

17 alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.

18 o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.

19 Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.

20 My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God --

21 dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.

22 Want maar min jare kom -- dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.

1 约伯回答说:

2 "像这样的话, 我听了很多; 你们都是叫人愁烦的安慰者。

3 虚空的言语, 有穷尽吗?或有什么惹你答个不休的呢?

4 你们若处在我的景况, 我也能像你们那样说话, 我也能砌辞攻击你们, 并且能向你们摇头。

5 我能用口鼓励你们, 我嘴唇的安慰, 能缓和你们的痛苦。

6 我若说话, 痛苦仍不消解, 我若闭口不说, 痛苦也不离开我。

7 现在 神使我困倦, ‘你蹂躏了我的全家,

8 又把我捆绑起来。’这就作为证据; 我身体的枯瘦也当面作证反对我。

9 他的怒气撕裂我, 攻击我; 他向我咬牙切齿, 我的敌人以锐利的眼光看着我。

10 他们向我大大张嘴, 以蔑视的态度打我的脸颊, 联合一起攻击我。

11 神把我交给不义的人, 把我丢在恶人的手中。

12 我本来安逸, 他却把我压碎; 掐着我的颈项, 把我摔碎; 又把我当作他的箭靶。

13 他的弓箭手四面包围我, 他剖开我的腰子, 全不顾惜, 把我的胆倾倒在地上。

14 他把我破伤, 在破口上又加破伤, 如勇士一般向我直冲。

15 我把麻布缝在我的皮肤上, 把我的角插入尘土中。

16 我的脸因哭泣而发红, 在我的眼皮上满是黑影。

17 然而在我的手中没有强暴, 我的祷告也是清洁的。

18 地啊, 不要遮盖我的血; 不要让我的哀求有停留的地方。

19 现今, 在天上有我的见证, 在高天之上, 有我的证人。

20 讥笑我的, 就是我的朋友, 我的眼向 神流泪。

21 但愿人可以为人与 神分辩, 正如世人为朋友辩白一样。

22 因为我的年数将尽, 我快要走上那条一去不返的路。"