1 Verder het El¡hu aangehef en gesê:

2 Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!

3 Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.

4 Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.

5 Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.

6 Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!

7 Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water?

8 Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?

9 Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie.

10 Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!

11 Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind.

12 Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.

13 Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?

14 As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,

15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.

16 As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

17 Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?

18 Durf iemand aan 'n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!

19 Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.

20 In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf -- nie deur 'n hand nie.

21 Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.

22 Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.

23 Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.

24 Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.

25 So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.

26 Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,

27 omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie --

28 om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.

29 En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? -- of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam;

30 sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.

31 Want sê iemand wel tot God: Ek boet sonder dat ek sleg handel;

32 wat ek nie insien nie, leer U my dit; s ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie --

33 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat u moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet -- spreek dit uit!

34 Manne van verstand sal vir my sê, en 'n wyse man wat my aanhoor:

35 Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.

36 Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.

37 Want hy voeg 'n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.

1 以利户回答, 说:

2 "智慧人哪! 你们要听我的话; 有知识的人哪! 你们要侧耳听我。

3 因为耳朵试验言语, 好像上膛尝试食物。

4 我们要选择何为是, 让我们彼此知道何为善。

5 约伯说: ‘我是有理的, 神却夺去我的公理;

6 我虽然有公理, 却被认为是说谎的; 我虽然毫无过犯, 我所受的箭伤却无法医治。’

7 有哪一个人像约伯呢?他喝亵慢如同喝水,

8 他与作孽的同伙, 他与恶人同行。

9 因为他说过: ‘人讨 神的喜悦, 对他并无益处。’

10 所以, 明理的人哪! 你们要听我的话, 神决不至作恶, 全能者断不至行不义,

11 因为 神必照着人所作的报应他, 使各人按照所行的得报应。

12 真的, 神必不作恶, 全能者也必不颠倒是非。

13 谁派他管理大地?谁设立全世界呢?

14 他若对人决心这样作, 他若把灵与气收归自己,

15 有血肉生命的就都一同气绝身亡, 世人都归回尘土。

16 你若明理, 就请听这话, 留心听我说话的声音。

17 恨恶公平的真的可以掌权吗?那有公义与大能的, 你定他为有罪吗?

18 他不是对君王说: ‘你是匪徒’, 又对贵族说: ‘你们是恶人’吗?

19 他不徇王子的情面, 也不看重富人过于穷人, 因为他们都是他手所造的。

20 他们在半夜之中剎那之间死亡, 平民因遭受震动而去世, 有权势的被除灭非借人手。

21 神的眼看顾人的道路, 察看他每一步,

22 没有黑暗, 又没有死荫的地方, 可以给作孽的在那里藏身。

23 神不必进一步鉴察人, 使人到他面前去受审判。

24 他不必查究就可以打碎有权势的人, 并且设立别人代替他们。

25 他原来留心他们所行的, 在夜间倾覆他们, 他们就被压碎;

26 他在观众面前击打他们, 有如击打恶人一样;

27 因为他们偏离正道不跟从他, 也不留心他的一切道路,

28 以致穷人的哀求达到他那里, 他也垂听了困苦人的哀求。

29 他若安静不动, 谁能定他有罪呢?他若掩面, 谁能定他有罪呢?无论对待一国或一人, 都是这样。

30 别让不敬虔的人作王, 免得他危害人民。

31 有人对 神说: ‘我忍受了管教, 不再有败坏的行为了,

32 我所看不到的求你指教我, 我若行了罪孽, 必不再行’。

33 神会因你拒绝悔改, 就遵照你的心意吗?要作抉择的是你, 不是我, 你所知道的, 只管说出来吧。

34 明理的人必对我说, 智慧的人要听我的话。

35 约伯说话毫无知识, 他的言语没有智慧。

36 但愿约伯被试验到底, 因为他的回答像恶人一样。

37 他在自己的罪上又加过犯, 在我们中间鼓掌嘲笑 神, 用许多话敌对 神。"