1 En El¡hu het voortgegaan en gesê:

2 Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.

3 Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.

4 Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.

5 Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie -- geweldig deur krag van verstand.

6 Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.

7 Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.

8 Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,

9 dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;

10 dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.

11 As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.

12 Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.

13 Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.

14 So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos die van skandseuns.

15 Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.

16 So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.

17 Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp.

18 Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.

19 Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?

20 Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.

21 Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.

22 Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy?

23 Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?

24 Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.

25 Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.

26 Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.

27 Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën

28 wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.

29 Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?

30 Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.

31 Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.

32 Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.

33 Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.

1 以利户又接着说:

2 "你再等我片刻我就指示你, 因为我还有话要为 神说。

3 我要从远处引来我的意见, 把公义归给我的创造主。

4 我的话真的不是谎言, 有一位知识全备的与你同在。

5 神大有能力, 并且不藐视人, 他的智慧大有能力。

6 他不容恶人生存, 却为困苦人主持公道。

7 他的眼目时常看顾义人, 他使他们与君王同坐宝座, 他们永远被高举。

8 他们若被锁链捆住, 被苦难的绳索缠住,

9 他就把他们的作为和过犯都显示, 使他们知道他们骄傲自大。

10 他开启他们的耳朵可以领受教训, 吩咐他们离开罪孽而悔改。

11 他们若听从他、事奉他, 就必幸福地度尽他们的日子, 也必快乐地度过他们的岁月。

12 他们若不听从, 就必死在刀下, 毫无知识地气绝身亡。

13 那些心里不敬虔的人积存怒气, 神捆绑他们, 他们竟不呼求。

14 他必早年丧命, 丧命如庙妓一样。

15 神借着苦难救拔困苦人, 以他们所受的压迫开启他们的耳朵。

16 他也诱导你脱离患难的虎口, 到宽阔不狭窄之地, 到你摆满肥甘的席上。

17 你却满有恶人所当受的审判, 审断和刑罚把你抓住。

18 你要小心不可让忿怒激动你, 以致侮慢 神, 也不要因赎价大而偏离正道。

19 你的呼求、或一切势力, 能使你不受患难吗?

20 你不可切慕黑夜来临, 就是众人在他们的住处被除灭的时候。

21 你要小心, 不可转向罪孽, 因为你选择罪孽而不选择患难。

22 神靠自己的能力高高在上, 有谁像 神指教人呢?

23 谁把他所行的道路派给他?谁能说: ‘你所行的不义’呢?

24 你要记得称赞他所行的为大, 就是众人所歌颂的。

25 他所行的, 万人都看见, 世人都从远处观看。

26 神为至大, 我们不能了解, 他的年数, 无法测度。

27 他吸收滴滴水点, 使水滴在云雾中化成雨,

28 云层倾下雨水, 沛然降在世人身上。

29 谁能明白云彩的展开, 和 神行宫的雷声呢?

30 他在自己的周围展开电光, 又用水遮盖海底;

31 他用这些审断万人, 又赐予丰盛的粮食;

32 他以电光遮盖双手, 然后吩咐电光去攻击目标,

33 他以雷声宣扬自己, 甚至牲畜也注意将有什么临近。"