1 Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?

2 Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,

3 so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.

4 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môre skemering toe.

5 My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.

6 My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.

7 Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.

8 Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my -- en ek is daar nie!

9 Die wolk verdwyn en gaan heen -- so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.

10 Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.

11 So wil dan ook ,k my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.

12 Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?

13 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,

14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,

15 sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.

16 Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.

17 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?

18 En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?

19 Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?

20 As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?

21 En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.

1 "人在世上怎能没有劳役呢?你的日子不像雇工的日子吗?

2 正如仆人切慕暮影, 又像雇工盼望工价。

3 照样, 我有空虚的岁月, 也有劳苦的黑夜为我派定。

4 我躺下的时候, 就说: ‘我什么时候起来?’然而, 长夜漫漫, 我辗转反侧, 直到黎明。

5 我的肉体以虫子和土块为衣裳, 我的皮肤裂开又流脓。

6 我过的日子比梭还要快, 在毫无盼望之中而结束。

7 求你记念我的性命不过是一口气, 我的眼必不再看见福乐。

8 看我的, 他的眼再也看不到我, 你的眼要看我, 我已经不在了。

9 云彩怎样消散逝去, 照样, 人下阴间也不再上来。

10 他不再回自己的家, 故乡再也不认识他。

11 因此, 我不再禁止我的口, 我要说出灵里的忧愁, 倾诉心中的痛苦。

12 我岂是洋海或是海怪, 你竟然设守卫防备我?

13 我若说: ‘我的床必安慰我, 我的榻必减轻我的苦情’,

14 你就用梦惊扰我, 又用异象惊吓我,

15 以致我宁可窒息而死, 也不肯保留我这一身的骨头。

16 我厌恶自己, 不愿永远活下去。任凭我吧, 因为我的日子都是空虚的。

17 人算什么, 你竟看他为大, 又把他放在心上;

18 每天早晨你都鉴察他, 每时每刻你也试验他。

19 你到什么时候才转眼不看我, 任凭我咽下唾沫呢?

20 鉴察世人的主啊! 我若犯了罪, 跟你有什么关系呢?你为什么把我当作箭靶, 使我以自己为重担呢?

21 你为什么不赦免我的过犯, 除去我的罪孽呢?现在我快要躺卧在尘土中, 那时你寻找我, 我却不在了。"