1 Daarop het Josua, die seun van Nun, uit Sittim in die geheim twee manne as verkenners uitgestuur en gesê: Gaan bekyk die land en J,rigo. Hulle het toe gegaan en in die huis van 'n hoer, met die naam van Ragab, ingekom; en hulle het daar gaan slaap.
2 En toe daar aan die koning van J,rigo gesê is: Kyk, manne uit die kinders van Israel het vannag hierheen gekom om die land te verken,
3 stuur die koning van J,rigo na Ragab om te sê: Lewer die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het; want hulle het gekom om die hele land te verken.
4 Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle weggesteek; en sy het gesê: Seker, die manne het na my gekom; maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.
5 En toe die poort met donker gesluit moes word, het die manne uitgegaan; ek weet nie waar die manne heengegaan het nie; jaag hulle gou agterna, want julle sal hulle inhaal.
6 Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was.
7 Die manne het hulle toe agternagejaag in die rigting van die Jordaan, na die driwwe; en die poort het hulle gesluit nadat hulle vervolgers uitgegaan het.
8 En voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe
9 en aan die manne gesê: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe;
10 want ons het gehoor dat die HERE die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het.
11 Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.
12 Sweer dan nou tog vir my by die HERE dat, terwyl ek aan julle 'n guns bewys het, julle ook aan my familie 'n guns sal bewys; en gee my 'n betroubare teken
13 dat julle die lewe van my vader en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons siele sal red van die dood.
14 Toe sê die manne vir haar: Mag ons siel in julle plek sterwe! As julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, dan sal ons, as die HERE ons die land gee, aan jou guns en trou bewys.
15 Daarop het sy hulle met 'n lyn deur die venster laat afsak; want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur gewoon het;
16 en sy het vir hulle gesê: Loop die gebergte in, dat die vervolgers julle nie aantref nie, en steek julle daar drie dae lank weg totdat die vervolgers teruggekom het; daarna kan julle dan verder gaan.
17 Toe sê die manne vir haar: Ons sal ontslae wees van hierdie eed aan jou wat jy ons laat sweer het --
18 kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel.
19 Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, die se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees, die se bloed sal op ons hoof wees, ingeval 'n hand teen hom is.
20 Maar as jy hierdie saak van ons bekend maak, sal ons ontslae wees van die eed aan jou wat jy ons laat sweer het.
21 Daarop sê sy: Soos julle sê, is dit goed; en sy het hulle laat gaan, en hulle het weggegaan; en sy het die rooi lyn aan die venster vasgebind.
22 Hulle het toe weggegaan en in die gebergte gekom en daar drie dae lank gebly totdat die vervolgers teruggekeer het; want die vervolgers het op die hele pad gesoek maar niks gekry nie.
23 Die twee manne het toe weer van die gebergte afgeklim en deurgegaan en by Josua, die seun van Nun, gekom en hom alles vertel wat hulle ondervind het.
24 Verder het hulle vir Josua gesê: Sekerlik gee die HERE die hele land in ons hand, ja, al die inwoners van die land bewe selfs vir ons.
1 于是, 嫩的儿子约书亚从什亭秘密地差派两个探子, 对他们说: "你们去窥探那地和耶利哥。"二人去了, 来到一个名叫喇合的妓女家中, 就在那里住宿。
2 有人向耶利哥王报告: "今夜从以色列人那里有人进来, 要窥探这地。"
3 耶利哥王派人到喇合那里, 说: "把那些来到你这里, 进了你家中的人带出来, 因为他们来是要窥探全地的。"
4 但那女人已把那两个人藏起来, 还这样回答王: "不错, 那些人到过我这里来, 但是, 我不知道他们是从哪里来的。
5 天黑、城门快要关的时候, 那些人出去了; 我不知道他们到哪里去。你们快去追赶, 必可以追上他们。"
6 其实她领他们上了屋顶, 把他们藏在堆放在屋顶的麻秸里面。
7 那些人就沿着往约旦河的路上追赶他们, 直到渡口; 追赶的人一出城, 城门就关上了。
8 两个探子还没有躺下睡觉, 那女人就上屋顶到他们那里去,
9 对他们二人说: "我知道耶和华已经把这地赐给你们了, 你们使我们十分害怕, 这地所有的居民都在你们面前胆战心惊。
10 因为我们听见你们从埃及出来的时候, 耶和华怎样使红海的水在你们面前干了, 以及你们怎样对待约旦河东亚摩利人的两个王西宏和噩, 把他们完全消灭。
11 我们听见了, 就都心里惊怕; 没有一人再有勇气在你们面前站立; 因为耶和华你们的 神是天上、也是地上的 神。
12 现在求你们指着耶和华向我起誓: 我既然恩待了你们, 你们也要恩待我的父家, 并且给我一个确实的凭据,
13 放过我的父母、兄弟姊妹和他们所有的一切, 救我们的命不致死亡。"
14 两个探子就对她说: "如果你不泄漏我们这次行动, 我们愿以性命作你们的保证; 耶和华把这地赐给我们的时候, 我们必定以慈爱和诚实待你们。"
15 于是, 那女人用绳子把二人从窗户缒下去, 因为她的房屋是在城墙上, 她就住在城墙上。
16 她对他们二人说: "你们要到山上去, 免得追赶的人遇上你们; 你们要在那里躲藏三天, 等追赶的人回城, 然后你们才可以走你们的路。"
17 他们二人对她说: "如果你不遵照我们的话行, 你叫我们起的誓就与我们无关了。
18 你要留意, 我们再到这地方的时候, 你要把这条朱红色线系在你缒我们下去的窗户上; 你也要把你的父母、兄弟和你父的全家, 都聚集在你的屋里。
19 任何人走出你家门, 到外面去的, 他的血就必归到他自己的头上, 与我们无关; 任何人同你在屋里的, 如果有人下手加害他, 他的血就归到我们头上。
20 如果你泄漏了我们这次的行动, 那么, 你叫我们起的誓就与我们无关了。"
21 那女人回答: "照你们的话, 就这样吧。"于是打发他们二人走了。他们走了以后, 她就把朱红色线系在窗户上。
22 二人离去, 上到山上, 在那里住了三天, 等追赶的人回城去了; 追赶的人一路搜寻他们, 却找不着。
23 二人于是下山回去, 过了约旦河, 回到嫩的儿子约书亚那里, 把他们遭遇的一切事向他报告。
24 他们又对约书亚说: "耶和华真的把那地全交在我们手里了; 那地所有的居民都在我们面前胆战心惊。"