1 Daarom, toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om in Ath,ne alleen agter te bly;

2 en ons het Timothes, ons broeder en dienaar van God en ons medewerker in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof,

3 sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self dat ons hiervoor bestemd is.

4 Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.

5 Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie.

6 Maar nou dat Timothes net van julle af by ons aangekom het en ons die goeie tyding van julle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd 'n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle --

7 daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof.

8 Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here.

9 Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,

10 terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?

11 Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;

12 en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is,

13 sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.

1 我们既然不能再忍下去, 就决定留在雅典,

2 派我们的弟兄, 就是在基督的福音上和 神同工的提摩太去, 为了要在你们的信仰上坚定你们, 劝慰你们,

3 免得有人在各样的患难中动摇了。你们自己知道, 我们受患难原是命定的。

4 我们在你们那里的时候, 早已对你们说过, 我们将会遭受患难。后来应验了, 这是你们知道的。

5 因此, 我既然不能再忍下去, 就派人去打听你们的信心怎样; 恐怕那试探人的诱惑了你们, 以致我们的劳苦白费了。

6 提摩太刚刚从你们那里回来, 把你们信心和爱心的好消息带给我们。他还说, 你们常常怀念我们, 切切想见我们, 好像我们想见你们一样。

7 所以弟兄们, 我们在这一切困苦患难中, 因着你们的信心就得了安慰。

8 如果你们在主里站立得稳, 我们就可以活下去了。

9 我们因你们的缘故, 在我们的 神面前满有喜乐; 为这一切喜乐, 我们可以为你们向 神献上怎么样的感谢呢!

10 我们昼夜迫切祈求, 要见你们的面, 并且要补满你们信心的不足。

11 愿我们的父 神自己和我们的主耶稣为我们开路, 使我们可以到你们那里去。

12 又愿主叫你们彼此相爱的心, 和爱众人的心, 都充充足足, 多而又多, 好像我们爱你们一样。

13 也愿他坚定你们的心, 好叫你们在我们主耶稣和众圣徒再来的时候, 在我们的父 神面前, 完全圣洁, 无可指摘。