1 Toe Simson afgegaan het na Timna, sien hy in Timna 'n vrou uit die dogters van die Filistyne;

2 en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het 'n vrou uit die dogters van die Filistyne in Timna gesien; neem haar dan nou as vrou vir my.

3 Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie 'n vrou, dat jy heengaan om 'n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my.

4 Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE kom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in die tyd naamlik het die Filistyne oor Israel geheers.

5 En Simson het met sy vader en sy moeder afgegaan na Timna; en toe hulle by die wingerde van Timna kom, storm daar 'n jong leeu brullende op hom af.

6 Maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos 'n mens 'n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.

7 Toe gaan hy af en praat met die vrou; en sy het Simson geval.

8 En 'n tyd daarna het hy teruggegaan om haar te gaan haal; en toe hy uitdraai om na die dooie leeu te kyk, was daar 'n swerm bye in die dooie liggaam van die leeu, en heuning.

9 En hy het dit uitgehaal in sy hande en aldeur geloop en eet, en na sy vader en sy moeder gegaan en aan hulle gegee; en hulle het geëet, maar dat hy die heuning uit die dooie liggaam van die leeu uitgehaal het, vertel hy hulle nie.

10 Daarop gaan sy vader na die vrou toe af, en Simson het daar 'n maaltyd berei; want so het die jongmanne gewoonlik gedoen.

11 En toe hulle hom sien, neem hulle dertig vriende om by hom te wees.

12 En Simson sê aan hulle: Laat my tog vir julle 'n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurende die sewe dae van die maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertig hemde en dertig stel klere gee;

13 maar as julle dit vir my nie kan uitlê nie, dan moet julle my dertig hemde en dertig stel klere gee. Toe sê hulle vir hom: Gee maar jou raaisel op, dat ons dit hoor.

14 En hy sê vir hulle: Spys het uit die eter uitgegaan, en soetigheid uit die sterke. En drie dae lank kon hulle die raaisel nie uitlê nie.

15 En op die vierde dag sê hulle aan die vrou van Simson: Haal jou man oor dat hy die raaisel vir ons uitlê, anders verbrand ons jou en die huis van jou vader met vuur; het julle ons genooi om ons te berowe, of hoe?

16 Toe huil die vrou van Simson by hom en sê: Jy haat my net en het my nie lief nie; jy het my volksgenote die raaisel opgegee, maar vir my het jy dit nie uitgelê nie. En hy antwoord haar: Kyk, vir my vader en my moeder het ek dit nie uitgelê nie, sou ek dit dan vir jou uitlê?

17 Maar sy het die sewe dae wat hulle maaltyd geduur het, by hom gehuil; en op die sewende dag het hy dit vir haar uitgelê; want sy het hom gepers en so die raaisel vir haar volksgenote uitgelê.

18 Daarop sê die manne van die stad aan hom op die sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning, en wat is sterker as 'n leeu? En hy antwoord hulle: As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle my raaisel nie geraai het nie.

19 En die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword. Toe gaan hy af na Askelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem hulle uitrustings en gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het; en hy het kwaad geword en opgegaan na die huis van sy vader.

20 En sy vriend wat as sy bruidsjonker gedien het, het die vrou van Simson gekry.

1 参孙下到亭拿, 在亭拿看见了一个女子, 是一个非利士人的女儿。

2 参孙上来告诉他的父母, 说: "我在亭拿看见一个女子, 是一个非利士人的女儿; 现在请你们把她娶来给我作妻子。"

3 他的父母对他说: "在你兄弟的女儿中, 或是在你所有的族人中, 难道没有一个女子, 以致你要去从那些未受割礼的非利士人中娶妻呢?"参孙对他的父亲说: "请你把她娶来给我, 因为我看中她。"

4 他的父母却不知道这事是出于耶和华, 因为他正在找机会攻击非利士人。那时非利士人正统治着以色列人。

5 参孙跟他的父母下到亭拿去, 到了亭拿的葡萄园; 忽然见一只少壮狮子向他吼叫。

6 耶和华的灵大大感动参孙, 他虽然手里没有武器, 竟把狮子撕裂, 像人撕裂山羊羔一样; 他没有把他所作的这事告诉他的父母。

7 参孙下去, 和那女子说话, 就看中了她。

8 过了些日子, 参孙回去迎娶那女子, 他转向一旁去看看那只死了的狮子; 看见有一群蜂子和一些蜂蜜在狮子的尸体内。

9 他刮了些蜂蜜, 放在手里, 就走了; 他一面走, 一面吃, 直走到他的父母那里去; 他又把蜂蜜给了他们, 他们也吃了; 但是他没有告诉他们这蜂蜜是从狮子的尸体内刮下来的。

10 参孙的父亲下去见那女子, 参孙在那里摆设了筵席, 因为青年人都惯常这样行。

11 众人看见参孙, 就请了三十个人陪伴他。

12 参孙对他们说: "现在让我给你们出一个谜语, 你们在七天婚宴之内, 如果能猜出来, 把它的意思清楚告诉我, 我就给你们三十件内衣、三十套衣服。

13 如果你们不能告诉我, 你们就要给我三十件内衣、三十套衣服。"他们对他说: "请你把谜语说给我们听。"

14 参孙对他们说: "可吃的从吃者出来; 甜的从强者出来。"他们过了三日都不能说出谜语的意思。

15 到了第四天, 他们对参孙的妻子说: "你要引诱你的丈夫, 使他把谜语的意思告诉我们, 否则我们用火烧你和你的父家。难道你们请了我们来, 是要夺取我们所有的吗?"

16 参孙的妻子在丈夫面前哭哭啼啼, 说: "你只是恨我, 不是爱我; 你给我的族人设谜语, 却没有把谜语的意思告诉我。"参孙对她说: "连我父母我都没有告诉, 怎能告诉你呢?"

17 在那七天婚宴期内, 她在丈夫跟前常常哭哭啼啼; 到了第七天, 因为她催逼着参孙, 参孙才告诉她; 于是她把谜语的意思告诉她的族人。

18 到了第七天太阳未落以前, 城里的人就对参孙说: "有什么比蜂蜜还甜呢?有什么比狮子还强呢?"参孙对他们说: "你们若不是用我的母牛犊耕田, 你们就不会猜出我的谜语的意思来。"

19 耶和华的灵大大感动参孙, 参孙就下到亚实基伦, 击杀了他们中间三十个人, 拿了剥下来的衣服, 把三十套衣服给了那些把谜语的意思说出来的人; 参孙怒气冲冲地上自己的父家去了。

20 参孙的妻子却归了一个陪伴参孙的人, 就是作过他伴郎的。