1 En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.
2 En daar was 'n man uit Sorea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manoag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.
3 Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en 'n seun baar.
4 Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie en eet niks wat onrein is nie.
5 Want kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af 'n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne.
6 Daarop kom die vrou in en spreek met haar man en sê: 'n Man van God het na my gekom, en sy voorkoms was soos die voorkoms van die Engel van God, baie vreeslik; maar ek het Hom nie gevra waar Hy vandaan was nie, en sy naam het hy my nie meegedeel nie.
7 Maar Hy het vir my gesê: Kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar; drink dan nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie; want die seun sal 'n nasireër van God wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood toe.
8 En Manoag het tot die HERE gebid en gesê: Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog 'n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.
9 En God het geluister na die stem van Manoag, sodat die Engel van God nog 'n keer na die vrou gekom het terwyl sy in die veld sit en haar man Manoag nie by haar was nie.
10 En die vrou het haastig geloop en haar man dit vertel en vir hom gesê: Kyk, die man het aan my verskyn wat die ander dag na my gekom het.
11 Toe staan Manoag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die man en vra hom: Is U die man wat met die vrou gespreek het? Toe sê Hy: Ja.
12 Daarop vra Manoag: As u woorde nou uitkom, wat moet die leefwyse en die werk van die seun wees?
13 Toe sê die Engel van die HERE aan Manoag: Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem.
14 Van alles wat van die wingerdstok afkomstig is, mag sy nie eet nie; en geen wyn of sterk drank moet sy drink nie en niks eet wat onrein is nie; alles wat Ek haar beveel het, moet sy onderhou.
15 Manoag sê aan die Engel van die HERE: Laat ons U tog ophou, dat ons 'n bokkie vir U kan berei.
16 En die Engel van die HERE antwoord Manoag: Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy 'n brandoffer wil berei, offer dit dan aan die HERE. Want Manoag het nie geweet dat dit die Engel van die HERE was nie.
17 Daarop vra Manoag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom?
18 En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is?
19 Toe neem Manoag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manoag en sy vrou:
20 toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manoag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.
21 En die Engel van die HERE het verder nie meer aan Manoag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manoag dat dit die Engel van die HERE was.
22 En Manoag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.
23 Maar sy vrou sê vir hom: As die HERE ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand 'n brandoffer en 'n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.
24 En die vrou het 'n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en die HERE het hom geseën.
25 En die Gees van die HERE het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sorea en Est ol.
1 以色列人又行了耶和华看为恶的事, 耶和华就把他们交在非利士人手中四十年。
2 那时有一个琐拉人, 是属于但支派的, 名叫玛挪亚; 他的妻子不能生育, 没有孩子。
3 耶和华的使者向那妇人显现, 对她说: "你向来不能生育, 没有孩子, 现在你必要怀孕, 生一个儿子。
4 现在你要谨慎, 清酒或烈酒都不可喝, 各样不洁的东西也不可吃。
5 看哪! 你必怀孕, 生一个儿子; 不可用剃刀剃他的头, 这孩子从在母腹开始就归 神作拿细耳人; 他必拯救以色列人脱离非利士人的手。"
6 妇人就回去, 告诉她的丈夫说: "有一位神人到我这里来, 他的容貌像 神使者的容貌, 非常可畏, 我没有问他从哪里来, 他也没有告诉我他的名字。
7 他对我说: ‘你必要怀孕, 生一个儿子; 现在清酒或烈酒你都不可喝, 各样不洁的东西你也不可吃, 因为这孩子从在母腹开始, 一直到死, 都必归耶和华作拿细耳人。’"
8 玛挪亚就恳求耶和华, 说: "啊, 主啊, 求你叫你派来的神人再到我们这里吧! 好指教我们要怎样对待将要生下来的孩子。"
9 神听了玛挪亚的声音。妇人正坐在田间的时候, 神的使者又来到她那里, 她的丈夫玛挪亚却没有与她在一起。
10 妇人急忙跑去告诉丈夫, 对他说: "那天到我这里来的那人, 又向我显现了。"
11 玛挪亚起来, 跟着他的妻子出去, 来到那人跟前, 问他: "你就是向这个妇人说过话的人吗?"他回答: "我就是。"
12 玛挪亚说: "你的话应验的时候, 这孩子的生活方式怎样?他要作什么呢?"
13 耶和华的使者对玛挪亚说: "我对妇人所说的一切话, 她都要谨守。
14 从葡萄树所产的, 她都不可吃; 清酒或烈酒, 她都不可喝; 各样不洁的东西, 她也不可吃; 我吩咐她的, 她都要谨守。"
15 玛挪亚对耶和华的使者说: "请留下, 好让我为你预备一只山羊羔。"
16 耶和华的使者对玛挪亚说: "你虽然要我留下, 我却不吃你的食物; 如果你预备燔祭, 就当献给耶和华。"原来玛挪亚还不知道他是耶和华的使者。
17 玛挪亚问耶和华的使者: "你叫什么名字?到你的话应验的时候, 我们好把尊荣归你。"
18 耶和华的使者对他说: "你为什么问我的名字呢?我的名是奇妙的。"
19 玛挪亚取了一只山羊羔和素祭, 在磐石上献与那行奇事的耶和华; 玛挪亚和他的妻子一直在观看。
20 火焰从祭坛上往天升起的时候, 耶和华的使者在祭坛上的火焰中也升上去了; 玛挪亚和他的妻子看见了, 就俯伏在地。
21 耶和华的使者没有再向玛挪亚和他的妻子显现, 那时玛挪亚才知道他是耶和华的使者。
22 玛挪亚对他的妻子说: "我们必定要死, 因为我们看见了 神。"
23 他的妻子却对他说: "如果耶和华有意要杀我们, 就必不从我们的手里接纳燔祭和素祭, 也必不会把这一切事指示我们, 更不会在这个时候向我们宣布这些事啊。"
24 后来那妇人生了一个儿子, 她就给他起名叫参孙; 孩子渐渐长大了, 耶和华赐福给他。
25 在玛哈尼.但("玛哈尼.但"意即"但的军营"), 就是在琐拉和以实陶中间, 耶和华的灵开始感动参孙。