1 Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.
2 Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.
3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
6 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn -- dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;
9 vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.
10 Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.
11 Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.
12 So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.
13 En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het -- soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek -- glo ons ook, daarom spreek ons ook.
14 Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.
15 Want dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.
16 Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag n dag vernuwe.
17 Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
1 所以, 我们既然蒙了怜悯, 得着这职分, 就不沮丧,
2 却把暗昧可耻的事弃绝了; 不行诡诈, 不掺混 神的道, 反而借着显扬真理, 在 神面前把自己推荐给众人的良心。
3 如果我们的福音被蒙蔽了, 那是对灭亡的人才蒙蔽的。
4 这些不信的人被这世代的神弄瞎了他们的心眼, 使他们看不见基督荣耀的福音的光; 基督就是 神的形象。
5 我们并不是传扬自己, 而是传扬耶稣基督是主, 并且为了耶稣的缘故成了你们的仆人。
6 因为那说"要有光从黑暗里照出来"的 神, 已经照在我们的心里, 要我们把 神的荣光照出去, 就是使人可以认识那在基督脸上的荣光。
7 我们有这宝贝在瓦器里, 是要显明这极大的能力是属于 神, 不是出于我们。
8 我们虽然四面受压, 却没有压碎; 心里作难, 却不至绝望,
9 受到迫害, 却没有被丢弃; 打倒了, 却不至死亡。
10 我们身上常常带着耶稣的死, 好让耶稣的生也在我们的身上显明出来。
11 我们这些活着的人, 为耶稣的缘故常常被人置于死地, 好让耶稣的生也在我们必死的身上显明出来。
12 这样看来, 死在我们身上运行, 生却在你们的身上运行。
13 经上记着说: "我信, 所以我说话。"我们既然有同样的信心("信心"原文作"信心的灵"), 也就信, 所以也说话,
14 因为知道那使主耶稣复活的, 也必定使我们与耶稣一同复活, 并且把我们和你们呈献在他的面前。
15 这一切都是为了你们, 好使恩惠既然因着许多人而增多, 感恩的心也更加增多了, 使荣耀归给 神。
16 所以, 我们并不沮丧, 我们外面的人虽然渐渐朽坏, 但里面的人却日日更新,
17 因为我们短暂轻微的患难, 是要为我们成就极大无比、永远的荣耀。
18 我们所顾念的, 不是看得见的, 而是看不见的; 因为看得见的是暂时的, 看不见的是永远的。