1 Toe duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sê: Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid.

2 En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

3 Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.

4 En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie;

5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

6 Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie.

7 Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

8 En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God.

9 Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God.

10 En elkeen wat 'n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.

11 En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie;

12 want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.

13 En een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel.

14 Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as 'n regter of deler oor julle aangestel?

15 En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

16 Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: 'n Ryk man se grond het goed gedra.

17 En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?

18 Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.

19 En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.

20 Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees?

21 So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.

22 En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.

23 Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.

24 Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

25 En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?

26 As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?

27 Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.

28 As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!

29 Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;

30 want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.

31 Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

32 Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

33 Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, 'n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.

34 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

35 Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.

36 En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.

37 Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.

38 En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.

39 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.

40 Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.

41 Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?

42 En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?

43 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, so besig sal vind.

44 Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.

45 Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,

46 dan sal die heer van daardie dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom 'n deelgenoot maak van die ontroues.

47 En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;

48 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

49 Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!

50 Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!

51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.

52 Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.

53 Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.

54 En Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle 'n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.

55 En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.

56 Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?

57 En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?

58 Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie.

59 Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste oortjie betaal het nie.

1 那时有成千上万的人聚在一起, 甚至彼此践踏。耶稣就先对门徒说: "你们要提防法利赛人的酵, 就是虚伪。

2 没有什么掩盖的事不被揭露, 也没有什么隐藏的事不被人知道。

3 所以, 你们在暗处所说的, 必在明处被人听见; 在内室附耳所谈的, 必在房顶上宣扬出来。

4 "我的朋友, 我告诉你们, 那杀身体以后不能再作什么的, 不要怕他们。

5 我要指示你们当怕的是谁: 当怕那杀身体以后, 有权把人投入地狱里的; 我告诉你们, 应当怕他。

6 五只麻雀, 不是卖两个大钱吗?但在 神面前, 一只也不被忘记。

7 甚至你们的头发都一一数过了。不要怕, 你们比许多麻雀贵重得多呢。

8 "我告诉你们, 凡在人面前承认我的, 人子在 神的使者面前也承认他;

9 在人面前不认我的, 我在 神的使者面前也不认他。

10 凡说话得罪人子的, 还可以赦免; 但亵渎圣灵的, 必不得赦免。

11 人把你们拉到会堂、官长和当权者的面前, 你们不要思虑怎样申辩或说什么话。

12 到了时候, 圣灵必把当说的话教导你们。"

13 群众中有一个人对耶稣说: "老师, 请吩咐我的兄弟和我分家业。"

14 耶稣说: "你这个人, 谁立我作你们的审判官和分家业的人呢?"

15 于是他对众人说: "你们要谨慎, 远离一切贪心, 因为人的生命并不在于家道丰富。"

16 就对他们讲了一个比喻, 说: "有一个富翁的田地丰收。

17 他自己心里说: ‘怎么办呢?因为我没有足够的地方收藏出产了! ’

18 又说: ‘我要这样办: 我要拆掉这些仓房, 建造更大的, 好在那里收藏我的一切粮食和货物。

19 然后, 我要对我的灵魂说: 灵魂啊, 你拥有许多好东西, 足够多年享用, 只管安安逸逸地吃喝快乐吧! ’

20 神却对他说: ‘无知的人哪, 今天晚上, 你拥有的就要取去你的灵魂, 你所预备的要归给谁呢?’

21 凡为自己积财, 在 神面前却不富足的, 也是这样。"

22 耶稣又对门徒说: "所以我告诉你们, 不要为生命忧虑吃什么, 也不要为身体忧虑穿什么。

23 因为生命比饮食重要, 身体比衣服重要。

24 你们想想乌鸦: 它们不种也不收, 无仓又无库, 神尚且养活它们; 你们比飞鸟贵重得多了。

25 你们中间谁能用忧虑使自己的寿命延长一刻呢?

26 既然连这极小的事都不能作, 为什么还忧虑其他的事呢?

27 你们想想百合花, 怎样不劳苦, 也不纺织。但我告诉你们, 就是所罗门最荣华的时候所穿的, 也比不上这花中的一朵呢。

28 小信的人哪, 田野的草, 今天还在, 明天就投进炉里, 神尚且这样给它装饰, 何况你们呢?

29 你们不要求吃什么, 喝什么, 也不要忧虑,

30 因为这一切都是世上不信的人所寻求的。你们的父原知道你们需要这一切。

31 你们只管求他的国, 这些东西都必加给你们。

32 你们这小群, 不要怕, 因为你们的父乐意把国赐给你们。

33 当变卖你们所有的施舍给人, 为自己制造不朽坏的钱囊, 积蓄用不尽的财宝在天上, 就是贼不能近、虫不能蛀的地方。

34 因为你们的财宝在哪里, 你们的心也在哪里。

35 "你们的腰当束起来, 灯也该点着,

36 像等候自己的主人从婚筵回来一样, 好叫你们在主人回来敲门时, 立刻给他开门。

37 主人来到了, 看见仆人警醒, 这些仆人就有福了。我实在告诉你们, 主人必亲自束腰, 招待他们吃饭, 进前来侍候他们。

38 主人也许半夜之前, 或天亮之前回来, 看见他们这样, 这些仆人就有福了。

39 你们都知道, 家主若晓得窃贼什么时候来, 就不会让他摸进屋里。

40 你们也要准备妥当, 因为在想不到的时候, 人子就来了。"

41 彼得说: "主啊, 你说这比喻, 是为我们还是为众人呢?"

42 主说: "谁是那忠心精明的管家, 被主人指派管理家里的仆人, 按时分粮呢?

43 主人来到的时候, 看见他这样作, 那仆人就有福了。

44 我实在告诉你们, 主人要指派他管理主人的一切财产。

45 如果那仆人心里说: ‘我的主人不会那么快回来’, 就动手打其他的仆人使女, 并且吃喝醉酒;

46 在他想不到的日子、不知道的时间, 那仆人的主人要来, 严厉地处罚他, 使他和不信的人同在一起。

47 那仆人知道主人的意思, 却不预备, 也不照他的意思行, 必多受责打;

48 但那不知道的, 虽然作了该受责打的事, 也必少受责打。多给谁就向谁多取, 多托谁就向谁多要。

49 "我来要把火投在地上, 如果烧了起来, 那是我所愿意的。

50 我有应当受的洗, 我是多么迫切地期待这事完成。

51 你们以为我来是要地上有和平吗?不是的, 我告诉你们, 是要有纷争。

52 从今以后, 一家五口将起纷争, 三个反对两个, 两个反对三个。

53 他们将起纷争: 父亲反对儿子, 儿子反对父亲, 母亲反对女儿, 女儿反对母亲, 婆婆反对媳妇, 媳妇反对婆婆。"

54 耶稣又对众人说: "你们一看见西边有云彩升起来, 就说: ‘要下大雨’, 果然这样;

55 起了南风, 就说: ‘天要热了’, 也果然这样。

56 伪君子啊! 你们知道分辨天地的气象, 怎么不知道分辨这个时代呢?

57 "你们为什么自己不能判断什么是对的呢?

58 你和你的对头去见官长, 还在路上的时候, 应当尽力向他求和, 免得他把你拉到法官面前, 法官把你交给差役, 差役把你关在监里。

59 我告诉你, 除非你还清最后的一个小钱, 否则决不能从那里出来。"