1 En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,

2 waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in die dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword.

3 Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word.

4 Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.

5 Toe bring die duiwel Hom op 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik se tyd.

6 En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.

7 As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort.

8 En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

9 Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer.

10 Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar,

11 en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.

12 En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.

13 En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy 'n tyd lank van Hom gewyk.

14 En Jesus het in die krag van die Gees na Galil,a teruggekeer, en daar het 'n gerug aangaande Hom deur die hele omtrek uitgegaan;

15 en Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.

16 Toe kom Hy in N saret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.

17 En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is:

18 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

19 om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

20 En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.

21 Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

22 En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit sy mond kom; en hulle sê: Is Hy nie die seun van Josef nie?

23 En Hy antwoord hulle: Julle sal My ongetwyfeld hierdie spreekwoord toevoeg: Geneesheer, genees uself! Alles wat ons hoor wat in Kap,rnam gebeur het, doen dit hier in u vaderstad ook.

24 En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, geen profeet is aangenaam in sy vaderland nie.

25 Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van El¡a toe die hemel toegesluit was drie jaar en ses maande lank, toe daar 'n groot hongersnood gekom het in die hele land,

26 en na nie een van hulle is El¡a gestuur nie, behalwe na Sarfat in Sidon, na 'n weduwee.

27 En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van El¡sa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Na„man, die S¡riër.

28 En almal in die sinagoge is met woede vervul toe hulle dit hoor;

29 en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi.

30 Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

31 En Hy het afgekom na Kap,rnam, 'n stad van Galil,a, en hulle op die sabbat geleer.

32 En hulle was verslae oor sy leer, want sy woord was met gesag.

33 En in die sinagoge was daar 'n man met die gees van 'n onreine duiwel, en hy het met 'n groot stem uitgeskreeu

34 en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasar,ner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

35 En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.

36 Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir 'n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit!

37 En daar het 'n gerug aangaande Hom uitgegaan na elke plek van die omgewing.

38 En Hy het opgestaan uit die sinagoge en in die huis van Simon gekom. En Simon se skoonmoeder was aangetas deur 'n hewige koors, en hulle het Hom geraadpleeg oor haar.

39 Toe gaan Hy oor haar staan en bestraf die koors, en dit het haar verlaat, en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

40 En toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, mense met allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle die hande opgelê en hulle gesond gemaak.

41 En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was.

42 En toe dit dag geword het, het Hy uitgegaan en na 'n verlate plek vertrek; en die skare het Hom gesoek en by Hom gekom en Hom teëgehou, dat Hy nie van hulle sou weggaan nie.

43 Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.

44 En Hy het verder in die sinagoges van Galil,a gepreek.

1 耶稣被圣灵充满, 从约旦河回来, 圣灵引他到旷野, 四十天受魔鬼的试探。

2 那些日子他什么也没有吃, 日子满了他就饿了。

3 魔鬼对他说: "你若是 神的儿子, 就吩咐这块石头变成食物吧! "

4 耶稣回答: "经上记着: ‘人活着不是单靠食物。’"

5 魔鬼引他上到高处, 霎时间把天下万国指给他看,

6 对他说: "这一切权柄、荣华, 我都可以给你; 因为这些都交给了我, 我愿意给谁就给谁。

7 所以, 只要你在我面前拜一拜, 这一切就全是你的了。"

8 耶稣回答: "经上记着: ‘当拜主你的 神, 单要事奉他。’"

9 魔鬼又引他到耶路撒冷, 叫他站在殿顶上, 对他说: "你若是 神的儿子, 就从这里跳下去吧!

10 因为经上记着: ‘他为了你, 会吩咐自己的使者保护你。’

11 又记着: ‘用手托住你, 免得你的脚碰到石头。’"

12 耶稣回答: "经上说: ‘不可试探主你的 神。’"

13 魔鬼用尽了各种试探, 就暂时离开了耶稣。

14 耶稣带着圣灵的能力, 回到加利利。他的名声传遍了周围各地。

15 他在各会堂里教导人, 很受众人的尊崇。

16 耶稣来到拿撒勒自己长大的地方, 照着习惯在安息日进入会堂, 站起来要读经。

17 有人把以赛亚先知的书递给他, 他展开书卷找到一处, 上面写着:

18 "主的灵在我身上, 因为他膏我去传福音给贫穷的人, 差遣我去宣告被掳的得释放, 瞎眼的得看见, 受压制的得自由,

19 又宣告主悦纳人的禧年。"

20 他把书卷卷好, 交还侍役, 就坐下。会堂里众人都注视他。

21 他就对他们说: "这段经文今天应验在你们中间("中间"原文作"耳中")了。"

22 众人称赞他, 希奇他口中所出的恩言, 并且说: "这不是约瑟的儿子吗?"

23 他说: "你们必向我说这俗语: ‘医生, 治好你自己吧! ’也必说: ‘我们听见你在迦百农所行的一切事, 也该在你本乡这里行啊! ’"

24 他又说: "我实在告诉你们, 没有先知在他本乡是受欢迎的。

25 我对你们说实话, 当以利亚的时候, 三年六个月不下雨("不下雨"原文作"天闭塞"), 遍地大起饥荒, 那时以色列中有许多寡妇,

26 以利亚没有奉差遣往他们中间任何一个那里去, 只到西顿撒勒法的一个寡妇那里。

27 以利沙先知的时候, 以色列中有许多患痲风的人, 其中除了叙利亚的乃缦, 没有一个得洁净的。"

28 会堂里的众人听见这话, 都怒气填胸,

29 起来赶他出城(这城原来建在山上), 他们拉他到山崖, 要把他推下去。

30 耶稣却从他们中间走过, 就离去了。

31 耶稣下到加利利的迦百农城, 在安息日教导人。

32 他们对他的教训都很惊奇, 因为他的话带着权柄。

33 会堂里有一个被污鬼附着的人, 大声喊叫:

34 "哎! 拿撒勒人耶稣, 我们跟你有什么关系呢?你来毁灭我们吗?我知道你是谁, 你是 神的圣者。"

35 耶稣斥责他说: "住口! 从他身上出来! "鬼把那人摔倒在众人中间, 就从他身上出来了, 没有伤害他。

36 众人都惊骇, 彼此谈论说: "这是怎么回事?他用权柄能力吩咐污灵, 污灵竟出来了。"

37 耶稣的名声, 传遍了周围各地。

38 他起身离开会堂, 进入西门的家。西门的岳母正在发高热, 他们为她求耶稣。

39 耶稣站在她旁边, 斥责那热病, 热就退了; 她立刻起身服事他们。

40 日落的时候, 不论害什么病的人, 都被带到耶稣那里; 他一一为他们按手, 医好他们。

41 又有鬼从好些人身上出来, 喊着说: "你是 神的儿子。"耶稣斥责他们, 不许他们说话, 因为他们知道他是基督。

42 天一亮, 耶稣出来, 到旷野地方去。众人寻找他, 一直找到他那里, 要留住他, 不要他离开他们。

43 他却说: "我也必须到别的城去传 神国的福音, 因为我是为了这缘故奉差遣的。"

44 于是他往犹太的各会堂去传道。