1 En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.
2 Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.
3 Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.
4 En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou -- moet jy hom vergewe.
5 Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.
6 En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant -- en hy sou julle gehoorsaam wees.
7 En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?
8 Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?
9 Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.
10 So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.
11 En op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samar¡a en Galil,a gegaan.
12 En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het.
13 En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!
14 En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
15 En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik.
16 En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan.
17 Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?
18 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?
19 En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.
20 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
22 En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.
23 En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.
24 Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.
25 Maar eers moet Hy baie ly en deur hierdie geslag verwerp word.
26 En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:
27 hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.
28 Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
29 Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.
30 Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.
31 In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.
32 Dink aan die vrou van Lot!
33 Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.
34 Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
35 Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
36 Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
37 En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
1 耶稣又对门徒说: "使人犯罪的事是免不了的, 但那使人犯罪的人有祸了!
2 就算拿一块大磨石拴在他的颈项上, 把他沉在深海里, 比他使这小子中的一个犯罪还好。
3 你们应当谨慎。如果你弟兄得罪你, 就劝戒他; 他若懊悔, 就饶恕他。
4 如果他一天七次得罪你, 又七次回转, 对你说: ‘我懊悔了! ’你总要饶恕他。"
5 使徒对主说: "请你加添我们的信心。"
6 主说: "如果你们有信心像一粒芥菜种, 就是对这棵桑树说: ‘拔起根来, 栽到海里去! ’它也必听从你们。
7 "你们中间谁有仆人去耕地或是放羊, 从田里回来, 你就对他说: ‘快过来坐下吃饭’;
8 而不对他说: ‘给我预备晚餐, 束起腰来服事我, 等我吃喝完了, 你才吃喝’呢?
9 仆人作了所吩咐的事, 主人还谢谢他吗?
10 你们也是这样, 作完一切吩咐你们的事, 应该说: ‘我们是无用的仆人, 我们只作了应分作的。’"
11 耶稣往耶路撒冷去, 经过撒玛利亚和加利利的边境。
12 他走进一个村庄, 有十个痲风病人迎面而来, 远远地站着,
13 大声说: "主耶稣啊, 可怜我们吧! "
14 他看见了, 就对他们说: "你们去给祭司检查吧。"他们去的时候就洁净了。
15 内中有一个人见自己已经好了, 就回来大声颂赞 神,
16 在耶稣脚前把脸伏在地上感谢他。他是一个撒玛利亚人。
17 耶稣说: "洁净了的不是有十个人吗?那九个在哪里?
18 除了这外族人, 再没有一个回来颂赞 神吗?"
19 耶稣就对他说: "起来, 走吧, 你的信使你痊愈了。"
20 法利赛人问耶稣: " 神的国什么时候来到呢?"他回答: " 神的国来到, 是眼睛看不见的。
21 人不能说: ‘看哪! 在这里’, 或说: ‘在那里’; 因为 神的国就在你们里面。"
22 他又对门徒说: "日子将到, 你们渴望看见人子的一个日子, 却见不到。
23 有人会对你们说: ‘看哪, 在那里; 看哪, 在这里! ’你们不要出去, 也不要追随他们。
24 电光怎样从天这边一闪, 直照到天那边, 人子在他的日子也是这样。
25 但他必须先受许多苦, 被这个世代弃绝。
26 挪亚的时代怎样, 人子的时代也是怎样。
27 当时人们吃喝嫁娶, 直到挪亚进入方舟的那一天, 洪水来了, 把他们全都灭掉。
28 在罗得的时代也是这样, 人们吃喝买卖, 耕种建造,
29 直到罗得离开所多玛的那一天, 火与硫磺从天上降下来, 把他们全都灭掉。
30 人子显现的日子也是这样。
31 当那日, 人在房顶上, 器具在屋里, 不要下来拿; 在田里的, 照样不要回家。
32 应当记着罗得的妻子的教训。
33 凡是想保全生命的, 必丧掉生命; 凡是牺牲生命的, 却必保全生命。
34 我告诉你们, 当那夜, 两个人在一张床上, 一个被接去, 一个被撇下。
35 两个女人一起推磨, 一个被接去, 一个被撇下。"
36 (有些抄本有第36节: "两个人在田里, 一个被接去, 一个撇下来。")
37 门徒问耶稣: "主啊, 这些事会在哪里发生呢?"主说: "尸首在哪里, 鹰也会聚集在哪里。"