1 En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.

2 Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cir,nius goewerneur van S¡rië was.

3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.

4 En Josef het ook opgegaan van Galil,a, uit die stad N saret, na Jud,a, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,

5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.

6 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;

7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

8 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.

9 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.

10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,

11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

12 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

13 En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:

14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!

15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.

16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.

17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van die Kindjie vertel is.

18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;

19 maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.

20 En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.

21 En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.

22 En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,

23 soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;

24 en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.

25 En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van S¡meon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.

26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.

27 En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,

28 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:

29 Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,

30 omdat my oë u heil gesien het,

31 wat U berei het voor die oë van al die volke --

32 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

33 En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.

34 En S¡meon het hulle geseënen aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word --

35 ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan -- sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.

36 En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van F nuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;

37 en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.

38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.

39 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galil,a, na hulle stad N saret.

40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

41 En sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan.

42 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.

43 En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.

44 Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.

45 En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.

46 En n drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.

47 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

48 En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.

49 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?

50 En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.

51 En Hy het saam met hulle gegaan en in N saret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.

52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

1 那时, 有谕旨从凯撒奥古士督颁发下来, 叫普天下的人登记户口。

2 这是第一次户口登记, 是在居里纽作叙利亚总督的时候举行的。

3 众人各归各城去登记户口。

4 约瑟本是大卫家族的人, 也从加利利的拿撒勒上犹太去, 到了大卫的城伯利恒,

5 与所聘之妻马利亚一同登记户口。那时马利亚的身孕已经重了。

6 他们在那里的时候, 马利亚的产期到了,

7 生了头胎儿子, 用布包着, 放在马槽里, 因为客店里没有地方。

8 在伯利恒的郊外, 有一些牧人在夜间看守羊群。

9 主的一位使者站在他们旁边, 主的荣光四面照着他们, 他们就非常害怕。

10 天使说: "不要怕! 看哪! 我报给你们大喜的信息, 是关于万民的:

11 今天在大卫的城里, 为你们生了救主, 就是主基督。

12 你们要找到一个婴孩, 包着布, 卧在马槽里, 那就是记号了。"

13 忽然有一大队天兵, 同那天使一起赞美 神说:

14 "在至高之处, 荣耀归与 神! 在地上, 平安归与他所喜悦的人! "

15 众天使离开他们升天去了, 那些牧人彼此说: "我们往伯利恒去, 看看主所指示我们已经成就的事。"

16 他们急忙去了, 找到马利亚、约瑟和那卧在马槽里的婴孩。

17 他们见过以后, 就把天使对他们论这孩子的话传开了。

18 听见的人, 都希奇牧人所说的事。

19 马利亚把这一切放在心里, 反复思想。

20 牧人因为听见的和看见的, 正像天使对他们所说的一样, 就回去了, 把荣耀赞美归与 神。

21 满了八天, 替孩子行割礼的时候, 就给他起名叫耶稣, 就是他成胎之前, 天使所起的。

22 满了洁净的日子, 他们就按着摩西的律法, 带孩子上耶路撒冷去, 奉献给主。

23 正如主的律法所记: "所有头生的男孩, 都当称为圣归给主。"

24 又照着主的律法所说的献上祭物, 就是一对斑鸠或两只雏鸽。

25 在耶路撒冷有一个人, 名叫西面, 这人公义虔诚, 一向期待以色列的安慰者来到, 又有圣灵在他身上。

26 圣灵启示他, 在死前必得见主所应许的基督,

27 他又受圣灵感动进了圣殿。那时, 耶稣的父母抱着孩子进来, 要按着律法的规矩为他行礼。

28 西面就把他接到手上, 称颂 神说:

29 "主啊, 现在照你的话, 释放仆人平平安安地去吧!

30 因我的眼睛已经看见你的救恩,

31 就是你在万民面前所预备的,

32 为要作外族人启示的光, 和你民以色列的荣耀。"

33 他父母因论到他的这些话而希奇。

34 西面给他们祝福, 对他母亲马利亚说: "看哪! 这孩子被立, 要叫以色列中许多人跌倒, 许多人兴起, 又要成为反对的目标,

35 (你自己的心也会被刀刺透, )这样, 许多人心中的意念就要被揭露出来。"

36 又有一个女先知, 就是亚拿, 是亚设支派法内利的女儿。她已经上了年纪, 从童女出嫁, 和丈夫住了七年,

37 就寡居了, 直到八十四岁("就寡居了, 直到八十四岁"或译: "就寡居了八十四年")。她没有离开过圣殿, 以禁食和祷告昼夜事奉主。

38 就在那时候, 她前来称谢 神, 并且向期待耶路撒冷蒙救赎的众人, 讲论孩子的事。

39 他们按着主的律法办完一切, 就回加利利, 到自己的城拿撒勒去了。

40 孩子渐渐长大, 强壮起来, 充满智慧, 有 神的恩典在他身上。

41 每年逾越节, 他父母都上耶路撒冷去。

42 当他十二岁时, 他们按着节期的惯例, 照常上去。

43 过完了节, 他们回去的时候, 孩童耶稣仍留在耶路撒冷, 他父母却不知道,

44 还以为他在同行的人中间。走了一天, 就在亲戚和熟人中找他,

45 没有找到, 就转回耶路撒冷找他。

46 过了三天, 才发现他在圣殿里, 坐在教师中间, 一面听, 一面问。

47 所有听见他的人, 都希奇他的聪明和应对。

48 他父母见了, 非常惊奇, 他母亲说: "孩子, 为什么这样对待我们呢?你看, 你父亲和我都很担心地在找你呢! "

49 他说: "为什么找我呢?你们不知道我必须在我父的家里吗?("在我父的家里吗?"或译: "以我父的事为念吗?")"

50 但他们不明白他所说的话。

51 他就同他们下去, 回到拿撒勒, 并且顺从他们。他母亲把这一切事, 都存在心里。

52 耶稣的智慧和身量, 以及 神和人对他的喜爱, 都不断增长。