1 En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.

2 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.

3 Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.

4 Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.

5 Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?

6 En hy antwoord: honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.

7 Daarna sê hy vir 'n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.

8 En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.

9 En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.

10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.

11 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?

12 En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?

13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal •f die een haat en die ander een liefhê, •f die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God ,n Mammon dien nie.

14 En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.

15 En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor God.

16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.

17 Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.

18 Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.

19 En daar was 'n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.

20 En daar was 'n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het.

21 En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.

22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.

23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.

24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.

25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.

26 En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat d r is, nie na ons kan oorkom nie.

27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur --

28 want ek het vyf broers -- om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.

29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na die luister.

30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.

31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

1 耶稣又对门徒说: "有一个财主的管家, 有人在他主人面前告他浪费主人的财物。

2 主人把他叫来, 对他说: ‘我听见关于你的是怎么一回事呢?把你管理的帐目交代清楚, 因为你不能再作管家了。’

3 那管家心里说: ‘主人不要我再作管家了, 我作什么才好呢?锄地吧, 没有力气! 讨饭吧, 怕羞!

4 我知道要怎么作了, 好使人在我离开管家的职务以后, 接我到他们家里去。’

5 于是把欠他主人债的人, 一个一个地叫来, 问头一个说: ‘你欠我主人多少?’

6 他说: ‘四千公升油。’管家说: ‘拿你的欠单去, 快坐下写二千。’

7 又问一个说: ‘你欠多少?’他说: ‘四万公升麦子。’管家说: ‘拿你的欠单去, 写三万。’

8 主人就夸奖这不义的管家作事机警; 因为在应付自己的世事上, 今世之子比光明之子更精明。

9 我告诉你们, 要用不义的钱财去结交朋友, 好叫钱财无用的时候, 他们可以接你们到永恒的帐棚里。

10 在最小的事上忠心的, 在大事上也忠心; 在最小的事上不义的, 在大事上也不义。

11 如果你们在不义的钱财上不忠心, 谁还把真实的钱财托付给你们呢?

12 如果你们在别人的东西上不忠心, 谁还把你们自己的东西交给你们呢?

13 "一个家仆不能服事两个主人; 他若不是恨这个爱那个, 就是忠于这个轻视那个。你们不能服事 神, 又服事金钱。"

14 贪财的法利赛人听见这些话, 就嗤笑耶稣。

15 耶稣对他们说: "你们在人面前自称为义, 神却知道你们的心; 因为人所高举的, 神却看作是可憎恶的。

16 律法和先知到约翰就结束了。从此, 神的国的福音就传开了, 人人都要努力进去。

17 天地过去, 要比律法的一点一画失效还容易呢。

18 凡休妻另娶的, 就犯了奸淫; 娶被丈夫所休的, 也是犯了奸淫。

19 "有一个财主, 身穿紫色袍和细麻衣, 天天奢华宴乐。

20 又有一个乞丐, 名叫拉撒路, 满身是疮, 被人放在财主门口,

21 想得财主桌子上掉下来的零碎充饥; 并且有狗来舔他的疮。

22 后来乞丐死了, 被天使送到亚伯拉罕的怀里。那财主也死了, 并且埋葬了。

23 财主在阴间受痛苦, 举目远远望见亚伯拉罕, 和他怀里的拉撒路,

24 就喊着说: ‘我祖亚伯拉罕啊, 可怜我吧! 打发拉撒路来用指头蘸点水, 凉凉我的舌头吧! 因为我在这火焰里非常痛苦。’

25 亚伯拉罕说: ‘孩子, 你应该回想你生前享过福, 同样拉撒路受过苦, 现在他在这里得安慰, 你却要受苦了。

26 不但这样, 我们与你们之间, 有深渊隔开, 人想从这边过到你们那里是不可能的, 从那边过到我们这边也是不可能的。’

27 那人说: ‘我祖啊, 那么求你差遣拉撒路到我家里去,

28 因为我有五个兄弟, 他可以警告他们, 免得他们也到这受苦的地方来。’

29 亚伯拉罕说: ‘他们有摩西和先知可以听从。’

30 他说: ‘不然, 我祖亚伯拉罕啊, 如果有人从死人中复活, 到他们那里去, 他们必定会悔改。’

31 亚伯拉罕说: ‘如果他们不听从摩西和先知, 就算有一个从死人中复活的人, 他们也不会接受劝告。’"