1 En daarna het Hy die een stad en dorp n die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,

2 ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat Magdal,na genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,

3 en Johanna, die vrou van Gusa, 'n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.

4 En toe daar 'n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur 'n gelykenis:

5 'n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val 'n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.

6 En 'n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.

7 En 'n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.

8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!

9 En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog?

10 En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.

11 Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God.

12 Di, langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.

13 En die op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir 'n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.

14 En wat in die dorings geval het -- dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.

15 En wat in die goeie grond val -- dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in 'n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.

16 En niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.

17 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.

18 Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.

19 En sy moeder en broers het na Hom gekom, en weens die skare kon hulle Hom nie bereik nie.

20 Toe bring hulle Hom die boodskap en sê: U moeder en u broers staan buite en wil U sien.

21 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen.

22 En op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in 'n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die oorkant van die see. En hulle het weggevaar

23 En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar 'n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.

24 En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het 'n stilte gekom.

25 En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!

26 En hulle het geseil na die land van die Gadar,ners, wat reg anderkant Galil,a is.

27 En toe Hy aan wal uitklim, kom 'n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir 'n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in 'n huis gewoon nie, maar in die grafte.

28 En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met 'n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie --

29 want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.

30 Daarop vra Jesus hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio -- want baie duiwels het in hom ingevaar.

31 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie.

32 En daar het 'n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in die varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat.

33 Daarop gaan die duiwels uit die man uit en vaar in die varke in, en die trop het van die krans af in die see gestorm en verdrink.

34 En toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die buitewyke gaan vertel.

35 Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.

36 En die wat ooggetuies was, het ook aan hulle vertel hoe die besetene genees is.

37 En die hele menigte van die omtrek van die Gadar,ners het Hom gevra om van hulle weg te gaan, omdat hulle deur 'n groot vrees bevang was. Toe het Hy in die skuit geklim en teruggegaan.

38 En die man uit wie die duiwels uitgevaar het, het Hom gebid om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom laat gaan en gesê:

39 Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het.

40 En toe Jesus terugkom, het die skare Hom verwelkom; want almal was Hom te wagte.

41 En daar kom 'n man wie se naam Ja‹rus was, en hy was 'n owerste van die sinagoge; en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom;

42 want sy enigste dogter van omtrent twaalf jaar het op sterwe gelê. En terwyl Hy gaan, het die skare Hom verdring.

43 En 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie,

44 het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou.

45 Daarop sê Jesus: Wie is dit wat My aangeraak het? En toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat by hom was: Meester, die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak het?

46 Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het gemerk dat krag van My uitgegaan het.

47 En toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie, kom sy bewende en val voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk om watter rede sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.

48 En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.

49 Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie.

50 Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.

51 En toe Hy in die huis kom, het Hy niemand toegelaat om in te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes en die vader en die moeder van die meisie.

52 En almal het gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Hy sê: Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.

53 En hulle het Hom uitgelag, want hulle het geweet dat sy dood was.

54 En toe Hy almal na buite uitgejaag het, gryp Hy haar hand en roep uit en sê: Dogtertjie, staan op!

55 En haar gees het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan; en Hy het beveel dat hulle haar iets te ete moes gee.

56 En haar ouers was verbaas, maar Hy het hulle bevel gegee om aan niemand te sê wat gebeur het nie.

1 不久, 耶稣周游各城各村讲道, 宣扬 神的国的福音, 和他在一起的有十二个门徒,

2 还有几个蒙了医治、脱离污鬼与疾病的妇女, 其中有称为抹大拉的马利亚, 曾有七个鬼从她身上赶出来;

3 有希律的管家古撒的妻子约亚拿, 又有苏珊娜, 和许多别的妇女, 她们都用自己的财物供给耶稣和门徒。

4 当时有许多人聚在一起, 还有人从各城来到耶稣那里, 他就用比喻说:

5 "有一个撒种的出去撒种, 撒的时候, 有的落在路旁, 被人践踏, 或给空中的小鸟吃掉。

6 有的落在石头地上, 一长出来就枯萎了, 因为得不着滋润。

7 有的落在荆棘丛中, 荆棘也一齐生长, 把它挤住了。

8 有的落在好土里, 就生长起来, 结出百倍的果实。"他说了这些话, 就大声说: "有耳可听的, 就应当听! "

9 门徒问他这比喻是什么意思。

10 他说: " 神的国的奥秘, 只给你们知道, 对别人就用比喻, 叫他们看却看不见, 听却听不明白。

11 "这比喻是说, 种子是 神的道,

12 那落在路旁的, 就是人听了, 魔鬼随即来到, 从他们心里把道夺去, 恐怕他们相信就得救了。

13 那落在石头地上的, 就是人听了, 欢欢喜喜地接受, 但是没有根, 不过是暂时相信, 一旦遭遇试炼, 就倒退了。

14 那落在荆棘里的, 就是人听了, 走开以后, 被今世的忧虑、财富和宴乐挤住了, 结不出成熟的子粒来。

15 但那落在好土里的, 就是人用诚实良善的心来听, 把道持守住, 忍耐着结出果实。

16 "没有人点灯用器皿盖上, 或放在床底下, 而是放在灯台上, 叫进来的人都看得见光。

17 因为没有什么隐藏的事不被显明, 也没有什么掩盖的事不被人知道而暴露出来。

18 所以你们应当留心怎样听, 因为凡是有的, 还要给他; 凡是没有的, 连他自以为有的, 也要拿去。"

19 耶稣的母亲和弟弟来到他那里, 因为人多, 不能到他跟前。

20 有人转告耶稣: "你母亲和弟弟站在外面要见你。"

21 他回答他们: "听了 神的道而遵行的人, 才是我的母亲, 我的弟兄。"

22 有一天, 耶稣和门徒上了船, 他对他们说: "我们渡到海那边去吧。"他们就开了船。

23 船行的时候, 他睡着了。海上忽然起了狂风, 他们全身湿透, 非常危险。

24 门徒来叫醒耶稣, 说: "主啊! 主啊! 我们没命了! "他醒过来, 斥责风浪, 风浪就止息、平静了。

25 耶稣对他们说: "你们的信心在哪里?"他们又惧怕、又希奇, 彼此说: "这到底是谁?他吩咐风浪, 连风浪也听从他。"

26 船到了格拉森人的地区, 正在加利利对面,

27 耶稣一上岸, 就有城里一个被鬼附着的人, 迎面而来。这人已经很久不穿衣服, 不住在家里, 只住在坟墓里。

28 他一见耶稣, 就俯伏喊叫, 大声说: "至高 神的儿子耶稣, 我跟你有什么关系呢?求你不要使我受苦。"

29 因为耶稣已经吩咐这污灵从那人身上出来。原来这污灵屡次抓住那人; 那人被铁链和脚链捆锁, 而且有人看管, 他竟挣断锁链, 被鬼赶入旷野。

30 耶稣问他: "你叫什么名字?"他说: "群。"因为进到那人里面的鬼很多。

31 他们求耶稣, 不要赶他们进入无底坑。

32 那里有一大群猪正在山上吃东西。他们求耶稣准他们进入猪群。耶稣准许了,

33 鬼就从那人身上出来, 进入猪群, 猪群闯下山崖, 掉在海里淹死了。

34 放猪的看见所发生的事就逃跑, 到城里和各乡村把这事传开。

35 众人就出来看发生了什么事。来到耶稣那里, 看见鬼已经离开的那人, 穿着衣服, 神志清醒, 坐在耶稣脚前, 他们就害怕。

36 当时看见的人, 把被鬼附过的人怎样得到医治, 说给他们听。

37 格拉森一带的人, 都要求耶稣离开他们, 因为他们大大惧怕。他就上船回去了。

38 鬼已经离开的那人求耶稣, 要跟他在一起; 但耶稣打发他回去, 说:

39 "你回家去, 述说 神为你作了怎样的事。"他就走遍全城, 传讲耶稣为他作了怎样的事。

40 耶稣回来的时候, 众人欢迎他, 因为大家都在等着他。

41 那时, 有一个人来了, 名叫叶鲁, 他是一位会堂主管。他俯伏在耶稣脚前, 求他往他家里去,

42 因为他的独生女, 约十二岁, 快要死了。耶稣去的时候, 群众拥挤着他。

43 有一个女人, 患了十二年的血漏病, 在医生手里花尽了全部养生的(有些抄本无"在医生手里花尽了全部养生的"一句), 没有一个能医好她。

44 她从后面挤来, 一摸耶稣的衣裳繸子, 血就立刻止住。

45 耶稣说: "摸我的是谁?"众人都不承认。彼得说: "主啊, 众人都拥挤着你。"

46 耶稣说: "必定有人摸我, 因为我觉得有能力从我身上出去。"

47 那女人见不能隐瞒, 就战战兢兢地过来, 向他俯伏, 把摸他的缘故, 和怎样立刻得到医治, 在众人面前说出来。

48 耶稣对她说: "女儿, 你的信使你痊愈了, 平安地去吧! "

49 耶稣还在说话的时候, 有人从会堂主管家里来, 说: "你的女儿死了, 不必再劳动老师了。"

50 耶稣听见就对他说: "不要怕, 只要信, 她必得痊愈。"

51 到了那家, 除了彼得、约翰、雅各和女孩的父母以外, 他不准任何人同他进屋里去。

52 众人都在痛哭哀号, 他说: "不要哭! 她不是死了, 而是睡着了。"

53 他们明知女孩已经死了, 就嘲笑他。

54 他进去拉着女孩的手, 叫她说: "孩子, 起来! "

55 她的灵魂回来了, 她就立刻起来。耶稣吩咐给她东西吃。

56 她父母非常惊奇。耶稣嘱咐他们不要把他所作的事告诉人。