1 Aangesien baie onderneem het om 'n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is,

2 soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,

3 het ek ook dit goedgedink, hooggeagte Theofilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,

4 sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.

5 Daar was in die dae van Herodes, koning van Jud,a, 'n sekere priester met die naam van Sagar¡a, uit die afdeling van Ab¡a; en sy vrou was uit die dogters van A„ron, en haar naam was Elisabet.

6 En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.

7 En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.

8 En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling,

9 het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.

10 En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.

11 Toe verskyn daar aan hom 'n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan.

12 En toe Sagar¡a hom sien, was hy ontsteld, en vrees het hom oorval.

13 Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagar¡a, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.

14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;

15 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

16 En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.

17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van El¡a, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.

18 Toe sê Sagar¡a vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is 'n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.

19 En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.

20 En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.

21 En die volk het op Sagar¡a bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.

22 Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy 'n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.

23 En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.

24 En n hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:

25 So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.

26 En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na 'n stad in Galil,a met die naam van N saret,

27 na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.

28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.

29 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.

30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.

31 En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.

32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,

33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

34 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?

35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.

36 En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.

37 Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.

38 En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.

39 En in daardie dae het Maria opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na 'n stad van Juda;

40 en sy het in die huis van Sagar¡a gekom en Elisabet gegroet.

41 En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees

42 en het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!

43 En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?

44 Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.

45 En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.

46 En Maria het gesê: My siel maak die Here groot,

47 en my gees is verheug in God, my Saligmaker;

48 omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.

49 Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam.

50 En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.

51 Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.

52 Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.

53 Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.

54 Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink

55 soos Hy tot ons vaders gespreek het -- aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.

56 En Maria het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe.

57 En die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het 'n seun gebaar.

58 En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly.

59 En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagar¡a noem, na die naam van sy vader.

60 Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet Johannes genoem word.

61 En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat die naam het nie.

62 En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.

63 Hy vra toe 'n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.

64 En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tong losgeraak, en hy het gepraat en God geloof.

65 En daar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van Jud,a.

66 En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die hand van die Here was met hom.

67 En Sagar¡a, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:

68 Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,

69 en 'n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg --

70 soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af --

71 redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,

72 om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,

73 aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee

74 dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,

75 in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.

76 En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;

77 om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,

78 deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,

79 om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.

80 En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.

1 尊敬的提阿非罗先生, 因为有许多人, 已经把在我们中间成就了的事,

2 按照起初亲眼看见的传道人所传给我们的, 编著成书;

3 我已经把这些事从头考查过, 认为也应该按着次序写给你,

4 让你晓得所学到的道理, 都是确实的。

5 犹太王希律在位的日子, 亚比雅班里有一个祭司, 名叫撒迦利亚, 他妻子是亚伦的后代, 名叫以利沙伯。

6 他们在 神面前都是义人, 遵行主的一切诫命规条, 无可指摘,

7 只是没有孩子, 因为以利沙伯不生育, 二人又都上了年纪。

8 有一次, 撒迦利亚在 神面前按着班次执行祭司的职务,

9 照祭司的惯例抽中了签, 进入主的圣殿烧香。

10 烧香的时候, 众人都在外面祈祷。

11 有主的使者站在香坛右边, 向他显现。

12 撒迦利亚一见就惊慌起来, 十分害怕。

13 天使说: "撒迦利亚, 不要怕, 因为你的祈求已蒙垂听, 你妻子以利沙伯要给你生一个儿子, 你要给他起名叫约翰。

14 你必欢喜快乐, 许多人因他出生, 也必喜乐。

15 他在主面前要被尊为大, 淡酒浓酒都不喝, 未出母腹就被圣灵充满。

16 他要使许多以色列人转向主他们的 神。

17 他必有以利亚的灵和能力, 行在主的前面, 叫父亲的心转向儿女, 叫悖逆的转向义人的意念, 为主安排那预备好了的人民。"

18 撒迦利亚对天使说: "我怎么能知道这事呢?我已经老了, 我妻子也上了年纪。"

19 天使回答: "我是站在 神面前的加百列, 奉差遣向你说话, 报给你这好消息。

20 看吧! 到了时候我的话必要应验; 因为你不信我的话, 你必成为哑巴, 直到这些事成就的那一天, 才能说话。"

21 众人等候撒迦利亚; 因他在圣殿里迟迟不出来, 觉得奇怪。

22 等到他出来, 却不能讲话, 竟成了哑巴, 不断地向他们打手式, 他们就知道他在圣殿里见了异象。

23 供职的日子满了, 他就回家去。

24 过了几天, 他妻子以利沙伯怀了孕, 隐藏了五个月, 说:

25 "主在眷顾的日子, 这样看待我, 要把我在人间的羞耻除掉。"

26 到了第六个月, 天使加百列奉 神差遣, 往加利利的拿撒勒城去,

27 到了一个童贞女那里, 她已经和大卫家一个名叫约瑟的人订了婚, 童贞女的名字是马利亚。

28 天使进去, 对她说: "恭喜! 蒙大恩的女子, 主与你同在! "

29 她却因这话惊慌起来, 反复思想这样祝贺是什么意思。

30 天使说: "马利亚, 不要怕! 因你已从 神那里蒙了恩。

31 你将怀孕生子, 要给他起名叫耶稣。

32 他将要被尊为大, 称为至高者的儿子, 主 神要把他祖大卫的王位赐给他,

33 他要作王统治雅各家, 直到永远, 他的国没有穷尽。"

34 马利亚对天使说: "我还没有出嫁, 怎能有这事呢?"

35 天使回答: "圣灵要临到你, 至高者的能力要覆庇你, 因此那将要出生的圣者, 必称为 神的儿子。

36 你看, 你亲戚以利沙伯, 被称为不生育的, 在老年也怀了男胎, 现在已是第六个月了,

37 因为在 神没有一件事是不可能的。"

38 马利亚说: "我是主的婢女, 愿照你的话成就在我身上! "天使就离开她去了。

39 后来, 马利亚就起身, 急忙向山地去, 来到犹大的一座城,

40 进了撒迦利亚的家, 向以利沙伯问安。

41 以利沙伯一听见马利亚的问安, 腹中的胎儿就跳动, 以利沙伯也被圣灵充满,

42 就高声说: "你在女子中是有福的! 你腹中的胎儿也是有福的!

43 我主的母亲竟然到我这里来。这事怎会临到我呢?

44 你看, 你问安的声音一进我的耳朵, 我腹中的胎儿就欢喜跳跃。

45 这相信主传给她的话必要成就的女子是有福的。"

46 马利亚说: "我心尊主为大,

47 我灵以 神我的救主为乐,

48 因为他垂顾他使女的卑微, 看哪! 今后万代都要称我为有福。

49 全能者为我行了大事, 他的名为圣;

50 他的怜悯世世代代归与敬畏他的人。

51 他用膀臂施展大能, 驱散心里妄想的狂傲人。

52 他使有权能的失位, 叫卑微的升高,

53 让饥饿的得饱美食, 使富足的空手回去。

54 他扶助了他的仆人以色列, 为要记念他的怜悯,

55 正如他向我们列祖所说的, 恩待亚伯拉罕和他的后裔, 直到永远。"

56 马利亚和以利沙伯同住约有三个月, 就回家去了。

57 以利沙伯的产期到了, 生了一个儿子。

58 邻里亲戚, 听见主向她大施怜悯, 都和她一同欢乐。

59 到了第八天, 他们来给孩子行割礼, 要照他父亲的名字, 叫他撒迦利亚。

60 但他母亲说: "不可, 要叫他约翰。"

61 他们说: "你亲族里没有叫这名字的。"

62 他们就向孩子的父亲打手式, 看他要叫他什么。

63 他要了一块写字版, 写上说: "他的名字是约翰。"众人都希奇。

64 撒迦利亚的口舌立刻开了, 就出声称颂 神。

65 住在周围的人都害怕, 这一切事传遍了整个犹太山地,

66 凡听见的就把这些事放在心里, 说: "这孩子将会成为怎样的人呢?因为主的手与他同在。"

67 他的父亲撒迦利亚被圣灵充满, 预言说:

68 "主, 以色列的 神, 是应当称颂的, 因他眷顾自己的子民, 施行救赎,

69 在他仆人大卫家中, 为我们兴起救恩的角,

70 正如主自古以来借圣先知口中所说的,

71 救我们脱离仇敌, 和恨我们的人的手;

72 向我们列祖施怜悯, 记念他的圣约,

73 就是他对我们祖先亚伯拉罕所起的誓,

74 把我们从仇敌手中救拔出来, 叫我们可以坦然无惧, 用圣洁公义, 在他面前一生一世敬拜他。

76 孩子啊, 你要称为至高者的先知, 因为你要行在主的面前, 预备他的路,

77 使他的子民, 因罪得赦, 就知道救恩。

78 因我们 神的怜悯, 使清晨的阳光从高天临到我们,

79 光照那坐在黑暗中死荫里的人, 引导我们的脚, 走上平安的路。"

80 这孩子渐渐长大, 心灵健壮, 住在旷野, 直到他在以色列人中公开露面的日子。