1 En in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tib,rius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judia en Herodes viervors van Galil,a, en Filippus, sy broer, viervors van Itur,a en die land Trachon¡tus, en Lis nias viervors van Abil,ne,

2 tydens die hoëpriesterskap van Annas en K jafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagar¡a, in die woestyn.

3 En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;

4 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.

5 Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.

6 En alle vlees sal die heil van God sien.

7 Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.

9 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

10 En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?

11 En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.

12 En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?

13 En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.

14 En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.

15 En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,

16 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie -- Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

17 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.

18 Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.

19 Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Herodias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,

20 het hy by alles nog dit gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.

21 En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan;

22 en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.

23 En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,

24 die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Melgi, die seun van Janna, die seun van Josef,

25 die seun van Mattat¡as, die seun van Amos, die seun van Nahum, die seun van Esli, die seun van N ggai,

26 die seun van Ma„t, die seun van Mattat¡as, die seun van S,me‹, die seun van Josef, die seun van Juda,

27 die seun van Johanan, die seun van Resa, die seun van Serubb bel, die seun van Se ltiël, die seun van Ner¡ja,

28 die seun van Melgi, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmodam, die seun van Er,

29 die seun van Joses, die seun van Eliëser, die seun van Jorim, die seun van Mattat, die seun van Levi,

30 die seun van S¡meon, die seun van Juda, die seun van Josef, die seun van Jonan, die seun van ljakim,

31 die seun van Mel,as, die seun van Mainan, die seun van M ttata, die seun van Natan, die seun van Dawid,

32 die seun van Isai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson,

33 die seun van Amm¡nadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,

34 die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham, die seun van Tera, die seun van Nahor,

35 die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela,

36 die seun van Kainan, die seun van Arp gsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg,

37 die seun van Metusala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehal leël, die seun van Kenan,

38 die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.

1 凯撒提庇留执政第十五年, 本丢.彼拉多作犹太总督, 希律作加利利的分封王, 他兄弟腓力作以土利亚和特拉可尼地区的分封王, 吕撒尼亚作亚比利尼的分封王,

2 亚那和该亚法作大祭司的时候, 神的话临到撒迦利亚的儿子, 在旷野的约翰。

3 他就来到约旦河一带地方, 宣讲悔改的洗礼, 使罪得赦。

4 正如以赛亚先知的书上写着: "在旷野有呼喊者的声音: ‘预备主的道, 修直他的路!

5 一切洼谷都当填满, 大小山冈都要削平! 弯弯曲曲的改为正直, 高高低低的修成平坦!

6 所有的人都要看见 神的救恩。’"

7 约翰对那出来要受他洗礼的群众说: "毒蛇所生的啊, 谁指示你们逃避那将要来的忿怒呢?

8 应当结出果子来, 与悔改的心相称; 你们心里不要说: ‘我们有亚伯拉罕作我们的祖宗。’我告诉你们, 神能从这些石头中给亚伯拉罕兴起后裔来。

9 现在斧头已经放在树根上, 所有不结好果子的树, 就砍下来, 丢在火里。"

10 群众问他: "那么, 我们该作什么呢?"

11 他回答: "有两件衣服的, 当分给那没有的, 有食物的也当照样作。"

12 又有税吏来要受洗, 问他: "老师, 我们当作什么呢?"

13 他说: "除了规定的以外, 不可多收。"

14 兵丁也问他: "至于我们, 我们又应当作什么呢?"他说: "不要恐吓, 不要敲诈, 当以自己的粮饷为满足。"

15 那时众人正在期待, 人人心里都在猜想会不会约翰就是基督。

16 约翰对众人说: "我用水给你们施洗, 但那能力比我更大的要来, 我就是给他解鞋带都没有资格。他要用圣灵与火给你们施洗。

17 他手里拿着簸箕, 要扬净麦场, 把麦子收进仓里, 却用不灭的火把糠秕烧尽。"

18 他还用许多别的话劝勉众人, 向他们传福音。

19 分封王希律, 因他弟弟的妻子希罗底, 并因他自己所行的一切恶事, 受到约翰的责备。

20 他在这一切事以外, 再加上一件, 就是把约翰关在监里。

21 众人受了洗, 耶稣也受了洗。他正在祷告, 天就开了,

22 圣灵仿佛鸽子, 有形体地降在他身上; 有声音从天上来, 说: "你是我的爱子, 我喜悦你。"

23 耶稣开始传道, 年约三十岁, 人以为他是约瑟的儿子, 约瑟是希里的儿子,

24 依次往上推, 是玛塔、利未、麦基、雅拿、约瑟、

25 玛他提亚、亚摩斯、拿鸿、以斯利、拿该、

26 玛押、玛他提亚、西美、约瑟、约大、

27 约哈难、利撒、所罗巴伯、撒拉铁、尼利、

28 麦基、亚底、哥桑、以摩当、珥、

29 耶书、以利以谢、约令、玛塔、利未、

30 西缅、犹大、约瑟、约南、以利亚敬、

31 米利亚、买拿、马达他、拿单、大卫、

32 耶西、俄备得、波阿斯、撒门("撒门"有些抄本作"撒拉")、拿顺、

33 亚米拿达、亚当民(有些抄本无"亚当民"一词)、亚兰("亚兰"有些抄本作"亚珥尼")、希斯仑、法勒斯、犹大、

34 雅各、以撒、亚伯拉罕、他拉、拿鹤、

35 西鹿、拉吴、法勒、希伯、沙拉、

36 该南、亚法撒、闪、挪亚、拉麦、

37 玛土撒拉、以诺、雅列、玛勒列、该南、

38 以挪士、塞特、亚当, 亚当是 神的儿子。