1 So sê die HERE: Kyk, Ek wek op teen Babel en teen die inwoners van "die Hart van my Teëstanders" die gees van 'n verwoester.
2 En Ek sal vir Babel wanners stuur wat hom sal uitwan en sy land leegskud; want hulle lê rondom teen hom op die dag van onheil.
3 Laat die skutter sy boog span teen hom wat span, en teen die een wat hom in sy pantser verhef; en spaar sy jongmanne nie, tref sy ganse leër met die banvloek!
4 So sal daar dan gesneuweldes val in die land van die Chaldeërs en die wat deurboor is, op sy strate.
5 Want Israel en Juda is nie in weduweeskap gelaat deur hulle God, deur die HERE van die leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel.
6 Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die HERE: Hy gee hom sy verdiende loon.
7 Babel was in die hand van die HERE 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword.
8 Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word.
9 Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek, elkeen na sy land; want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke.
10 Die HERE het ons geregtighede te voorskyn gebring; kom en laat ons in Sion vertel die werk van die HERE onse God!
11 Maak skerp die pyle, vat die skilde! Die HERE het die gees van die konings van M,dië opgewek; want sy voorneme is teen Babel om hom te verwoes; want dit is die wraak van die HERE, die wraak van sy tempel.
12 Hef 'n banier op teen die mure van Babel, versterk die wagposte, sit wagte uit, hou hinderlae klaar; want soos die HERE Hom voorgeneem het, so het Hy gedoen wat Hy oor die inwoners van Babel gespreek het.
13 Jy wat by die groot waters woon, wat skatryk is, jou einde het gekom, die maat waarop jy afgesny word.
14 Die HERE van die leërskare het by Homself gesweer: Al het Ek jou vol mense gemaak soos sprinkane, tog sal hulle oor jou 'n vreugdegeroep aanhef.
15 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand --
16 as Hy sy stem laat hoor, is daar 'n geruis van waters in die hemel; en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat die wind uitgaan uit sy voorraadskure.
17 Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die beeld; want sy gegote beeld is 'n leuen, en daar is geen gees in hulle nie.
18 Nietige afgode is hulle, werk vir spotterny; in die tyd van hulle besoeking gaan hulle tot niet.
19 Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, en Israel is die stam van sy erfenis; HERE van die leërskare is sy Naam.
20 Jy is vir My 'n hamer en oorlogswapens; en met jou verbrysel Ek nasies, en met jou verwoes Ek koninkryke.
21 En met jou verbrysel Ek die perd en sy ruiter; en met jou verbrysel Ek die strydwa en die wat daarop ry.
22 En Met jou verbrysel Ek man en vrou; en met jou verbrysel Ek grysaard en seun; en met jou verbrysel Ek die jongman en die jongedogter.
23 En met jou verbrysel Ek die herder en sy trop vee; en met jou verbrysel Ek die landbouer en sy twee osse; en met jou verbrysel Ek goewerneurs en owerstes.
24 Maar Ek sal voor julle oë aan Babel en aan al die inwoners van Chald,a vergelde al hulle kwaad wat hulle in Sion gedoen het, spreek die HERE.
25 Kyk, Ek het dit teen jou, o berg wat verwoes, spreek die HERE; jy wat die hele aarde verwoes. En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou van die rotse afrol en sal jou maak 'n afgebrande berg.
26 En hulle sal uit jou geen klip neem vir 'n hoek of 'n klip vir fondamente nie; want jy sal ewige wildernisse wees, spreek die HERE.
27 Hef 'n banier op oor die aarde, blaas die basuin onder die nasies, heilig nasies teen hom, roep teen hom op die koninkryke van Ararat, Minni en Askenas, stel 'n kommandant teen hom aan, laat perde optrek soos stekerige sprinkane!
28 Heilig nasies teen hom, die konings van M,dië, die goewerneurs en al die owerstes daarvan, ja, die hele land van sy heerskappy.
29 Dan bewe die aarde en krimp inmekaar; want die gedagtes van die HERE kom tot stand teen Babel, om die land van Babel 'n woesteny te maak, sonder inwoner.
30 Die helde van Babel het opgehou om te veg, hulle het gebly in die bergvestings; hulle mag het verdwyn, hulle het vroue geword. Hulle het sy wonings aan die brand gesteek, sy grendels is verbreek.
31 Die een loper hardloop die ander tegemoet en die een boodskapper die ander, om aan die koning van Babel bekend te maak dat sy stad van alle kante ingeneem is;
32 en dat die driwwe beset is, en hulle die rietvleie met vuur verbrand het, en die krygsmanne verskrik is.
33 Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is soos 'n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; nog 'n kort rukkie, dan kom die oestyd vir hom.
34 Nebukadr,sar, die koning van Babel, het my opgeëet, my vernietig; hy het my neergesit soos 'n leë skottel; hy het my verslind soos 'n draak; hy het sy buik met my lekkernye gevul; hy het my weggestoot.
35 Laat die inwoners van Sion sê: Die geweld en die verminking wat my aangedoen is, is op Babel! En laat Jerusalem sê: My bloed is op die inwoners van Chald,a!
36 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.
37 En Babel sal kliphope word, 'n lêplek van jakkalse, 'n voorwerp van verbasing en bespotting, sonder inwoner.
38 Almal saam brul hulle soos jong leeus, brom soos klein leeutjies.
39 As hulle verhit is, berei Ek hulle maaltyd en maak hulle dronk, sodat hulle uitgelate word en 'n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie, spreek die HERE.
40 Ek sal hulle afbring soos lammers om geslag te word, soos ramme saam met bokke.
41 Hoe is Sesag ingeneem en die roem van die hele aarde verower! Hoe het Babel 'n voorwerp van verbasing geword onder die nasies!
42 Die see het oor Babel opgerys, deur die gebruis van sy golwe is hy oordek.
43 Sy stede het 'n woesteny geword, 'n dor land en 'n wildernis; 'n land waar niemand in woon nie, en waar geen mensekind deurtrek nie.
44 En Ek sal besoeking doen oor Bel in Babel en uit sy mond uithaal wat hy verslind het; en geen nasies sal meer na hom toestroom nie. Ook val die muur van Babel.
45 Gaan uit hom uit, my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van die HERE!
46 En laat julle hart nie week wees, sodat julle bevrees word by die tyding wat in die land gehoor word nie, as daar 'n tyding kom in die een jaar, en daarna 'n tyding in die ander jaar, en daar geweld is in die land, heerser teen heerser.
47 Daarom, kyk, daar kom dae dat Ek besoeking sal doen oor die gesnede beelde van Babel; en sy hele land sal beskaamd staan, en al sy gesneuweldes sal daarin val.
48 Dan sal oor Babel juig hemel en aarde en alles wat daarin is; want uit die noorde kom die verwoesters oor hom, spreek die HERE.
49 Ook Babel moet val, o gesneuweldes van Israel, soos ook vir Babel geval het die gesneuweldes van die hele aarde.
50 Vrygeraaktes van die swaard, gaan weg, bly nie staan nie, dink aan die HERE uit die verte, en laat Jerusalem in julle hart opkom!
51 Ons staan beskaamd, want ons het smaadwoorde gehoor, skande het ons aangesig bedek; want vreemdes het gekom oor die heiligdomme van die huis van die HERE.
52 Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor sy gesnede beelde; en die gewondes sal kerm in sy hele land.
53 Al sou Babel in die hemel opklim, en al sou hy die hoogte van sy vesting versterk -- van My af sal verwoesters oor hom kom, spreek die HERE.
54 Hoor! Geskreeu uit Babel en groot verbreking uit die land van die Chaldeërs;
55 want die HERE verwoes Babel en sal uit hom die groot geraas laat verdwyn; en hulle golwe sal bruis soos groot waters, die gedruis van hulle geluid sal weergalm.
56 Want 'n verwoester oorval hom, oorval Babel, en sy helde word gevang, hulle boë word stukkend gebreek; want 'n God van vergelding is die HERE; Hy sal gewis vergelde.
57 En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, sy goewerneurs en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal slaap 'n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare.
58 So sê die HERE van die leërskare: Die breë muur van Babel sal tot op die grond toe afgebreek en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word, sodat volke vir niks gearbei het en nasies vir die vuur; en hulle sal afgemat wees.
59 Die woord waarmee die profeet Jeremia bevel gegee het aan Ser ja, die seun van Ner¡a, die seun van Mags,ja, toe hy saam met Sedek¡a, die koning van Juda, na Babel getrek het, in die vierde jaar van sy regering. En Ser ja was laerkommandant.
60 En Jeremia het in 'n boek geskrywe al die onheil wat oor Babel sou kom, al hierdie woorde wat oor Babel geskrywe is.
61 En Jeremia het vir Ser ja gesê: As jy in Babel kom, dink daaraan en lees al hierdie woorde;
62 en sê: o HERE, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees.
63 En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy 'n klip daaraan vasmaak en dit binne-in die Eufraat gooi
64 en sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring; en hulle sal afgemat wees. Tot sover die woorde van Jeremia.
1 耶和华这样说: "看哪! 我必激动毁灭者的心, 去攻击巴比伦和住在立加米的人。
2 我必打发外族人去巴比伦簸扬它, 扬净它的地; 在它遭祸的日子, 他们必从四围攻击它。
3 不要容拉弓的拉他的弓, 也不要容战士穿上盔甲站起来; 不要顾惜巴比伦的年轻人, 要把它的全军灭绝。
4 它的全军必在迦勒底人的地被杀倒下, 在它的街道上被刺死。"
5 虽然以色列和犹大境内("以色列和犹大境内"或译: "巴比伦境内")充满了违背以色列圣者的罪恶, 以色列和犹大却不会被他们的 神万军之耶和华遗弃。
6 你仍要从巴比伦境内逃出来, 各自逃命! 不要因它的罪孽灭亡; 因为这是耶和华报复的时候, 他必向巴比伦施行应得的报应。
7 巴比伦曾是耶和华手中的金杯, 使全地都喝醉; 列国喝了它的酒, 就都疯狂乱性。
8 巴比伦必突然倾覆毁灭, 你们要为它哀号! 拿乳香来消除它的痛楚, 也许可以治好它。
9 我们本想医治巴比伦, 但它没有治好。我们离开它, 各归本地去吧! 因为它的刑罚极大, 上达于天, 直到云霄。
10 耶和华已为我们伸冤; 来吧! 我们要在锡安宣扬耶和华我们 神的作为。
11 你们要磨尖箭头, 拿起盾牌("拿起盾牌"《七十士译本》译作"装满箭袋"); 耶和华定意要毁灭巴比伦, 所以激动玛代诸王的心; 这是耶和华的报复, 就是为他的殿而施行的报复。
12 你们要竖起旗帜, 攻击巴比伦的城墙, 并要加强防卫, 设立防哨, 布下埋伏; 因为耶和华不但定意, 也必作成他攻击巴比伦居民的话。
13 你这住在众水旁, 多有财宝的啊! 你的结局到了, 你被剪除的时刻到了。
14 万军之耶和华指着自己起誓, 说: "我必使敌人充满你, 像蝗虫一样布满你的全地, 他们必对你发出胜利的吶喊。"
15 耶和华用自己的能力创造了大地, 用自己的智慧坚立了世界, 又用自己的聪明展开了诸天。
16 他一发声, 空中诸水就澎湃; 他使云雾从地极上腾; 他造了闪电和雷雨, 又使风从他的仓库里吹出来。
17 人人都是顽梗无知; 所有的金匠都因偶像羞愧, 因为他们铸造的像都是虚假, 没有气息。
18 偶像都是虚无的, 是荒谬可笑的作品; 到了讨罪的时候, 它们必被除灭。
19 那作雅各产业的并不像这些偶像, 因为他是万物的创造者; 以色列是属他的民族, 万军之耶和华是他的名。
20 耶和华说: "你是我的铁锤, 作我的兵器; 我用你们打碎列国, 用你毁灭万邦。
21 我用你打碎战马和骑马的, 用你打碎战车和坐战车的。
22 我用你打碎男人和妇女, 用你打碎老年人和少年人, 用你打碎少男和少女。
23 我用你打碎牧人和他的羊群, 用你打碎农夫和他的耕牛, 用你打碎省长和总监。
24 "但我必在你们眼前报复巴比伦和迦勒底所有的居民在锡安所作的一切恶事。"这是耶和华的宣告。
25 "行毁灭的山哪, 就是毁灭全地的山哪! 我要和你作对, 我要伸手攻击你, 使你从山岩上滚下来, 使你成为烧毁了的山。"这是耶和华的宣告。
26 "人必不从你那里取石头作房角石, 也不从你那里取石头作基石, 因为你必永远荒凉。"这是耶和华的宣告。
27 "你们要在地上竖起旗帜, 在列国中吹号角, 使列国作好准备攻击巴比伦, 把亚拉腊、米尼、亚实基拿等国召来攻击她, 又指派元帅来攻击她, 使马匹像蝗虫汹涌上来。
28 你们要使列国作好准备攻击她, 使玛代诸王, 和她的省长、总监, 以及他们辖下各地的人民都作好准备攻击她。
29 大地震动翻腾, 因为耶和华攻击巴比伦所定的旨意立定不移, 要使巴比伦的地荒凉, 没有人居住。
30 巴比伦的勇士停止作战, 留在堡垒里面; 他们的勇士消退, 变成像妇人一样软弱。巴比伦的房屋被火焚烧, 她的门闩都被折断。
31 驿卒一个接一个跑来, 报信的也相继而至, 向巴比伦王报告, 他的京城已经完全被攻取了。
32 渡口已经被占据了, 生满芦苇的沼泽也被火烧了, 军兵都惊慌失措。"
33 因为万军之耶和华以色列的 神这样说: "巴比伦城("城"原文作"女子")好像正被踹平的禾场, 再过片时, 她被收割的时候就到了。"
34 以色列人说: "巴比伦王尼布甲尼撒吞灭了我们, 使我们十分混乱, 又使我们成为空的器皿; 他像怪兽把我们吞下, 他的肚塞满了我们的美物, 他却把我们吐出去。"
35 锡安的居民要说: "愿巴比伦以强暴待我们("我们"或译: "我和我骨肉之亲")的罪归到巴比伦身上。"耶路撒冷要说: "愿流我血的罪归到迦勒底的居民身上。"
36 因此, 耶和华这样说: "看哪! 我必为你的案件申诉, 为你报仇; 我必使巴比伦的河水枯竭, 使它们的水源干涸。
37 巴比伦必变成乱堆, 成为野狗的巢穴, 成为令人惊骇和嗤笑的对象, 没有人居住。
38 巴比伦人必像少壮狮子一起吼叫, 又像幼狮咆哮。
39 他们食欲大动的时候, 我必为他们摆设筵席, 使他们喝醉, 狂欢乱叫, 然后永远沉睡, 不再醒来(这是耶和华的宣告)。
40 我必使他们像羊羔, 像公绵羊和公山羊一样下到屠宰之地。
41 示沙克怎么竟被攻取! 全地所称赞的怎么竟被占领! 巴比伦在列国中怎么竟成了令人惊骇的对象!
42 大海上涨漫过巴比伦, 它被汹涌的波浪淹没。
43 它的城镇变为荒凉, 成为干旱的地和沙漠, 没有人住在里面, 也没有人经过。
44 我必惩罚巴比伦的彼勒, 使它从口中吐出它所吞噬的; 列国必不再归附它, 巴比伦的城墙也倒塌了。
45 我的子民哪! 你们要从它那里出来, 各自逃命, 躲避耶和华的烈怒。
46 你们不要心惊胆怯, 也不要因在境内听到的谣言惧怕; 因为今年有谣言传来, 明年也会有谣言传来, 境内有强暴的事, 官长互相攻击。
47 因此, 你看, 日子快到, 我必惩罚巴比伦的偶像; 巴比伦全地都必蒙羞, 所有被刺杀的人都必倒在境内。
48 那时天地和其中的一切, 都必因巴比伦的倾覆欢呼, 因为行毁灭的要从北方来攻击她。"这是耶和华的宣告。
49 "巴比伦必因以色列被刺杀的人而倒下, 就如全地被刺杀的人因巴比伦而倒下。
50 那些已逃脱了刀剑的人哪! 走吧! 不要站着, 要从远方记念耶和华, 心中惦念耶路撒冷。
51 我们因听见辱骂而蒙羞, 满面惭愧; 因为外族人进入了耶和华殿的圣所。
52 因此, 看哪! 日子快到, 这是耶和华的宣告。我必惩罚巴比伦的偶像, 在巴比伦全境到处都有被刺伤的人在唉哼。
53 即使巴比伦升到天上, 即使它在高处建造难以进侵的堡垒, 但必有行毁灭的从我这里去攻击它。"这是耶和华的宣告。
54 "听啊! 有哀号的声音从巴比伦传出, 有大毁灭的声音从迦勒底人的地发出。
55 因为耶和华正在毁灭巴比伦, 使城中喧闹的声音灭绝。敌军好像洪水, 波浪澎湃, 发出吶喊的声音。
56 因为有一位行毁灭的来攻击巴比伦, 巴比伦的勇士被擒住, 他们的弓弩折断了, 因为耶和华是报应的 神, 他必报复巴比伦。
57 我必使巴比伦的领袖和智慧人, 省长、总监和勇士都喝醉, 永远沉睡, 不再醒来。"这是君王的宣告, 万军之耶和华是他的名。
58 万军之耶和华这样说: "巴比伦宽阔的城墙必被夷为平地, 它高大的城门必被焚烧; 万民所劳碌的都必成空, 万族所辛劳的都付诸一炬。"
59 犹大王西底家执政的第四年, 玛西雅的孙子、尼利亚的儿子西莱雅和王同去巴比伦的时候, 耶利米先知有话吩咐西莱雅, 他是掌管住宿事务的官员。
60 耶利米把一切将要临到巴比伦的灾祸, 就是这一切论到巴比伦的话, 都写在一卷书上。
61 耶利米对西莱雅说: "你到了巴比伦以后, 一定要宣读这一切话,
62 然后你要说: ‘耶和华啊! 论到这地方, 你曾经亲自说过要把它剪除, 使这地永远荒凉, 没有人畜居住。’
63 你宣读完这书卷以后, 要把一块石头和书拴在一起, 丢进幼发拉底河里,
64 然后说: ‘巴比伦必因耶和华("耶和华"原文作"我")所要降给它的灾祸, 照样沉下去, 不再浮上来; 它的人民也必灭没。’"耶利米的话到此为止。