1 Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?
2 U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, ook dra hulle vrugte. U is naby in hulle mond, maar ver van hulle niere.
3 Maar U, o HERE, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle vir die dag van slagting.
4 Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls; omdat hulle sê: Hy sal ons einde nie sien nie!
5 As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? En in 'n land van vrede voel jy jou veilig: hoe sal jy dan maak in die pronkbosse van die Jordaan?
6 Want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het troueloos teen jou gehandel; ook hulle roep jou hardop agterna. Glo hulle nie as hulle vriendelik met jou spreek nie.
7 Ek het my huis verlaat, Ek het my erfenis verwerp, Ek het die beminde van my siel in die hand van haar vyande gegee.
8 My erfenis het vir My geword soos 'n leeu in die bos; dit het sy stem teen My verhef; daarom het Ek dit gehaat.
9 Is my erfenis dan vir My 'n bont roofvoël? Is daar roofvoëls rondom teen hom? Kom, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, laat hulle kom om te eet.
10 Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land 'n woeste wildernis gemaak,
11 hulle het dit 'n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte neem nie.
12 Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die HERE verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.
13 Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die HERE.
14 So sê die HERE: Aangaande al my goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het -- kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk.
15 Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm; en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land.
16 En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die HERE leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl -- dan sal hulle onder my volk gebou word.
17 Maar as hulle nie luister nie, dan sal Ek die nasie heeltemal uitruk en tot niet maak, spreek die HERE.
1 耶和华啊! 我跟你争辩的时候, 总是你有理; 然而我还要跟你讨论有关公正的问题。恶人的道路为什么亨通?所有行诡诈的为什么都得享安逸?
2 你栽种了他们, 他们也扎了根, 并且长大, 结出果实; 他们的口中有你, 心里却没有你("他们的口中有你, 心里却没有你"原文作"你与他们的口很接近, 却离他们的心很远")。
3 但耶和华啊! 你认识我, 了解我, 你察验了我对你的心意。求你把他们拉出来, 好像将宰的羊一般; 求你把他们分别出来, 留待宰杀的日子。
4 这地悲哀, 田野的青草都枯干, 要等到几时呢?由于这地居民的恶行, 走兽和飞鸟都灭绝了; 因为他们说: " 神看不见我们的作为("作为"一词按照《马索拉抄本》应作"结局"; 现参照《七十士译本》翻译)。"
5 耶和华说: "如果你与徒步的人同跑, 尚且觉得疲倦, 怎能跟马赛跑呢?你在平安稳妥之地, 尚且跌倒, 在约旦河边的丛林怎么办呢?
6 因为连你的兄弟、你的父家, 都以诡诈待你, 连他们也在你后面高声喊叫。虽然他们对你说好话, 你也不可信他们。"
7 "我撇下了我的家, 丢弃了我的产业; 我把我心爱的交在她仇敌的手中。
8 我的产业对我, 就像树林中的狮子向我咆哮, 因此我恨恶她。
9 我的产业对我, 不就像一只带斑点的鸷鸟, 其他的鸷鸟都四围攻击她?你们去聚集田野各样的走兽, 带它们来吃吧!
10 许多牧人毁坏了我的葡萄园, 践踏了我的田地; 他们使我美好的田地变为荒凉的旷野。
11 他们使地荒凉, 在我面前一片荒凉悲哀; 全地荒凉, 却无人关心。"
12 在旷野一切光秃的高冈上, 行毁灭的已经来到了; 因为耶和华的刀从地这边直到地那边, 要吞灭一切; 人人都没有平安。
13 他们种的是小麦, 收的却是荆棘; 虽然筋疲力竭, 却一无所获。因耶和华的烈怒, 他们必为自己的("自己的"原文作"你们的")出产羞愧(本句或译: "你们必为你们的农获羞愧")。
14 耶和华这样说: "至于所有邪恶的邻国, 他们侵犯我赐给我子民以色列的产业; 看哪! 我要把他们从本地拔出来, 也要把犹大家从他们中间拔出来。
15 但我把他们拔出来以后, 我必再怜悯他们, 把他们领回来, 各自归回自己的产业, 自己的故乡。
16 如果那些邻近的国家真的学习我子民的道路, 指着我的名起誓, 说: ‘我指着永活的耶和华起誓! ’正如他们从前教导我的子民指着巴力起誓一样, 他们就必在我的子民中间被建立起来。
17 他们如果有不听从的, 我就把那国拔出来, 把她拔除消灭。"这是耶和华的宣告。