1 Die woord wat die HERE deur die profeet Jeremia gespreek het oor Babel, oor die land van die Chaldeërs.

2 Verkondig onder die nasies en laat hoor, en steek 'n banier op, laat hoor; verberg dit nie; sê: Babel is ingeneem, Bel staan beskaamd, Merodag is verskrik; sy afgode staan beskaamd, sy drekgode is verskrik.

3 Want 'n volk trek teen hom op uit die Noorde; dit sal sy land 'n woesteny maak, sodat daar geen inwoner in is nie; mense sowel as diere het gevlug, weggetrek.

4 In die dae en in die tyd, spreek die HERE, sal die kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voorttrek en die HERE hulle God soek.

5 Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die HERE aansluit in 'n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.

6 'n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.

7 Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen die HERE, die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, die HERE.

8 Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop kleinvee uit!

9 Want kyk, Ek verwek en laat teen Babel optrek 'n menigte van groot nasies uit die Noordland; die sal hulle teen hom opstel -- daarvandaan sal hy ingeneem word; hulle pyle sal wees soos die van 'n voorspoedige held wat nie met leë hande terugkom nie.

10 En Chald,a sal 'n buit word; almal wat hom beroof, sal versadig word; spreek die HERE.

11 Al is julle verheug, al jubel julle, plunderaars van my erfenis, al huppel julle soos 'n vers wat graan dors, en runnik julle soos die hingste --

12 julle moeder staan grootliks beskaamd; sy wat julle gebaar het, is rooi van skaamte. Kyk, sy is die agterste van die nasies, 'n woestyn, 'n dor land en 'n wildernis.

13 Weens die toorn van die HERE sal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al 'n wildernis wees; elkeen wat by Babel verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae.

14 Stel julle op teen Babel rondom, julle almal wat die boog span! Beskiet hom, spaar die pyle nie! Want hy het teen die HERE gesondig.

15 Juig oor hom rondom -- hy het hom oorgegee, sy pilare het geval, sy mure is afgebreek; want dit is die wraak van die HERE; wreek julle op hom, doen aan hom soos hy gedoen het!

16 Roei uit Babel uit die saaier en die wat die sekel hanteer in die oestyd; laat hulle vanweë die verdrukkende swaard elkeen na sy volk omdraai en elkeen na sy land vlug!

17 Israel is 'n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste het Nebukadr,sar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag.

18 Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek doen besoeking oor die koning van Babel en oor sy land, soos Ek besoeking gedoen het oor die koning van Assur.

19 En Ek sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en sy siel sal op die gebergte van Efraim en in G¡lead versadig word.

20 In die dae en in die tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly.

21 Teen die land Merat im, trek daarteen op en teen die inwoners van Pekod! Verwoes en tref met die banvloek agter hulle, spreek die HERE, en doen net soos Ek jou beveel het.

22 Daar is oorlogsgeskreeu in die land en 'n groot verbreking.

23 Hoe is die hamer van die hele aarde afgekap en verbreek! Hoe het Babel geword 'n voorwerp van verbasing onder die nasies!

24 Ek het vir jou 'n strik gespan, en jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen die HERE in die stryd begeef het.

25 Die HERE het sy skatkamer oopgemaak en die werktuie van sy grimmigheid uitgebring; want 'n werk is dit wat die Here HERE van die leërskare te doen het in die land van die Chaldeërs.

26 Kom aan teen hom van alle kante, maak oop sy voorraadskure, stapel hom op soos koringmiede, en tref hom met die banvloek! Hy moet geen oorblyfsel hê nie.

27 Slaan dood al sy jong stiere, laat hulle afgaan om geslag te word. Wee hulle, want hulle dag het gekom, die tyd van hulle besoeking.

28 Hoor! Vlugtelinge en mense wat vrygeraak het uit die land van Babel, om in Sion te verkondig die wraak van die HERE onse God, die wraak van sy tempel.

29 Roep teen Babel skutters op, almal wat die boog span; slaan laer op rondom teen hom, laat daar geen ontkoming wees nie! Vergeld hom na sy werk, doen met hom net soos hy gedoen het, want hy was vermetel teen die HERE, teen die Heilige van Israel.

30 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine en al sy krygsmanne in die dag omkom, spreek die HERE.

31 Kyk, Ek het dit teen jou, o vermetele, spreek die Here HERE van die leërskare; want jou dag het gekom, die tyd dat Ek oor jou besoeking sal doen.

32 Dan sal die vermetele struikel en val, en daar sal niemand wees wat hom optel nie; en Ek sal 'n vuur aansteek in sy stede, en dit sal sy hele omgewing verteer.

33 So sê die HERE van die leërskare: Die kinders van Israel en die kinders van Juda is saam verdruk; en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, hou hulle vas, weier om hulle te laat trek.

34 Maar hulle Verlosser is sterk, HERE van die leërskare is sy Naam; Hy sal hulle saak sekerlik verdedig, om die aarde rus te gee en die inwoners van Babel in onrus te bring.

35 Die swaard oor die Chaldeërs, spreek die HERE, en oor die inwoners van Babel en oor sy vorste en oor sy wyse manne!

36 Die swaard oor die grootpraters, dat hulle dwaas kan word! Die swaard oor sy helde, dat hulle verskrik kan word!

37 Die swaard oor sy perde en sy strydwaens en oor die hele gemengde bevolking wat daar binne-in is, dat hulle vroue kan word! Die swaard oor sy skatte, dat hulle geplunder kan word!

38 Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! Want dit is 'n land van gesnede beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.

39 Daarom sal daar boskatte saam met wildehonde bly; ook sal daar volstruise in bly; 'n mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie.

40 Soos God Sodom en Gomorra met hulle bure omgekeer het, spreek die HERE, sal daar niemand woon nie, en geen mensekind daar vertoef nie.

41 Kyk, daar kom 'n volk uit die Noorde, en 'n groot nasie en magtige konings word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.

42 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle geluid bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos 'n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Babel!

43 Die koning van Babel het die gerug van hulle gehoor, en sy hande het slap geword; benoudheid het hom aangegryp, smart soos van een wat baar.

44 Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag, en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor my aangesig kan standhou?

45 Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Babel geneem en sy planne wat Hy teen die land van die Chaldeërs beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.

46 Van die tyding: Babel is ingeneem! bewe die aarde, en geskreeu word onder die nasies gehoor.

1 以下是耶和华借耶利米先知论到巴比伦, 就是迦勒底人的地所说的话。

2 "你们要在列国中传扬和宣告, 要竖起旗帜宣扬, 不可隐瞒, 说: ‘巴比伦被攻取了! 彼勒蒙羞, 米罗达惊慌; 巴比伦的神像都蒙羞, 它的偶像都惊慌。’

3 因为有一个国家从北方来攻击它, 使它的地荒凉; 没有人在那里居住, 人畜都逃跑无踪。

4 到那些日子、那时候(这是耶和华的宣告), 以色列人必和犹大人一同来, 边走边哭, 要寻找耶和华他们的 神。

5 他们要询问往锡安的路, 又面向锡安, 说: ‘来吧! 我们要以那永不可忘记的约与耶和华连合。’

6 我的子民成了迷失的羊, 他们的牧人使他们走错了路, 使他们在山上徘徊; 他们从大山走到小山, 忘记了他们安歇之处。

7 所有遇见他们的都吞吃他们; 他们的敌人说: ‘我们没有罪, 因为他们得罪了耶和华, 那真正的居所; 耶和华是他们列祖的盼望。’

8 我的子民哪! 你们要从巴比伦中间逃跑, 从迦勒底人的地出来; 要像公山羊走在羊群前面。

9 因为, 看哪! 我必激动强国从北方之地联群而来, 攻击巴比伦; 他们要列阵攻打巴比伦; 巴比伦就必被攻取。他们的箭必像善战的勇士, 不会空手而回。

10 迦勒底必成为掠物, 掳掠它的都必心满意足。"这是耶和华的宣告。

11 "抢夺我产业的啊! 你们虽然欢喜快乐, 像踹谷的小牛跳跃, 像雄壮的马嘶叫;

12 但你们的母亲必极度羞愧, 生你们的必受耻辱。看哪! 她要在列国中沦为最弱小的, 成为旷野、旱地、沙漠。"

13 因耶和华的烈怒, 巴比伦必没有人居住, 完全荒废; 每一个住过巴比伦的, 都必因这地遭受的一切创伤而惊骇, 并且嗤笑它。

14 所有拉弓的啊! 你们要在巴比伦四围列阵; 射箭攻击它, 不要吝啬箭枝, 因为它得罪了耶和华。

15 你们要在它的四周吶喊攻击它; 它投降了, 它城墙的支柱倒塌了, 它的城墙拆毁了。因为这是耶和华的报复; 你们要向巴比伦报复, 它怎样待人, 你们也要怎样待它。

16 你们要把播种的, 和在收割的时候手持镰刀的, 都从巴比伦剪除; 因为欺压者的刀剑, 他们各人必归回自己的本族, 各自逃回自己的故乡。

17 以色列是被赶散的羊, 它被狮子赶逐。先是亚述王把它吞灭, 现在巴比伦王尼布甲尼撒要咬碎它的骨头。

18 因此, 万军之耶和华 神这样说: "看哪! 我必惩罚巴比伦王和他的国土, 像我以前惩罚亚述王一样,

19 我必领以色列回到它的牧场, 它必在迦密和巴珊吃草, 又在以法莲山地和基列地吃得饱足。

20 到那些日子, 那时候, 人要寻查以色列的罪孽, 却无所发现; 要查究犹大的罪恶, 却一无所见; 因为我必赦免我留下的那些人。"这是耶和华的宣告。

21 "你们要攻击米拉大翁的地, 上去攻击她, 又攻击比割的居民, 屠杀他们, 把他们彻底消灭, 照着我吩咐你们的一切执行。"这是耶和华的宣告。

22 境内有战争的声音, 和极大的毁灭。

23 击打全地的大锤, 怎么被砍断毁掉! 巴比伦在列国中, 怎么成了令人惊骇的对象呢!

24 "巴比伦哪! 我设下网罗捉拿你, 你被捉住, 仍不自觉; 你被发现, 也被抓住, 因为你和耶和华争斗。"

25 耶和华打开了自己的军械库, 拿出他忿怒的武器; 因为主万军之耶和华在迦勒底人的地有事要作。

26 你们要从四面八方攻击巴比伦, 打开它的谷仓, 把它堆起来好像堆谷物一样; 把它彻底消灭, 什么都不留下。

27 要击杀它所有的公牛, 使他们下去被屠杀! 他们有祸了! 因为他们的日子, 就是他们受惩罚的时候, 来到了。

28 听哪! 从巴比伦的地逃出得以脱险的人, 在锡安述说耶和华我们 神的报复, 就是为他的殿而施行的报复。

29 "要召集弓箭手去攻击巴比伦, 要召集所有拉弓的; 要在巴比伦的四围安营攻击它, 不容一人逃脱。要照着它的所作所为报应它, 它怎样待人, 你们也要怎样待它; 因它狂傲地敌对耶和华, 与以色列的圣者为敌。

30 所以, 它的年轻人必仆倒在它的街道上, 到那一天, 它所有的战士都必被消灭。"这是耶和华的宣告。

31 "傲慢的人哪! 我必敌对你(这是主万军之耶和华的宣告), 因为你的日子, 就是我惩罚你的时候, 来到了。

32 那傲慢的必绊跌仆倒, 没有人扶他起来; 我必在他的城镇中放火, 吞灭他四围的一切。"

33 万军之耶和华这样说: "以色列人被压迫, 犹大人也一样受到欺压; 所有俘掳他们的都紧紧抓住他们, 不肯释放他们。

34 但他们的救赎主大有能力, 万军之耶和华是他的名; 他必认真地为他们的案件申辩, 好使那地得到安宁, 却使巴比伦的居民惶乱不安。

35 刀剑必攻击迦勒底人, 攻击巴比伦的居民, 攻击它的领袖和智慧人。"这是耶和华的宣告。

36 "刀剑必攻击胡说八道的假先知, 他们必变成愚昧; 刀剑必攻击它的勇士, 他们必惊惶失措;

37 刀剑必攻击它的马匹和战车, 攻击它境内所有外族的人, 他们必像妇女一样柔弱; 刀剑必攻击它的一切宝库, 它们必被抢掠;

38 刀剑("刀剑"按照《马索拉抄本》应作"干旱"; 现参照《七十士译本》翻译)必攻击它的河流, 它们必干涸; 因为这是偶像的地, 人必因可怕的偶像迷失本性。

39 旷野的走兽和豺狼必住在那里, 鸵鸟也必住在其中; 那地永远再没有人居住, 世世代代不再有人住在那里,

40 就像 神倾覆的所多玛、蛾摩拉, 和它们邻近的城镇一样; 必没有人住在那里, 也必没有人在那里寄居。"这是耶和华的宣告。

41 "看哪! 有一个民族从北方而来, 有一大国和许多君王被激动, 从地极来到。

42 他们紧握弓和枪, 性情残忍, 毫无怜悯; 他们的声音像海洋怒吼; 巴比伦的居民哪! 他们骑着战马, 在战场上如同一人, 列阵攻击你们。

43 巴比伦王听了有关他们的消息, 手就发软; 痛苦紧紧抓住他, 他疼痛好像正在生产的妇人。

44 看哪! 狮子怎样从约旦河边的丛林走上来, 攻击常绿的牧场, 照样, 我必在眨眼之间把巴比伦赶走, 使它离开这地; 谁蒙拣选, 我就派谁治理这地。谁能和我相比呢?谁可以把我传来审讯呢?哪一个牧人能在我面前站立得住呢?"

45 因此, 你们要听耶和华筹谋对付巴比伦的计划, 和他为了攻击迦勒底人的地所定下的策略。他们羊群中最小的也必被拉去, 他们的牧场也必因临到它们的灾祸而荒废。

46 因巴比伦陷落的响声, 地就震动; 列国都听见它的哀叫声。