1 Verder het die woord van die HERE vir die tweede keer tot Jeremia gekom, terwyl hy nog opgesluit was in die voorhof van bewaking, en gesê:
2 So spreek die HERE wat dit doen, die HERE wat dit formeer om dit te bevestig, HERE is sy Naam:
3 Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
4 Want so sê die HERE, die God van Israel, met betrekking tot die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Juda wat omgegooi is as verdediging teen die walle en die swaard --
5 hulle kom wel om te veg teen die Chaldeërs, maar dit is om die huise te vul met die lyke van mense wat Ek verslaan het in my toorn en in my grimmigheid en oor al die boosheid van diegene om wie Ek my aangesig vir hierdie stad verberg het.
6 Kyk, Ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar 'n oorvloed van duursame vrede.
7 En Ek sal die lot van Juda en die lot van Israel verander en hulle bou soos tevore.
8 En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het.
9 En die stad sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys.
10 So spreek die HERE: In hierdie plek waarvan julle sê: Dit is woes, sonder mens en sonder dier -- in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem wat verwoes is, sonder mens en sonder inwoner en sonder dier, sal weer gehoor word
11 die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! -- van die wat 'n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die HERE.
12 So spreek die HERE van die leërskare: In hierdie plek wat woes is, sonder mens of dier, en in al die stede daarvan sal weer 'n weiveld vir die herders wees wat troppe kleinvee laat lê en rus.
13 In die stede van die Gebergte, in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland en in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda sal die troppe kleinvee weer by die teller verbygaan, sê die HERE.
14 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda.
15 In die dae en in die tyd sal Ek vir Dawid 'n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land.
16 In die dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
17 Want so sê die HERE: Daar sal vir Dawid nie 'n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel nie;
18 en daar sal vir die Levitiese priesters nooit voor my aangesig 'n man ontbreek wat altyddeur brandoffers bring en spysoffers aan die brand steek en slagoffers berei nie.
19 En die woord van die HERE het tot Jeremia gekom en gesê:
20 So spreek die HERE: As julle my verbond met die dag en my verbond met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie,
21 dan sal ook my verbond met Dawid, my kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Leviete, die priesters, my dienaars.
22 Soos die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek vermenigvuldig die nageslag van my kneg Dawid, en die Leviete wat My dien.
23 Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê:
24 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, die het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.
25 So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie,
26 dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.
1 耶利米还监禁在卫兵院子里的时候, 耶和华的话第二次临到他, 说:
2 "那创造、塑造和坚定大地的是耶和华, 耶和华是他的名。他这样说:
3 ‘你呼求我, 我就应允你, 并且把你所不知道的那些伟大奥秘的事告诉你。’
4 论到这城里的房屋和犹大王的宫殿, 就是为了抵挡敌人的攻城土垒和刀剑而拆毁的, 耶和华以色列的 神这样说:
5 ‘这城的居民出去和迦勒底人争战, 就必使这些房屋充满死尸, 就是我在怒气和烈怒中击杀的。因为他们的一切恶行, 我掩面不顾这城。
6 看哪! 我必使这城的伤口痊愈康复, 我必医治城中的居民, 并且使他们享有十分的平安和稳妥。
7 我必使犹大被掳的和以色列被掳的都归回, 并且建立他们像起初一样。
8 我必洁净他们得罪我的一切罪孽, 并且赦免他们得罪我和悖逆我的一切罪孽。
9 这城必在地上万国面前使我得名声, 得喜乐("得名声, 得喜乐"按照《马索拉抄本》应作"得喜乐的名声"; 现参照《七十士译本》翻译), 得颂赞, 得荣耀, 因为万国必听见我向这城的人所施的一切福乐。他们因我向这城所施的一切福乐和平安, 就都恐惧战兢。’
10 "耶和华这样说: ‘论到这地方, 你们说: "这地荒废, 没有人烟, 也没有牲畜。"但在这荒凉、没有人烟、没有居民、也没有牲畜的犹大各城和耶路撒冷的街上, 必再听见
11 欢喜和快乐的声音, 新郎和新妇的声音; 还要听见那些带着感恩祭到耶和华殿的人的声音说: "你们要称谢万军之耶和华, 因为耶和华是至善的, 他的慈爱永远长存。"因为我必使这地被掳的归回, 像起初一样。’"这是耶和华说的。
12 "万军之耶和华这样说: ‘在这荒废、没有人烟、没有牲畜的地方, 和这地所有城中, 必再有牧人放羊的牧场。
13 在山地、高地和南地的各城, 在便雅悯地, 在耶路撒冷周围的各处, 以及在犹大的各城里, 必再有牧人数点经过手下的羊群。’"这是耶和华说的。
14 "看哪! 日子快到(这是耶和华的宣告), 我必实践我向以色列家和犹大家应许赐福的诺言。
15 在那些日子、那时候, 我必使大卫公义的苗裔长起来; 他必在地上施行公正和公义。
16 在那些日子, 犹大必得救, 耶路撒冷必安然居住; 这城必被称为‘耶和华是我们的公义’。
17 因为耶和华这样说: ‘大卫家必不断有人坐在以色列家的王位上。
18 利未人的祭司也必不断有人在我面前献上燔祭和烧素祭; 献祭的事永不止息。’"
19 耶和华说的话临到耶利米, 说:
20 "耶和华这样说: ‘你们若能废掉我所立白昼和黑夜的约, 使白昼和黑夜不按时更替,
21 就能废掉我和我仆人大卫所立的约, 使他没有儿子在他的王位上作王; 也能废掉我和那些事奉我的利未支派的祭司所立的约。
22 我却必使我仆人大卫的后裔和事奉我的利未人增多, 像天上的万象不能数算、海边的沙粒不能斗量。’"
23 耶和华的话临到耶利米, 说:
24 "你没有留意列国的人民说什么吗?他们说: ‘耶和华所拣选的这两个家族, 他已经弃绝了。’他们藐视我的子民, 不再把他们看为一个国家。
25 耶和华这样说: ‘我若没有设立白昼和黑夜的约, 或立定天地的定律,
26 我就会弃绝雅各的后裔, 和我仆人大卫的后裔, 不从大卫的后裔中选人出来统治亚伯拉罕、以撒和雅各的后裔。我却必使他们被掳的人归回, 也必怜悯他们。’"