1 So het die HERE vir my gesê: Gaan koop vir jou 'n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie.
2 En ek het die gord gekoop volgens die woord van die HERE en dit om my heupe gebind.
3 Toe het die woord van die HERE vir die tweede keer tot my gekom en gesê:
4 Neem die gord wat jy gekoop het, wat om jou heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in 'n klipskeur.
5 Daarop het ek gegaan en dit weggesteek by die Eufraat, soos die HERE my beveel het.
6 En n verloop van baie dae het die HERE vir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.
7 Daarop het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en kyk, die gord het bederf, dit was waardeloos.
8 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
9 So spreek die HERE: So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en die van Jerusalem, wat so groot is.
10 Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig -- hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos is.
11 Want soos die gord kleef aan die heupe van 'n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe, spreek die HERE, om vir My te wees 'n volk en 'n roem en 'n lof en 'n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.
12 Sê verder aan hulle hierdie woord: So spreek die HERE, die God van Israel: Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal hulle vir jou sê: Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word nie?
13 Maar jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfs die konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.
14 En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die ander, die vaders en die kinders almal saam, spreek die HERE. Ek sal nie spaar of verskoon of My ontferm nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.
15 Luister en merk op; verhef julle nie, want die HERE het gespreek!
16 Gee eer aan die HERE julle God voordat Hy dit donker laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die skemering; terwyl julle wag op lig, maar Hy dit doodskaduwee maak, in donkerheid verander.
17 Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van die HERE as gevangenes weggevoer is.
18 Sê aan die koning en aan die gebiedster: Gaan baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het geval.
19 Die stede van die Suidland is toegesluit, en niemand maak oop nie; Juda is in ballingskap weggevoer gans en al, weggevoer volkome!
20 Hef jou oë op, en aanskou die wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee?
21 Wat sal jy sê wanneer Hy as hoof oor jou aanstel diegene wat jy self geleer het om jou vertroude vriende te wees? Sal weë jou nie aangryp soos van 'n barende vrou nie?
22 As jy dan in jou hart sê: Waarom het hierdie dinge my oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheid is jou slippe opgetel, het jou hakskene gely onder geweld.
23 Kan 'n Kusiet sy vel verander of 'n luiperd sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is om kwaad te doen.
24 Daarom sal Ek hulle verstrooi soos 'n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn.
25 Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek die HERE, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.
26 So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou aangesig, sodat jou skande gesien word.
27 Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery -- op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
1 耶和华这样对我说: "你去为自己买一根麻布腰带, 束在腰上, 但不要把它放在水中。"
2 我就照着耶和华的话, 买了一根腰带, 束在腰上。
3 耶和华的话第二次临到我, 说:
4 "拿你买来束在腰上的腰带, 起来, 往幼发拉底河去, 把腰带藏在那里的岩石缝中。"
5 我就照着耶和华所吩咐我的, 去把腰带藏在幼发拉底河那里。
6 过了多日, 耶和华对我说: "起来, 往幼发拉底河去, 把我吩咐你藏在那里的腰带取出来。"
7 于是我往幼发拉底河去, 在那里挖掘, 把腰带从我埋藏的地方取出来; 看哪! 腰带已经腐烂了, 完全没用了。
8 那时, 耶和华的话临到我, 说:
9 "耶和华这样说: ‘我必照样败坏犹大的尊荣和耶路撒冷极大的尊荣。
10 这邪恶的人民, 不肯听从我的话, 他们随着自己顽梗的心行事, 随从别的神, 事奉敬拜他们; 所以他们必像这根腰带, 毫无用处。
11 因为腰带怎样紧贴着人的腰, 我也曾怎样使以色列全家和犹大全家紧贴着我, 好使他们作我的子民, 叫我得名声, 得赞美, 得荣耀; 可是他们却不听从。’"这是耶和华的宣告。
12 "你要对他们说这话: ‘耶和华以色列的 神这样说: 每一个酒瓶都要盛满酒。’如果他们对你说: ‘难道我们不清楚知道每一个酒瓶都要盛满酒吗?’
13 你就要对他们说: ‘耶和华这样说: 看哪! 我要使这地所有的居民, 就是那些坐大卫王位的君王, 以及祭司、先知和耶路撒冷所有的居民, 都完全醉倒。
14 我要使他们彼此碰撞, 连父子也要互相碰撞; 我必不爱惜、不可怜, 也不怜悯他们, 我必把他们灭绝。’"这是耶和华的宣告。
15 你们要听, 要留心听, 不要骄傲; 因为是耶和华说的。
16 耶和华你们的 神还没有使黑暗临到以前, 你们的脚还没有在昏暗的山上绊倒之前, 你们要把荣耀归给他。你们期待光明, 他却把光明变为死荫, 使光明变成黝黑。
17 如果你们不听从, 我必因你们的骄傲暗暗哭泣; 我的眼必痛哭流泪, 因为耶和华的羊群被掳去了。
18 你要对君王和太后说: "你们应从宝座下来, 因为华丽的冠冕已经从你们的头上脱下来了。"
19 南地的城市已被围困, 没有人能解围; 整个犹大都被掳走, 全被掳去了。
20 耶路撒冷啊! 你要举目观看那些从北方来的人。从前交给你的羊群, 就是你引以为荣的群羊, 现今在哪里呢?
21 耶和华立你自己结交("结交"原文作"教导")的盟友为首领管辖你, 那时, 你还有什么话说呢?痛苦岂不把你抓住, 好像妇女生产时的痛苦一样吗?
22 如果你心里问: "这些事为什么发生在我身上呢?"这是由于你极大的罪孽; 你的袍子被掀起, 你的下体("下体"原文作"脚跟")暴露出来。
23 古实人怎能改变他的肤色?花豹怎能改变它的斑点?你们这些惯作坏事的人, 又怎能行善呢?
24 "因此, 我要使你们("你们"原文作"他们")四散, 像被旷野的风吹走的碎秸一样。
25 这是你应得的, 是我量给你的分。"这是耶和华的宣告。"因为你忘记了我, 去倚靠虚假的偶像;
26 所以, 我必把你的袍子掀到你的脸上, 使人看见你的丑态。
27 你的奸淫, 你淫荡的叫声, 你邪淫的恶行, 在山上, 在田野间, 你那些可憎的事我都看见了。耶路撒冷啊, 你有祸了! 你这样不洁净要到几时呢?"