1 Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE.
2 Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Julle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE.
3 En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.
4 En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek die HERE.
5 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.
6 In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
7 Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie,
8 maar: So waar as die HERE leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.
9 Wat die profete betref -- my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos 'n dronk man en soos 'n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde.
10 Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg.
11 Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE.
12 Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.
13 Ek het wel by die profete van Samar¡a aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Ba„l en verlei my volk Israel;
14 maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.
15 Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wilde-als eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan.
16 So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die HERE nie.
17 Hulle sê gedurig aan my veragters: Die HERE het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie.
18 Want wie het in die raad van die HERE gestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor? Wie het sy woord beluister en gehoor?
19 Kyk, 'n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ja, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
20 Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.
21 Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop; Ek het nie met hulle gespreek nie, tog het hulle geprofeteer.
22 Maar as hulle in my raad gestaan het, moet hulle my volk my woorde laat hoor en hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die boosheid van hul handelinge.
23 Is Ek 'n God van naby, spreek die HERE, en nie 'n God van ver nie?
24 Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE.
25 Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom!
26 Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart --
27 is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl?
28 Die profeet by wie 'n droom is, laat hom 'n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die HERE.
29 Is my woord nie so, soos 'n vuur, spreek die HERE, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?
30 Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat my woorde steel, die een van die ander.
31 Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek!
32 Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.
33 As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die HERE gelas? -- dan moet jy vir hulle sê: Julle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die HERE.
34 En wat betref die profeet of die priester of die volk wat sê: Die HERE het gelas -- oor die man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.
35 So moet julle sê, elkeen vir sy naaste en elkeen vir sy broer: Wat het die HERE geantwoord? En wat het die HERE gespreek?
36 Maar van: die HERE het gelas -- mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: dat julle verdraai die woorde van die lewende God, van die HERE van die leërskare, onse God.
37 So moet jy aan die profeet sê: Wat het die HERE jou geantwoord? En wat het die HERE gespreek?
38 Maar as julle sê: Die HERE het gelas -- daarom, so spreek die HERE: Omdat julle hierdie woord sê: Die HERE het gelas -- alhoewel Ek na julle gestuur het met die woorde: Julle mag nie sê: Die HERE het gelas nie --
39 daarom, kyk, Ek sal julle sekerlik ophef en julle, saam met die stad wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, van my aangesig af wegwerp;
40 en Ek sal julle 'n ewige smaad oplê en 'n ewige skande wat nie vergeet sal word nie.
1 "那些残杀和赶散我牧场上的羊群的牧人, 有祸了! "这是耶和华的宣告。
2 因此, 耶和华以色列的 神论到牧养他("他"原文作"我")子民的牧人这样说: "你们使我的羊群四散, 把它们赶走, 并没有看顾它们; 看哪! 我必因你们的恶行惩罚你们。"这是耶和华的宣告。
3 "我要亲自把我羊群中余剩的, 从我把它们赶逐到的各地, 招聚出来, 领它们归回自己的羊圈, 使它们繁殖增多。
4 我要兴起牧人, 牧养它们; 它们必不再恐惧惊慌, 一个也不会失掉。"这是耶和华的宣告。
5 "看哪! 日子快到(这是耶和华的宣告), 我必给大卫兴起一个公义的苗裔; 他必执政为王, 行事有智慧, 在地上施行公正和公义。
6 在他执政的日子, 犹大必得救, 以色列也必安然居住。人要称他的名字为‘耶和华我们的义’。"
7 "因此, 看哪! 日子快到(这是耶和华的宣告), 人不再指着那领以色列人从埃及地上来的永活的耶和华起誓,
8 却要指着那领以色列家的后裔从北方之地、从他("他"原文作"我")把他们赶逐到的各地上来的、永活的耶和华起誓。他们就必住在自己的地方。"
9 论到那些先知, 我的心在我里面破碎, 我全身的骨头都发抖。因为耶和华的缘故, 又因为他的圣言的缘故, 我就像一个醉酒的人, 像一个被酒灌醉的人。
10 因为这地满了行淫的人; 因受咒诅, 地就悲哀, 旷野的草场都枯干了; 他们走的路是邪恶的, 他们的权力误用了。
11 "先知和祭司都不敬虔, 甚至在我殿里我也看见他们的邪恶。"这是耶和华的宣告。
12 "因此, 他们的路必像滑地; 他们必被赶逐到黑暗中, 必在那里仆倒。因为到了惩罚他们的年日, 我必使灾祸临到他们。"这是耶和华的宣告。
13 "在撒玛利亚的先知中, 我看见可厌的事: 他们竟奉巴力的名说预言, 使我的子民以色列走错了路。
14 在耶路撒冷的先知中, 我看见可怕的事。他们犯奸淫, 行事虚假, 坚固恶人的手, 以致没有人离弃恶行; 在我看来, 他们都像所多玛人, 耶路撒冷的居民也像蛾摩拉人一样。"
15 因此, 论到这些先知, 万军之耶和华这样说: "看哪! 我必使他们吃苦堇, 喝毒水, 因为有不敬虔的风气, 从耶路撒冷的先知中散播出来, 遍及全地。"
16 万军之耶和华这样说: "不要听从这些向你们说预言的先知所说的话, 他们使你们存有虚幻的希望; 他们所讲的异象是出于自己的心思, 不是出于耶和华的口。
17 他们不断对那些藐视我的人说: ‘耶和华说: 你们必平安无事! ’又对所有随从自己顽梗的心行事的人说: ‘灾祸必不临到你们! ’"
18 可是他们中间有谁曾参与耶和华的议会, 看见或听见他的话呢?有谁曾留心听他的话而实在听见呢?
19 看哪! 耶和华的旋风, 在震怒中发出, 是旋转的狂风, 必卷到恶人的头上。
20 耶和华的怒气必不转消, 直到他作成和实现他心中的计划。在末后的日子, 你们就会完全明白这事。
21 "我没有差派这些先知, 但他们自己到处跑; 我没有对他们说话, 他们竟擅自说预言。
22 如果他们曾参与我的议会, 就必向我的子民宣告我的信息, 使他们转离他们的恶道, 离开他们的恶行。
23 难道我只是近处的 神吗?不也是远处的 神吗?"这是耶和华的宣告。
24 "人怎能躲藏在隐密处, 以致我看不见他呢?(这是耶和华的宣告)。我岂不是充满天地吗?"这是耶和华的宣告。
25 "那些先知所说的话我都听见了, 他们冒我的名说虚假的预言: ‘我作了梦! 我作了梦! ’
26 那些先知心里存着这样的意念要到几时呢?他们说虚假的预言, 说出自己心中的诡诈;
27 他们以为借着互相传述自己的梦, 就可以使我的子民忘记我的名, 好像他们的列祖因巴力忘记了我的名一样。
28 作了梦的先知, 让他把梦述说出来; 但得了我话语的先知, 该忠实地传讲我的话。禾秆怎能和麦子相比呢?"这是耶和华的宣告。
29 "我的话不是像火, 不是像能打碎岩石的大锤吗?"这是耶和华的宣告。
30 "所以, 看哪! 那些先知互相偷取对方的话, 当作我的话, 我要对付他们。"这是耶和华的宣告。
31 "看哪! 那些先知用自己的舌头说: ‘这是耶和华的宣告’, 我要对付他们。"这是耶和华的宣告。
32 "看哪! 那些借虚假的梦说预言的, 我要对付他们。"这是耶和华的宣告。"他们述说这些梦, 以虚谎和夸张的话使我的子民走错了路。我没有差派他们, 也没有吩咐他们; 他们对这人民毫无益处。"这是耶和华的宣告。
33 "如果这人民、或先知、或祭司问你说: ‘耶和华有什么默示呢?’你要回答他们: ‘你们就是重担("你们就是重担"按照《马索拉抄本》应作: "什么默示?"现参照《七十士译本》翻译。"重担"和"默示"原文是同一个字), 我要丢弃你们。’"这是耶和华的宣告。
34 "无论是先知、是祭司, 或是人民, 凡说‘这是耶和华的默示’的, 我都要惩罚那人和他的家。"
35 你们各人对自己的邻舍, 对自己的兄弟要这样说: "耶和华回答了什么?耶和华说了什么?"
36 你们不可再提耶和华的默示, 你们各人所说的话将成为自己的重担; 因为你们曲解永活的 神万军之耶和华我们 神的话了。
37 你们要对 神的先知("你们要对 神的先知"或译: "耶利米啊, 你要对那些先知")说: "耶和华回答了你什么?耶和华说了什么呢?"
38 如果你们仍说: "这是耶和华的默示", 耶和华就必这样说: "你们既然说‘这是耶和华的默示’这句话, 而我又曾差派人去告诉你们不可再说‘这是耶和华的默示’;
39 因此, 看哪! 我必把你们当作重担举起来("我必把你们当作重担举起来"或译: "我必定忘记你们"), 把你们连同我赐给你们和你们列祖的城都从我面前丢弃。
40 我必使你们蒙受永远的凌辱、永远的羞耻, 是不能忘记的。"