1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
2 Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek die HERE: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in 'n onbesaaide land.
3 Israel was vir die HERE 'n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die HERE.
4 Hoor die woord van die HERE, huis van Jakob, en alle geslagte van die huis van Israel!
5 So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?
6 En hulle het nie gesê nie: Waar is die HERE wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in 'n land van wildernis en kuile, in 'n land van droogte en doodskaduwee, in 'n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?
7 En Ek het julle gebring in 'n land van tuine, om die vrugte en die goeie daarvan te eet; maar toe julle inkom, het julle my land verontreinig en my erfenis 'n gruwel gemaak.
8 Die priesters het nie gesê: Waar is die HERE nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Ba„l en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.
9 Daarom sal Ek nog met julle twis, spreek die HERE; en met julle kindskinders sal Ek twis.
10 Want gaan oor na die eilande van die Kittiërs, en kyk; en stuur na Kedar, en gee daar goed ag op; en kyk of so iets gebeur het:
11 of 'n nasie sy gode verruil -- wat nie eers gode is nie. Maar my volk het sy heerlikheid verruil vir wat geen voordeel bring nie.
12 Verbaas julle hieroor, o hemele, en huiwer, verstyf heeltemal van skrik, spreek die HERE.
13 Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.
14 Is Israel 'n dienskneg? Of is hy 'n bediende wat in die huis gebore is? Waarom het hy dan 'n buit geword?
15 Die jong leeus het oor hom gebrul, hulle het hul stem laat hoor en van sy land 'n woesteny gemaak; sy stede is verwoes, sonder inwoner.
16 Ook skeer die kinders van Nof en T gpanhes jou die hoofskedel kaal.
17 Het jou verlating van die HERE jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?
18 Wat het jy dan nou te doen met die pad na Egipte, om die water van die Nyl te drink? En wat het jy te doen met die pad na Assur, om die waters van die Eufraat te drink?
19 Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die HERE jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die HERE van die leërskare.
20 Want van ouds af het jy jou juk verbreek, jou stroppe stukkend geruk. En jy het gesê: Ek sal nie dien nie; want op elke hoë heuwel en onder elke groen boom gaan jy lê om te hoereer.
21 Nogtans het Ek jou geplant as 'n edele wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van 'n vreemde wingerdstok!
22 Want al sou jy jou was met loog en baie seep vir jou neem, tog bly jou ongeregtigheid 'n vlek voor my aangesig, spreek die Here HERE.
23 Hoe kan jy sê: Ek is nie verontreinig nie; ek het nie agter die Ba„ls aan geloop nie? Kyk jou weg in die dal; weet wat jy gedoen het, jou vinnige jong kameelkoei wat rond hardloop!
24 'n Wilde-eselin, gewend aan die woestyn, wat in haar heftige begeerte die wind opsnuiwe -- haar hittigheid, wie sal dit keer? Almal wat haar soek, hoef hulle nie te vermoei nie; in haar maand sal hulle haar kry.
25 Hou jou voet terug, dat dit sy skoen nie verloor nie; en jou keel, dat dit nie dors word nie. Maar jy sê: Dit is tevergeefs, nee; want ek het vreemdes lief en sal agter hulle aan loop.
26 Soos 'n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,
27 wat vir 'n stuk hout sê: Jy is my vader; en vir 'n klip: Jy het my gebaar. Want hulle het My die rug toegekeer en nie die aangesig nie. Maar in die tyd van hulle onheil sê hulle: Staan op en verlos ons!
28 Waar is dan jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle opstaan as hulle jou kan verlos in die tyd van jou onheil; want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda!
29 Waarom twis julle met My? Julle almal het teen My oortree, spreek die HERE.
30 Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; hulle het geen tugtiging aangeneem nie; julle swaard het julle profete verslind soos 'n verskeurende leeu.
31 o Geslag, verneem die woord van die HERE! Het Ek vir Israel 'n woestyn geword of 'n land van duisternis? Waarom sê my volk dan: Ons swerf vry rond, ons sal nie meer na U toe kom nie?
32 Kan 'n jonkvrou haar versiersel vergeet, 'n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.
33 Hoe goed kry jy jou pad om liefde te soek! Daarom het jy ook jou weë aan die slegte dinge gewend gemaak.
34 Ook is aan jou some die bloed gevind van die siele van onskuldige armes; nie by 'n plek waar ingebreek is, het Ek dit gevind nie, maar by hierdie almal.
35 Nogtans het jy gesê: Ek is tog onskuldig; gewis het sy toorn hom van my afgewend. Kyk, Ek sal met jou na die gereg gaan, omdat jy sê: Ek het nie gesondig nie.
36 Wat loop jy so baie weg om jou pad te verander? Jy sal ook deur Egipte in die skande kom soos jy deur Assur in die skande gekom het.
37 Ook daarvan sal jy uitgaan met jou hande op jou hoof; want die HERE het hulle verwerp op wie jy vertrou, en jy sal met hulle geen voorspoed hê nie.
1 耶和华的话临到我, 说:
2 "你去在耶路撒冷人的耳中呼叫, 说: ‘耶和华这样说: 你年轻时的恩爱, 新婚时的爱情, 你怎样在旷野、在未曾耕种之地跟从我, 我都记得。
3 那时, 以色列归耶和华为圣, 作他初熟的土产。吞吃她的, 都算为有罪, 灾祸必临到他们。’"这是耶和华的宣告。
4 雅各家啊! 以色列家的各族啊! 你们要听耶和华的话。
5 耶和华这样说: "你们列祖在我身上究竟发现了什么不义, 使他们远离我, 随从虚无的偶像, 自己也成了虚妄呢?
6 他们也不问: ‘那领我们从埃及地上来, 引导我们走过旷野, 走过荒漠有深坑之地、干旱死荫之地、无人经过、无人居住之地的耶和华在哪里呢?’
7 我领你们进入这肥美之地, 得吃其中的果子和美物; 可是你们一进来, 就玷污了我的地; 你们使我的产业成为可憎恶的。
8 众祭司都不问: ‘耶和华在哪里?’律法师不认识我, 官长悖逆我, 先知奉巴力的名说预言, 跟从那无益的偶像。
9 因此, 我要再跟你们争辩, 也要跟你们的子孙争辩。"这是耶和华的宣告。
10 "你们尽管过到基提海岛察看, 派人去基达仔细查考, 看看曾有这样的事没有。
11 有哪一国把自己的神换掉呢?其实那些并不是神。我的子民竟把他们的荣耀, 换了无益的偶像。
12 诸天哪! 你们要因此震惊, 要大大战栗, 极其凄凉。"这是耶和华的宣告。
13 "因为我的子民作了两件恶事, 就是离弃了我这活水的泉源, 为自己凿了池子, 是破裂不能存水的池子。
14 "以色列岂是奴隶, 或是在家中生的奴仆呢?为什么竟成了掠物呢?
15 幼狮都向他咆哮, 大声吼叫, 使他的地荒凉, 城中破毁, 无人居住。
16 挪弗人和答比匿人也剃光了你的头顶。
17 你这不是自作自受吗?耶和华你的 神在路上引导你时, 你却离弃了他。
18 现在, 你为什么要到埃及去, 喝西曷的水呢?你为什么要到亚述去, 喝幼发拉底河的水呢?
19 你自己的罪恶要惩罚你, 你背道的事必责备你。你当知道, 也要明白, 离弃耶和华你的 神, 没有畏惧我的心, 是邪恶的, 是痛苦的。"这是主万军之耶和华的宣告。
20 "你从古时就折断了自己的轭, 解开了自己的绳索, 说: ‘我不事奉你了。’你在每个高冈上, 在每棵繁茂树下, 蹲伏行淫。
21 我栽你时原是上等的葡萄树, 是绝对纯种的; 你怎么在我面前变为坏枝子, 成了野葡萄呢?
22 你虽然用碱洗涤, 多加肥皂, 你罪孽的污渍仍留在我面前。"这是主耶和华的宣告。
23 "你怎么能说: ‘我没有玷污自己, 未曾跟从过巴力’呢?看看你在谷中的行径, 想想你所作过的! 简直像快捷的小雌驼, 在路上乱闯;
24 又像惯在旷野的野驴, 欲心一起就喘气, 它春情发动, 谁能抑制它呢?寻找它的都不必费力, 在它的交配期间, 必能找到它。
25 不要使你的脚赤露, 你的喉咙干渴! 你却说: ‘没用的! 因为我爱外族人的神, 我要跟从他们! ’
26 "贼被捉拿时怎样羞愧, 以色列家和他们的君王、领袖、祭司和先知, 也都怎样羞愧。
27 他们对木头说: ‘你是我爸爸’; 对石头说: ‘你是生我的’。他们以背向我, 不以脸向我; 然而遭遇患难时却说: ‘起来, 救救我们吧! ’
28 你为自己所做的神在哪里?你遭遇患难时, 如果他们能救你, 就让他们起来吧! 犹大啊! 你的城有多少, 你的神也有多少!
29 你们为什么跟我争辩呢?你们都悖逆了我! "这是耶和华的宣告。
30 "我责打你们的儿女也是没用, 因为他们不受管教。你们的刀剑, 像灭命的狮子吞噬你们的先知。
31 这世代的人哪! 你们要注意耶和华的话: ‘对以色列人来说, 难道我是旷野, 或是黑暗的地方?我的子民为什么说: 我们自由了, 不再到你那里去了?
32 少女能忘记她的饰物吗?新妇能忘记她的华带吗?我的子民却忘记了我, 这些日子无法数算。
33 你多么通晓门路, 去寻求爱情! 就连坏女人, 你也可以把门路指教她们。
34 在你衣襟上又发现无辜穷人的血, 并且你不是发现他们在挖窟窿时杀他们的。虽然这样,
35 你还说: 我是无辜的, 他的怒气必已离开我。看哪! 我要审判你, 因为你曾说: 我没有犯罪!
36 你为什么要东奔西跑, 改变你的路向呢?你必因埃及蒙羞, 像你从前因亚述受辱一样。
37 你必双手抱头从埃及出来, 因为耶和华弃绝了你所倚靠的, 你靠他们必不能成功。’"