1 In die begin van die regering van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, het hierdie woord van die HERE gekom:
2 So sê die HERE: Gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE, en spreek tot al die stede van Juda wat kom om te aanbid in die huis van die HERE, al die woorde wat Ek jou beveel het om aan hulle te sê; laat geen woord weg nie.
3 Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.
4 Sê dan vir hulle: So spreek die HERE: As julle na My nie luister nie, om in my wet te wandel wat Ek julle voorgehou het,
5 om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle stuur, vroeg ,n laat, sonder dat julle geluister het,
6 dan sal Ek hierdie huis maak soos Silo, en hierdie stad sal Ek maak 'n vervloeking vir al die nasies van die aarde.
7 En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde hoor spreek in die huis van die HERE.
8 En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die HERE beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!
9 Waarom het jy in die Naam van die HERE geprofeteer en gesê: Hierdie huis sal soos Silo word, en hierdie stad sal verwoes word, sonder inwoner? En die hele volk het bymekaargekom teen Jeremia in die huis van die HERE.
10 Toe die vorste van Juda hierdie woorde hoor, het hulle uit die huis van die koning opgegaan na die huis van die HERE; en hulle het gaan sit by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die HERE.
11 En die priesters en die profete het met die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Hierdie man verdien die dood, want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het.
12 Maar Jeremia het al die vorste en die hele volk toegespreek en gesê: Die HERE het my gestuur om teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer al die woorde wat julle gehoor het.
13 Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van die HERE julle God; dan sal dit die HERE berou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het.
14 Maar ek, kyk, ek is in julle hand; maak met my soos dit goed en reg is in julle oë.
15 Maar weet verseker as julle my doodmaak dat julle onskuldige bloed bring op julleself en op hierdie stad en op sy inwoners; want die HERE het my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek.
16 Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van die HERE onse God.
17 Ook het daar manne opgestaan uit die oudstes van die land, en hulle het die hele vergadering van die volk toegespreek en gesê:
18 Miga, die Morastiet, het as profeet opgetree in die dae van Hisk¡a, koning van Juda, en met die hele volk van Juda gespreek en gesê: So spreek die HERE van die leërskare: Sion sal soos 'n land omgeploeg word, en Jerusalem sal puinhope word en die tempelberg bosrante.
19 Het Hisk¡a, koning van Juda, en die hele Juda hom ooit gedood? Het hy nie die HERE gevrees en die HERE om genade gesmeek, sodat dit die HERE berou het oor die onheil wat Hy teen hulle gespreek het nie? En ons is besig om ons siele 'n groot onheil te berokken!
20 En daar was ook 'n man wat in die Naam van die HERE geprofeteer het, Ur¡a, die seun van Sem ja, van Kirjat-Je rim; en hy het geprofeteer teen hierdie stad en teen hierdie land ooreenkomstig al die woorde van Jeremia.
21 Maar toe koning Jojakim en al sy helde en al die vorste sy woorde hoor, het die koning probeer om hom dood te maak. Maar Ur¡a het dit gehoor en bevrees geword en gevlug en in Egipte gekom.
22 Toe stuur koning Jojakim manne na Egipte, Âlnatan, die seun van Akbor, en manne saam met hom, na Egipte toe.
23 Di, het Ur¡a uit Egipte weggevoer en hom by die koning Jojakim gebring; en hy het hom met die swaard verslaan en sy lyk op die grafte van die gewone mense gegooi.
24 Maar die hand van Ah¡kam, die seun van Safan, het Jeremia beskerm, sodat hy nie oorgegee is in die hand van die volk om hom dood te maak nie.
1 犹大王约西亚的儿子约雅敬开始执政的时候, 有这话从耶和华那里临到耶利米, 说:
2 "耶和华这样说: ‘你要站在耶和华殿的院子里, 对来自犹大各城, 到耶和华殿敬拜的人, 把我吩咐你对他们说的一切话, 一字不漏告诉他们。
3 或者他们肯听从, 各人转离自己的恶道, 我就回心转意, 不把我因为他们的恶行原想要施行的灾祸, 降给他们。
4 你要对他们说: 耶和华这样说: 如果你们不听从我, 不遵行我设立在你们面前的律法,
5 不听从我差遣到你们那里去的我的仆人众先知的话(我不断差遣他们, 但你们一直都不听从),
6 我就必使这殿像示罗一样, 使这城成为地上列国咒诅的对象。’"
7 耶利米在耶和华殿里所说的这些话, 众祭司、众先知和众民都听见了。
8 耶利米说完了耶和华吩咐他对众民所说的一切话, 众祭司、众先知和众民就抓住他, 说: "你必要死!
9 你为什么奉耶和华的名预言, 说: ‘这殿必像示罗一样, 这城必变为荒场, 没有人居住呢?’"于是众民在耶和华的殿里集合到耶利米那里。
10 犹大的领袖听见了这些事, 就从王宫上到耶和华的殿, 坐在耶和华殿里新门的入口。
11 祭司和先知对领袖和众民说: "这人应该处死, 因为他说预言攻击这城, 正如你们亲耳听见的。"
12 耶利米对众领袖和众民说: "耶和华差遣我预言你们所听见, 一切攻击这殿和这城的话。
13 现在, 你们要改善你们所行所作的, 听从耶和华你们的 神的话, 耶和华就必回心转意, 不把所说的灾祸降给你们。
14 至于我, 我在你们手中; 你们看怎样好, 怎样对, 就怎样待我吧!
15 不过你们要确实知道, 如果你们杀死我, 就必使无辜的人的血归到你们和这城, 以及这城的居民头上, 因为耶和华实在差遣了我到你们中间, 把这一切话传到你们耳中。"
16 于是众领袖和众民对祭司和先知说: "这人不应该处死, 因为他奉耶和华我们 神的名对我们说话。"
17 那地的长老中有几个人起来, 对集合在场的全体人民说:
18 "在犹大王希西家的日子, 摩利沙人弥迦对犹大的众民说预言: ‘万军之耶和华这样说: 锡安要像田地被耕犁, 耶路撒冷必成为废墟, 这殿的山必变为杂树丛生的高冈。’
19 犹大王希西家和犹大众人可曾把他处死呢?希西家不是敬畏耶和华, 求他开恩, 以致耶和华回心转意, 没有把他所说的灾祸降在他们身上吗?但我们现在竟自招大祸。"
20 曾有一个人, 就是基列.耶琳人示玛雅的儿子乌利亚, 他奉耶和华的名说预言, 攻击这城和这地, 他的预言和耶利米所说的一样。
21 约雅敬王和他所有的勇士, 以及犹大的众领袖听见了乌利亚的话, 王就想要杀他。乌利亚听见了, 就惧怕, 就逃往埃及去。
22 约雅敬王打发人到埃及去, 就是派亚革波的儿子以利拿单和一些人同到埃及去。
23 他们就把乌利亚从埃及带出来, 送到约雅敬王那里。王用刀杀死他, 把他的尸体拋在平民的坟地里。
24 然而沙番的儿子亚希甘却保护耶利米, 不许人把耶利米交在人民的手中处死。