1 Die woord van die HERE wat aangaande die volke tot die profeet Jeremia gekom het.

2 Oor Egipte. Oor die leër van Farao Nego, die koning van Egipte, wat by die Eufraatrivier by K rkemis was, wat Nebukadr,sar, die koning van Babel, verslaan het in die vierde jaar van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda --

3 Hou die klein en die groot skild klaar, en kom aan na die geveg!

4 Span die perde in, en klim op, o ruiters! En staan reg, met die helms op; maak blink die spiese, trek die pantsers aan.

5 Waarom sien ek -- hulle is verslae, hulle wyk agteruit? Ja, hulle helde is verslaan en vlug al verder sonder om om te draai. Daar is skrik rondom, spreek die HERE.

6 Die wat gou is, kan nie ontvlug nie, en die held kan nie ontkom nie; teen die noorde, aan die kant van die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.

7 Wie is dit wat daar oprys soos die Nyl, waarvan die waters klots soos strome?

8 Egipte rys op soos die Nyl en sy waters klots soos strome; en hy sê: Ek sal optrek, die aarde oordek, ek wil die stad verwoes en die wat daarin woon.

9 Trek op, perde, en raas, waens! En laat die helde uittrek: Kusiete en Put,ërs wat die skild hanteer, en Ludiete wat die boog hanteer en span.

10 Maar die dag behoort aan die Here HERE van die leërskare, 'n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die Here HERE van die leërskare het 'n slagoffer in die Noordland, by die Eufraatrivier.

11 Gaan op na G¡lead en gaan haal balsem, o jonkvrou, dogter van Egipte! Tevergeefs vermenigvuldig jy medisyne, daar is geen genesing vir jou nie.

12 Die nasies het van jou skande gehoor en die aarde is vol van jou geskreeu; want held het gestruikel teen held, hulle altwee het saam geval.

13 Die woord wat die HERE tot die profeet Jeremia gespreek het aangaande die koms van Nebukadr,sar, die koning van Babel, om Egipteland te verower.

14 Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor in Migdol; ja, laat dit hoor in Nof en in Tagp nhes. Sê: Staan reg, en maak jou klaar, want die swaard het verslind wat rondom jou is.

15 Waarom is jou ruitery neergewerp? Dit het nie bly staan nie, omdat die HERE dit omgestoot het.

16 Hy het baie laat struikel, ja, die een val oor die ander, sodat hulle gesê het: Staan op en laat ons teruggaan na ons volk en na die land van ons geboorte weens die verdrukkende swaard.

17 Hulle het daar geroep: Farao, die koning van Egipte, is oorlogsrumoer; hy het die bepaalde tyd laat verbygaan.

18 So waar as Ek leef, spreek die Koning, wie se Naam is HERE van die leërskare, daar sal sekerlik een kom soos Tabor onder die berge en soos Karmel by die see.

19 Maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, o inwoner, dogter van Egipte; want Nof sal 'n woesteny word en dit sal verniel word, sonder inwoner wees.

20 Egipte is 'n pragtige vers; 'n steekvlieg kom, dit kom van die noorde af.

21 Ook is haar huurtroepe daar by haar soos kalwers uit die stal; maar hulle het ook omgedraai, almal saam gevlug, hulle het nie bly staan nie; want die dag van hulle ondergang het oor hulle gekom, die tyd van hulle besoeking.

22 Haar geluid is soos van 'n slang wat wegseil; want met 'n leërmag trek hulle en kom na haar met byle soos houtkappers.

23 Hulle kap haar bos om, spreek die HERE; want hulle is onberekenbaar: want hulle is meer as sprinkane, sodat 'n mens hulle nie kan tel nie.

24 Die dogter van Egipte staan beskaamd; sy is oorgegee in die hand van die volk uit die Noorde.

25 Die HERE van die leërskare, die God van Israel, sê: Kyk, Ek doen besoeking oor Amon van No en oor Farao en Egipte en sy gode en sy konings, ja, oor Farao en die wat op hom vertrou;

26 en Ek sal hulle oorgee in die hand van die wat hulle lewe soek, en in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, en in die hand van sy dienaars. Maar daarna sal dit bewoon word soos in die dae van die voortyd, spreek die HERE.

27 Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik.

28 Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met jou. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

1 耶和华论到列国的话临到耶利米先知。

2 以下的话是关于埃及, 论到埃及王法老尼哥的军队, 这军队在犹大王约西亚的儿子约雅敬第四年, 被巴比伦王尼布甲尼撒在靠近幼发拉底河的迦基米施击败。

3 "要准备好大小的盾牌, 踏上战场。

4 要装备马匹, 骑上战马; 站好岗位, 戴上头盔; 磨快枪矛, 穿上铁甲。

5 但为什么我看见他们惊惶, 转身退后呢?他们的勇士被击败了, 他们急速奔逃, 不敢回转。四围都是惊慌。"这是耶和华的宣告。

6 "快跑的跑不掉, 勇士也不能逃脱; 他们在北方、在幼发拉底河边, 都绊跌仆到。

7 那像尼罗河上涨, 像江河的水翻腾的是谁呢?

8 埃及像尼罗河上涨, 像江河的水翻腾; 它说: ‘我要上涨, 淹盖大地; 我要毁灭城镇和城里的居民。’

9 马匹啊, 上前吧! 战车啊, 狂奔吧! 勇士啊, 就是紧握盾牌的古实人和弗人, 以及拉弓的吕底亚人哪, 上阵吧!

10 那是主万军之耶和华的日子, 是报仇的日子, 他要向自己的敌人报仇; 刀剑必吞噬、饱餐他们的肉, 痛饮他们的血。因为在北方, 靠近幼发拉底河之地, 主万军之耶和华要屠宰敌人像杀祭牲一样。

11 埃及的人民哪, 上基列去取乳香吧! 你虽多用药物都是无效, 你必不得医治。

12 列国听见你的羞耻, 大地满了你的哀号; 因为勇士和勇士相碰, 双方一同仆倒。"

13 以下是耶和华对耶利米先知所说的话, 论到巴比伦王尼布甲尼撒要来攻打埃及地。

14 "你们要在埃及传扬, 在密夺宣告, 在挪弗和答比匿宣扬, 说: ‘要站好岗位, 作好准备, 因为刀剑要吞灭你周围的人! ’

15 你的壮士为什么俯伏?他们站立不住("你的壮士为什么俯伏?他们站立不住"或可参照《七十士译本》译作"为什么亚比士神逃跑?你的牛神站立不住"), 是因耶和华把他们推倒了。

16 他使众人绊跌, 倒在一起; 他们说: ‘起来! 我们要回到我们本族, 和我们出生之地那里去, 躲避欺压者的刀剑。’

17 他们在那里喊叫: ‘埃及王法老不过是喧哗的声音; 他已失去机会。’"

18 名叫万军之耶和华的王宣告说: "我指着我的永生起誓, 必有一位要来, 像群山中的他泊山, 像海边的迦密山一样。

19 住在埃及的人民哪! 要为自己预备被掳时所需的器物; 因为挪弗必成为荒场, 必被烧毁, 无人居住。

20 埃及是一头肥美的母牛, 但北方的牛虫已经来到它身上("它身上"有古卷作"来到了")。

21 它中间的雇佣兵像棚里的肥牛犊, 他们一同转身逃跑, 没有一个站立得住; 因为他们遭灾的日子、受惩罚的时候, 已经临到他们身上。

22 它逃走的声音像蛇行的响声, 因为敌人要成队而来, 像砍伐树木的, 拿着斧子前来攻击它。

23 他们要砍伐它的森林。这是耶和华的宣告; 它的森林虽然茂密难以通过, 但敌人比蝗虫还多, 无法数算。

24 埃及的人民必蒙羞受辱, 必交在北方的民族的手中。"

25 万军之耶和华以色列的 神说: "看哪! 我必惩罚挪的亚扪神、法老和那些倚靠法老的人。

26 我必把他们交在那些寻索他们性命的人的手里, 就是交在巴比伦王尼布甲尼撒和他的臣仆的手中。但以后, 埃及必再有人居住, 像从前一样。"这是耶和华的宣告。

27 "至于你, 我的仆人雅各啊! 你不要惧怕。以色列啊! 你不要惊慌。因为我必从远方拯救你回来, 从被掳之地必拯救你的后裔脱离他们被掳之地。雅各必归回, 得享平静安逸, 没有人可以使他害怕。

28 我的仆人雅各啊! 你不要惧怕。因为我与你同在; 我要消灭我赶逐你去的列国。却必不消灭你。我要按公正惩治你, 决不能免你受罚。"这是耶和华的宣告。