1 As jy jou bekeer, Israel, spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie.
2 Dan sal jy sweer: So waar as die HERE leef! in waarheid, in reg en in geregtigheid; en die nasies sal hulleself in Hom seën en hulle in Hom beroem.
3 Want so sê die HERE aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle 'n braakland en saai nie onder die dorings nie.
4 Besny julle vir die HERE en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos 'n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.
5 Verkondig in Juda en laat dit hoor in Jerusalem en sê: Blaas die basuin in die land! Roep hardop en sê: Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan!
6 Steek op die banier na Sion toe! Vlug, bly nie staan nie! Want Ek bring 'n onheil uit die Noorde en 'n groot verwoesting.
7 'n Leeu het opgekom uit sy bos en 'n verderwer van nasies het weggetrek, uitgegaan uit sy plek om jou land 'n woesteny te maak; jou stede sal verwoes word, sonder inwoners.
8 Daarom, omgord julle met rouklere, klaag en huil, want die toorngloed van die HERE teen ons het nie bedaar nie.
9 En op die dag, spreek die HERE, sal die moed van die koning en die moed van die vorste vergaan, en die priesters sal verskrik wees en die profete verstom staan.
10 Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê -- terwyl die swaard tot aan die siel raak.
11 In die tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word: 'n Gloeiende wind van die kaal heuwels in die woestyn op pad na die dogter van my volk, nie om te wan of te suiwer nie!
12 'n Wind te sterk vir hierdie dinge sal vir My kom; nou sal Ek ook oordele teen hulle uitspreek.
13 Kyk, soos wolke kom hy op, en soos 'n stormwind is sy strydwaens; sy perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons is verwoes!
14 Was jou hart van boosheid, o Jerusalem, dat jy gered kan word. Hoe lank sal jou onheilsgedagtes in jou binneste vertoef?
15 Want 'n stem verkondig uit Dan en laat onheil hoor van die gebergte van Efraim af.
16 Vermeld dit aan die nasies! Kyk, laat dit hoor teen Jerusalem! Beleëraars kom uit 'n ver land en het hulle stem verhef teen die stede van Juda.
17 Soos veldwagters is hulle teen die stad rondom, omdat dit teen My wederstrewig was, spreek die HERE.
18 Jou wandel en jou handel het jou dit aangedoen; dit is jou boosheid; ja, bitter is dit, ja, dit raak tot aan jou hart.
19 o My ingewande, my ingewande, ek moet bewe van angs! o Mure van my hart! My hart steun in my, ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu!
20 Verwoesting op verwoesting word uitgeroep, want die hele land is verwoes; skielik is my tente verwoes, my tentdoeke in 'n oomblik.
21 Hoe lank sal ek die banier sien, die basuingeluid hoor?
22 Want my volk is dwaas; My ken hulle nie; dwase kinders is hulle, en hulle is onverstandig; slim is hulle om kwaad te doen, maar om goed te doen, weet hulle nie.
23 Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie.
24 Ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe, en al die heuwels het geskud.
25 Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg.
26 Ek het gekyk, en die land van tuine was 'n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die HERE, voor sy toorngloed.
27 Want so sê die HERE: Die hele land sal 'n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie.
28 Hieroor sal die aarde treur en die hemel daarbo rou dra, omdat Ek dit gespreek, My dit voorgeneem het en Ek geen berou het en daarvan nie sal terugkom nie.
29 Vir die geluid van die ruiters en boogskutters vlug die hele stad; hulle het in die bosse ingegaan en op die rotse geklim; die hele stad is verlaat, en niemand woon daarin nie.
30 En jy, verwoeste, wat gaan jy doen? Al trek jy skarlaken klere aan, al versier jy jou met goue sieraad, al laat jy jou oë groter lyk met swart verf -- tevergeefs maak jy jou mooi; minnaars versmaad jou, hulle soek jou lewe.
31 Want ek het gehoor 'n stem soos van een wat inmekaar krimp, 'n benoudheid soos van een wat die eerste keer baar, die stem van die dogter van Sion; sy hyg na asem, sy brei haar hande uit en sê: Wee my tog, want my siel is magteloos teenoor die moordenaars.
1 "以色列啊! 你要是回转, 就当回转归向我。"这是耶和华的宣告。"如果你从我面前除掉你可憎的偶像, 不到处浪荡;
2 如果你凭真理、公正、公义, 指着永活的耶和华起誓; 列国就必因耶和华蒙福, 也必以他为荣。"
3 耶和华对犹大和耶路撒冷的人这样说: "你们要为自己开垦未经耕耘之地, 却不要撒种在荆棘中!
4 犹大人和耶路撒冷的居民哪! 你们要为了耶和华的缘故自行割礼, 除去心里的污秽; 不然, 我的忿怒必因你们的恶行, 如火一般发出来, 无人能熄灭! "
5 "你们应当在犹大宣告, 在耶路撒冷传扬, 说: ‘要在境内吹号。’高声呼叫, 说: ‘你们要集合起来, 我们要进到坚固的城里去! ’
6 要向锡安竖起旗号, 赶快逃命, 不可停留, 因为我必使灾祸与严重的毁灭, 从北方而来。"
7 狮子从它的密林中上来了, 毁坏列国的已经动身, 从他的本处出发, 为要使你的地荒凉, 使你的城市破毁, 无人居住。
8 因此, 你们应当披上麻布, 痛哭哀号, 因为耶和华的烈怒, 还没有离开我们。
9 "到那日, 君王和首领的勇气消失, 祭司也要惊惶, 先知都必诧异。"这是耶和华的宣告。
10 于是我说: "噢! 主耶和华啊! 你真的欺骗了这人民, 也欺骗了耶路撒冷, 说: ‘你们必平安无事’, 其实刀剑已经架在颈项上了! "
11 到那时, 必有话对这人民和耶路撒冷说: "有一阵热风从旷野光秃的高冈, 刮向我的子民("我的子民"原文作"我子民的女子"), 不是为簸散, 也不是为扬净;
12 这过强的风要为我刮来, 我就要向他们宣告我的判词。"
13 看哪! 我必如密云涌聚, 他的战车如旋风, 他的马比鹰还快。我们有祸了, 我们灭亡了!
14 耶路撒冷啊! 洗净你心中的邪恶, 使你可以得救! 你心存恶念, 要到几时呢?
15 因为有声音从但宣告, 从以法莲山传出灾祸的警报。
16 "要向列国提说, 向耶路撒冷宣扬: ‘围攻的人从远地而来, 向犹大的各城镇大声吶喊。
17 他们四面包围耶路撒冷, 好像看守田地的人一样, 因为耶路撒冷背叛了我。’"这是耶和华的宣告。
18 "你这一切灾祸是你的所作所为作成的, 这就是你的恶果, 实在是苦, 直透心底。"
19 我的肺腑, 我的肺腑啊! 我绞痛欲绝。我的心哪! 我的心在我里面颤抖, 我不能缄默不语。我的灵啊! 我听见了号角的声音, 也听见了战争的吶喊。
20 毁灭的消息频传, 因为全国尽都毁坏, 我的帐棚忽然毁坏, 我的幔子转瞬破裂。
21 我看见旗号要到几时呢?我听见号角的声音要到几时呢?
22 "我的子民愚妄, 他们连我都不认识, 是无知的儿女, 没有悟性; 他们有智慧行恶, 却没有知识行善。"
23 我观看地, 地是空虚混沌; 我仰视天, 天上也全然无光。
24 我观看大山, 它们尽都震动, 小山也都摇来摇去。
25 我观看, 毫无人迹; 空中的飞鸟也逃掉了。
26 我观看, 肥美田园变为荒野; 在耶和华面前, 就是在他烈怒之下, 所有的城市都被拆毁。
27 因为耶和华这样说: "全国都必荒凉, 我却不尽行毁灭。
28 因此, 地要悲哀, 天必昏暗。因为我说过, 就不后悔; 我定了意, 决不改变。"
29 因着骑兵和弓箭手的响声, 各城的人尽都逃跑。他们进入密林, 爬上岩穴; 各城都被撇下, 无人住在其中。
30 你这被毁坏的啊! 你在干什么?即使你穿上朱红色的服装, 佩戴黄金饰物, 用颜料画大你的眼睛, 你自炫漂亮, 也是白费的。爱你的人仍然鄙视你, 他们都在寻索你的命!
31 我听到好像妇人产痛的叫声, 正像生头胎孩子的妇人疼痛的叫声, 就是锡安居民("居民"原文作"女子")的声音, 他们喘着气, 伸开双手, 说: "哎! 我有祸了! 在那些杀人者跟前, 我发昏了! "