1 Ag, was my hoof maar water en my oog 'n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is van die dogter van my volk.
2 Ag, het ek in die woestyn maar 'n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; want hulle is almal owerspelers, 'n hoop ontroue mense.
3 En hulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens, en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek die HERE.
4 Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net 'n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery.
5 En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat, hulle maak hul moeg met verdraaiery.
6 Jou woning is in die midde van bedrog; deur bedrog weier hulle om My te ken, spreek die HERE.
7 Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ek anders handel vanweë die dogter van my volk?
8 Hulle tong is 'n moordpyl; dit spreek bedrog; met die mond spreek hulle van vrede met hul naaste, maar in hul binneste beraam hulle listige planne.
9 Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?
10 Ek sal geween en geklaag aanhef oor die berge en 'n klaaglied oor die weivelde van die woestyn; want hulle is verwoes, sodat niemand daar deurtrek nie, en 'n mens hoor geen geluid van vee nie; die voëls van die hemel sowel as die diere -- hulle het gevlug, weggetrek.
11 En Ek sal Jerusalem maak tot kliphope, 'n lêplek van jakkalse; en die stede van Juda sal Ek 'n woesteny maak, sonder inwoner.
12 Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van die HERE gespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie?
13 En die HERE het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie,
14 maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Ba„ls aan, waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het,
15 daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek gee aan hulle, aan hierdie volk, wilde-als om te eet, en Ek laat hulle gifwater drink,
16 en Ek verstrooi hulle onder die nasies wat hulle en hul vaders nie geken het nie, en stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle verteer het.
17 So sê die HERE van die leërskare: Let op, en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom;
18 en laat hulle gou maak en oor ons 'n weeklag aanhef, sodat ons oë afloop in trane en ons ooglede stroom van water.
19 Want die geluid van weeklag word uit Sion gehoor: Hoe is ons verwoes! Ons het diep in die skande gekom, omdat ons die land moet verlaat, omdat hulle ons wonings omgegooi het.
20 Want hoor, o vroue, die woord van die HERE, en laat julle oor opvang die woord van sy mond; en leer julle dogters 'n weeklag en vir mekaar 'n klaaglied.
21 Want die dood het in ons vensters opgeklim, in ons paleise ingekom om die kinders van die straat af uit te roei, die jongmanne van die pleine af.
22 Sê dit: So spreek die HERE: En die lyke van die mense sal neerval soos mis op die oop veld en soos gerwe agter die maaier sonder dat iemand dit versamel.
23 So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;
24 maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in die dinge het Ek 'n behae, spreek die HERE.
25 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is:
26 oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die rand van hulle hare wegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.
1 但愿我的头是水井, 我的眼是泪的泉源; 我好为我同胞("同胞"原文作"人民的女子")中被杀的, 昼夜哭泣。(本节在《马索拉抄本》为8:23)
2 但愿我在旷野有一个旅客住宿的地方, 好使我离开我的同胞, 可以离他们而去; 因为他们都是行奸淫的, 是行诡诈之徒。(本节在《马索拉抄本》为9:1)
3 "他们弯曲舌头, 像弯弓一样; 在这地得势的是虚谎, 不是诚实; 因为他们变本加厉地作恶, 连我也不认识。"这是耶和华的宣告。
4 "你们各人要提防自己的邻舍, 不要信靠兄弟; 因为每一个兄弟都在欺骗人, 每一个邻舍都搬弄是非。
5 他们各人都欺骗自己的邻舍, 不说诚实话。他们训练自己的舌头说谎话, 竭力作孽, 以致他们不能回转(本句按照《马索拉抄本》意思难确定; 现参照《七十士译本》翻译)。
6 欺凌加上欺凌, 诡诈加上诡诈, 他们不肯认识我。"这是耶和华的宣告。
7 因此, 万军之耶和华这样说: "看哪! 我要熬炼他们, 试验他们; 因我子民("我子民"原文作"我子民的女子")的罪恶, 我还可以作什么呢?
8 他们的舌头是杀人的利箭, 嘴里说的是诡诈; 跟邻舍说话满口甜言蜜语, 心底里却设计陷害他。
9 我因这些事怎能不惩罚他们呢?像这样的国家, 我怎能不亲自报复呢?"这是耶和华的宣告。
10 我要为众山哭泣哀号, 为旷野的草场唱哀歌; 因为都已成为荒凉, 无人经过, 也听不到牲畜的叫声; 无论空中的飞鸟, 地上的走兽, 都逃走跑掉了。
11 "我要使耶路撒冷变成乱堆, 成为野狗的巢穴; 我要使犹大的城市荒凉, 无人居住。"
12 谁是智慧人可以解明这事?耶和华的口向谁说过, 以致他可以传讲这事?为什么这地被毁坏, 像旷野般荒凉, 无人经过呢?
13 耶和华说: "这是因为他们离弃了我摆在他们面前的律法, 不听从我的话, 没有遵行我的律法;
14 反而随从自己顽梗的心行事, 照他们列祖所教训的, 随从众巴力。"
15 因此, 万军之耶和华以色列的 神这样说: "看哪! 我要使这人民吃苦堇, 喝毒水。
16 我要把他们分散在列国中, 就是他们和他们的列祖都不认识的列国; 我要使刀剑追杀他们, 直到把他们灭绝。"
17 万军之耶和华这样说: "你们要思想, 要把唱哀歌的妇女召来, 把那些擅长哀哭的妇女请来;
18 叫他们赶快为我们举哀, 使我们的眼流下眼泪, 使我们的眼皮涌出泪水。
19 因为从锡安可以听到哀声, 说: ‘我们何等衰败! 我们多么羞耻! 因我们丢弃了这地, 我们的家园被拆毁了。’"
20 妇女们哪! 你们要听耶和华的话, 你们的耳朵要领受他口中的话; 要教导你们的女儿举哀, 各人要彼此学习哀歌。
21 因为死亡从窗户上来, 进入我们的堡垒; 要从街上剪除孩童, 从广场上剪除年轻人。
22 你要这样说(这是耶和华的宣告): "人的尸体横卧着, 像田野上的粪肥, 又像遗留在收割者后面的麦穗, 无人拾取。"
23 耶和华这样说: "智慧人不可夸耀自己的智慧, 勇士不可夸耀自己的勇力, 财主不可夸耀自己的财富。
24 夸口的却要因了解我, 认识我而夸口; 认识我是耶和华, 我在地上施行慈爱、公正、公义; 因为我喜悦这些事。"这是耶和华的宣告。
25 "看哪! 日子快到(这是耶和华的宣告), 我必惩罚所有只在身体受过割礼, 内心却未受割礼的人,
26 就是埃及、犹大、以东、亚扪、摩押和所有剃除鬓发, 住在旷野的人; 因为列国的人都没有受过割礼, 甚至以色列全家的内心也没有受过割礼。"