1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het:
2 Hoor julle die woorde van hierdie verbond, en spreek met die manne van Juda en met die inwoners van Jerusalem
3 en sê vir hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Vervloek is die man wat nie luister na die woorde van hierdie verbond
4 wat Ek julle vaders beveel het op die dag toe Ek hulle uit Egipteland, uit die yster-smeltoond, uitgelei het met die woorde: Luister na my stem en doen die woorde net soos Ek julle beveel; dan sal julle vir My 'n volk wees, en Ek sal vir julle 'n God wees --
5 om te bevestig die eed wat Ek vir julle vaders gesweer het om aan hulle te gee 'n land wat oorloop van melk en heuning soos dit vandag is. Toe het ek geantwoord en gesê: Amen, o HERE!
6 En die HERE het vir my gesê: Roep al hierdie woorde uit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem: Hoor die woorde van hierdie verbond en doen dit.
7 Want Ek het julle vaders nadruklik gewaarsku op die dag toe Ek hulle uit Egipteland laat optrek het tot vandag toe, vroeg en laat, en gesê: Luister na my stem!
8 Nogtans het hulle nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hulle het gewandel elkeen in die verharding van sy bose hart. Daarom het Ek oor hulle gebring al die woorde van hierdie verbond wat Ek beveel het om te doen, maar wat hulle nie gedoen het nie.
9 Verder het die HERE vir my gesê: Daar is 'n sameswering ontdek onder die manne van Juda en onder die inwoners van Jerusalem:
10 hulle het teruggekeer na die ongeregtighede van hulle voorvaders wat geweier het om na my woorde te luister, en agter ander gode aan geloop om die te dien. Die huis van Israel en die huis van Juda het my verbond verbreek wat Ek met hulle vaders gesluit het.
11 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bring 'n onheil oor hulle, waaruit hulle nie sal kan uitkom nie; dan sal hulle na My roep, maar Ek sal na hulle nie luister nie.
12 Dan sal die stede van Juda en die inwoners van Jerusalem gaan en roep na die gode vir wie hulle rook laat opgaan het; maar die sal hulle geensins verlos in die tyd van hulle onheil nie.
13 Want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda! En volgens die getal van die strate in Jerusalem het julle altare opgerig vir die skandegod, altare om vir Ba„l rook te laat opgaan.
14 En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie, want Ek hoor nie in die tyd as hulle My aanroep vanweë hulle onheil nie.
15 Wat het my beminde in my huis te doen, dat sy daar haar listige plan uitvoer? Sal baie dinge en heilige vleis jou onheil van jou af wegneem? Dan kan jy jubel.
16 Die HERE het jou die naam gegee: groen olyfboom, skoon deur mooi gevormde vrugte; maar by die geluid van 'n groot gedruis het Hy 'n vuur daarteen aangesteek, en sy takke het gebreek.
17 Want die HERE van die leërskare wat jou geplant het, het onheil teen jou gespreek weens die boosheid van die huis van Israel en die huis van Juda, wat hulle graag gedoen het, om My te terg deur rook te laat opgaan vir Ba„l.
18 En die HERE het my dit te kenne gegee, sodat ek dit weet. Toe het U my hulle handelinge laat sien.
19 Maar ek was soos 'n mak lam wat hulle lei om te slag; en ek het nie geweet dat hulle planne teen my beraam het nie: Laat ons die boom met sy vrugte verwoes, en laat ons hom uitroei uit die land van die lewendes, sodat aan sy naam nie meer gedink word nie!
20 Maar, o HERE van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
21 Daarom, so spreek die HERE aangaande die manne van Anatot wat jou lewe soek en sê: Jy mag nie profeteer in die Naam van die HERE nie, anders sal jy sterwe deur ons hand --
22 daarom, so spreek die HERE van die leërskare: Kyk, Ek doen besoeking oor hulle; die jongmanne sal sterwe deur die swaard, hulle seuns en hulle dogters sal sterwe deur hongersnood,
23 en hulle sal geen oorblyfsel hê nie; want Ek sal onheil bring oor die manne van Anatot in die jaar van hulle besoeking.
1 耶和华有话临到耶利米, 说:
2 "你要告诉犹大人和耶路撒冷的居民: ‘你们要听从这约的话。’
3 你要对他们说: ‘耶和华以色列的 神这样说: 不听从这约的话的, 必受咒诅。
4 这约就是我把你们的列祖从埃及地、从铁炉那里领出来的那天所吩咐他们的, 说: 你们要听从我的话, 照着我吩咐你们的一切话去行; 这样, 你们就作我的子民, 我也作你们的 神。
5 我好履行向你们列祖所起的誓, 就是把流奶与蜜之地赐给他们, 好像今天一样。’"于是我回答说: "耶和华啊! 阿们。"
6 耶和华又对我说: "你要在犹大各城中和耶路撒冷的街道上, 宣告这一切话, 说: ‘你们要听从、遵行这约的话。
7 因为自从我领你们的列祖出埃及地那一天, 我已郑重警告他们, 直到今日, 我仍不断警告他们, 说: "你们要听从我的话。"
8 他们却不听从, 毫不留心, 各人随从自己顽梗的恶心行事。所以, 我使这约中一切咒诅的话临到他们身上。我曾吩咐他们遵行这约, 他们却不遵行。’"
9 耶和华又对我说: "在犹大人和耶路撒冷的居民中间, 有背叛的阴谋。
10 他们回到他们祖先所犯的罪孽中。他们的祖先不肯听从我的话, 却随从事奉别的神。以色列家和犹大家都违犯了我和他们列祖所立的约。"
11 因此耶和华这样说: "看哪! 我必使灾祸临到他们身上, 是他们不能逃脱的; 他们虽然向我哀求, 我必不听他们。
12 那时, 犹大各城的人和耶路撒冷的居民, 都必去哀求他们烧香供奉的神, 只是在他们遭难的时候, 这些神却完全不能拯救他们。
13 犹大啊! 你的城有多少, 你的神也有多少; 耶路撒冷的街道有多少, 你为那可耻的巴力所设立烧香的祭坛也有多少。
14 "至于你, 不要为这人民祈祷, 不要为他们呼求祷告, 因为他们遭难向我呼求的时候, 我必不听他们。
15 "我所爱的既然行了罪大恶极的事, 还有什么资格在我的殿里呢?难道祭肉可以消除你的灾祸, 使你得着欢乐吗?"
16 耶和华曾称你的名字为壮丽、多结美果的青橄榄树; 现在他必借风暴雷轰, 把它燃点起来, 它的枝子也都折断。
17 那栽种你的万军之耶和华, 已经宣布降灾攻击你, 是因以色列家和犹大家自己所行的恶; 他们向巴力烧香, 惹我发怒。
18 耶和华把他们的阴谋指示我, 我就知道了; 那时, 你把他们所行的给我指明。
19 至于我, 我却像一只驯良的羊羔, 被牵到屠宰之地; 我并不知道他们设计谋害我。他们说: "我们来把这树和果子("果子"原文作"它的食物")都毁灭吧, 把它从活人之地剪除, 使它的名不再被人记念。"
20 但万军之耶和华啊! 你是凭公义审判人, 试验人肺腑和心肠的。求你让我看见你在他们身上施行的报复, 因为我已经把我的案件向你陈明了。
21 因此耶和华指责那些亚拿突人, 他们寻索你命, 向你恐吓说: "不要奉耶和华的名说预言, 免得你死在我们手中。"
22 万军之耶和华这样说: "看哪! 我要惩罚他们; 他们的年轻人必死在刀下, 他们的儿女必因饥荒而死。
23 他们中间必没有余剩的, 因为在惩罚他们的年日, 我必使灾祸临到他们身上。"