1 Daarna het Saul met sy seun Jonatan en met al sy dienaars gespreek om Dawid dood te maak; maar Jonatan, die seun van Saul, het baie van Dawid gehou;
2 en Jonatan het dit aan Dawid meegedeel en gesê: My vader Saul soek geleentheid om jou dood te maak: pas dan nou môre vroeg op en hou jou verborge en steek jou weg.
3 Dan sal ek uitgaan en langs my vader gaan staan in die veld waar jy is, en ek sal met my vader oor jou spreek; en as ek iets sien, sal ek jou dit meedeel.
4 Jonatan het toe goed van Dawid gespreek by sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning hom tog nie besondig aan sy dienaar Dawid nie, omdat hy nie teen u gesondig het nie, en omdat sy handelwyse u geheel ten goede kom:
5 hy het sy lewe gewaag en die Filistyn verslaan, en die HERE het aan die hele Israel 'n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en u was bly; waarom sal u dan aan onskuldige bloed u besondig deur Dawid sonder oorsaak dood te maak?
6 En Saul het na Jonatan geluister, en Saul het gesweer: So waar as die HERE leef, hy sal nie gedood word nie!
7 Daarop het Jonatan Dawid geroep, en Jonatan het al hierdie woorde aan hom meegedeel. En Jonatan het Dawid na Saul gebring, en hy was voor hom soos gister en eergister.
8 En toe daar weer oorlog kom, het Dawid uitgetrek en teen die Filistyne geveg en 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat hulle voor hom uit gevlug het.
9 Maar 'n bose gees van die HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.
10 Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom.
11 Maar Saul het boodskappers na Dawid se huis gestuur om hom te bewaak en hom die môre vroeg dood te maak. Maar sy vrou Migal het dit aan Dawid meegedeel en gesê: As jy nie vannag jou lewe red nie, word jy môre gedood.
12 Migal het Dawid toe deur die venster laat afsak; en hy het weggegaan en gevlug en vrygekom.
13 Daarop neem Migal die huisgod en lê dit op die bed neer, en sy sit die net van bokhaar aan sy koppenent en bedek dit met 'n kombers.
14 Toe Saul dan boodskappers stuur om Dawid te gaan haal, sê sy: Hy is siek.
15 Daarop stuur Saul die boodskappers om Dawid te besoek met die opdrag: Bring hom met bed en al na my toe, dat ek hom kan ombring.
16 Toe die boodskappers inkom, lê die huisgod daar op die bed en die net van bokhaar aan sy koppenent!
17 En Saul sê vir Migal: Waarom het jy my so bedrieg en my vyand laat gaan, sodat hy vrygekom het? Maar Migal het Saul geantwoord: Hy het vir my gesê: Laat my gaan, of ek maak jou dood.
18 Intussen het Dawid gevlug en vrygeraak en by Samuel in Rama gekom en hom meegedeel alles wat Saul hom aangedoen het. Toe het hy saam met Samuel weggegaan, en hulle het in Najot gebly.
19 En aan Saul is meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in Najot by Rama.
20 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal. Maar toe hulle die skare profete sien profeteer, met Samuel as leier aan hulle hoof, het die Gees van God oor die boodskappers van Saul gekom, sodat hulle ook geprofeteer het.
21 Toe hulle dit aan Saul meedeel, het hy ander boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer; en Saul het die derde keer weer boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer.
22 En hy het self ook na Rama gegaan en by die groot put gekom wat by Segu is, en gevra en gesê: Waar is Samuel en Dawid? En hulle antwoord: Daar in Najot by Rama.
23 Hierop gaan hy daarheen, na Najot by Rama; en die Gees van God het ook oor hom gekom, sodat hy aldeur geloop en profeteer het totdat hy in Najot by Rama aangekom het.
24 Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor Samuel geprofeteer en ontbloot neergeval daardie hele dag en die hele nag. Daarom sê hulle: Is Saul ook onder die profete?
1 扫罗吩咐他的儿子约拿单和他所有的臣仆要把大卫杀死, 但扫罗的儿子约拿单非常喜爱大卫。
2 约拿单告诉大卫: "我父亲扫罗正设法要杀死你。所以明天早晨你要小心, 留在隐密的地方里, 躲藏起来。
3 我会出去, 到你藏身的那块田那里, 站在我父亲旁边, 和他谈论你的事。我看看情形怎样, 然后告诉你。"
4 约拿单向父亲扫罗替大卫说好话, 说: "王不要得罪你的仆人大卫, 因为他没有得罪你; 并且他所作的, 对你大有好处。
5 他冒着生命的危险击杀了那非利士人, 耶和华为以色列人施行了大拯救, 那时你看见了, 也很欢喜。现在你为什么要犯罪, 无缘无故杀死大卫, 流无辜人的血呢?"
6 扫罗听了约拿单的话, 就起誓, 说: "我指着永活的耶和华起誓, 大卫必不会被杀死。"
7 约拿单叫大卫来, 把这一切话都告诉他; 约拿单把大卫带到扫罗那里, 他就像以前一样, 侍候在扫罗面前。
8 后来, 又有战事; 大卫出去与非利士人交战, 大败他们, 他们就在大卫面前逃跑。
9 从耶和华那里来的恶鬼又临到扫罗身上; 那时扫罗坐在屋里, 手里拿着枪。大卫正在弹琴,
10 扫罗就想用枪刺杀大卫, 把他刺在墙上, 但大卫从扫罗面前躲开了, 他的枪刺在墙上。那天晚上大卫逃跑, 就逃脱了。
11 扫罗派人到大卫家里去监视他, 要在第二天早晨杀死他。大卫的妻子米甲告诉他说: "今天晚上你若不逃命, 明天就会被杀死。"
12 于是米甲从窗口把大卫缒下去, 大卫就离开那里逃走, 逃脱了。
13 米甲把家中的一尊神像拿来, 放在床上, 把头枕在用山羊毛弄成的枕头上, 再用衣服盖着。
14 扫罗派人来捉拿大卫, 米甲说: "他病了。"
15 扫罗又派人去看大卫说: "你们把他连床一起抬到我这里来, 我好杀死他。"
16 奉派的人进去, 看见床上有一尊家中的神像, 头枕在用山羊毛弄成的枕头上。
17 扫罗问米甲: "你为什么这样欺骗我, 放了我的仇敌, 让他逃走呢?"米甲回答扫罗: "他对我说: ‘放我走! 否则我要杀死你。’"
18 大卫逃跑, 逃脱了, 来到拉玛见撒母耳, 把扫罗对他所作的一切都告诉了撒母耳。然后他和撒母耳去拿约, 住在那里。
19 有人告诉扫罗: "大卫住在拉玛的拿约。"
20 于是扫罗派人去捉大卫。派去的人看见一群先知正在受感说话, 撒母耳站着带领他们。那时, 神的灵也临到扫罗的使者身上, 他们都受感说话。
21 有人把这事告诉了扫罗, 他就再派别的人去, 这些人也受感说话。扫罗第三次派人去, 他们也受感说话。
22 后来, 扫罗也亲自到拉玛去, 到了西沽的大井, 就问人, 说: "撒母耳和大卫在哪里?"有一个人回答: "在拉玛的拿约。"
23 扫罗就从那里往拉玛的拿约去。 神的灵也临到他身上, 他一面走, 一面受感说话, 直到他到了拉玛的拿约。
24 他脱掉了自己的衣服, 也在撒母耳面前受感说话。那一日, 他整天整夜赤着身子躺着, 因此有一句俗语说: "扫罗也列在先知中吗?"