1 Daarna sê die HERE aan Samuel: Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor Israel? Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Isai, die Betlehemiet, want Ek het onder sy seuns vir My 'n koning uitgesoek.
2 Maar Samuel vra: Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê die HERE: Neem 'n jong koei met jou saam en sê: Ek kom om aan die HERE te offer.
3 Nooi Isai dan na die offermaaltyd, en Ek sal jou bekend maak wat jy moet doen, en jy moet die een vir My salf wat Ek jou sal noem.
4 En Samuel het gedoen wat die HERE gespreek het; en toe hy by Betlehem aankom, het die oudstes van die stad hom bewend tegemoetgegaan en gevra: Is u koms vrede?
5 En hy sê: Vrede! Ek kom om aan die HERE te offer; heilig julle, en kom met my saam aan die offermaaltyd. En hy het Isai en sy seuns geheilig en hulle na die offermaaltyd genooi.
6 Toe hulle inkom en hy El¡ab sien, dink hy: Gewis, hier staan voor die HERE sy gesalfde!
7 Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die m,ns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.
8 Toe roep Isai Abin dab en laat hom voor Samuel verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die HERE ook nie uitgekies nie.
9 Verder het Isai Samma laat verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die HERE ook nie uitgekies nie.
10 So het Isai dan sy sewe seuns voor Samuel laat verbygaan, maar Samuel het aan Isai gesê: Die HERE het hulle nie uitgekies nie.
11 Verder het Samuel aan Isai gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op. Toe sê Samuel aan Isai: Stuur en laat hom haal, want ons mag nie om die tafel gaan sit voordat hy hier kom nie.
12 Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en 'n mooi voorkoms. En die HERE sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.
13 Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van die dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan.
14 Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.
15 Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, 'n bose gees van God verskrik u:
16 laat ons heer net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal 'n man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet hy speel met sy hand, dan sal dit beter met u word.
17 Daarop sê Saul aan sy dienaars: Kyk tog vir my uit na 'n man wat goed kan speel, en bring hom na my.
18 En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het 'n seun van Isai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is 'n dapper held en 'n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en die HERE is met hom.
19 Toe het Saul boodskappers na Isai gestuur en gesê: Stuur tog jou seun Dawid wat by die skape is, na my.
20 Isai neem toe 'n esel, brood en 'n leersak met wyn en 'n bokkie en stuur dit met sy seun Dawid na Saul.
21 So het Dawid dan by Saul gekom en voor hom gestaan; en die het hom baie liefgekry, sodat hy sy wapendraer geword het.
22 Daarna het Saul na Isai gestuur om te sê: Laat Dawid tog voor my staan, want hy het guns in my oë gevind.
23 En net wanneer daar 'n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.
1 耶和华对撒母耳说: "你为扫罗悲哀要到几时呢?我已经弃绝他作以色列的王了。你把膏油盛满了角, 然后去吧! 我要差派你到伯利恒人耶西那里去, 因为我在他的众子中, 已经预定了一个为我作王。"
2 撒母耳说: "我怎能去呢?扫罗听见了, 必定杀我。"耶和华说: "你可以带一头母牛犊去, 就说: ‘我来是要向耶和华献祭。’
3 你要请耶西参加献祭的筵席, 我就会指示你当作的。我指示你的那人, 你要为我膏立他。"
4 于是撒母耳照着耶和华的话去行。他到了伯利恒的时候, 城里的长老就都战战兢兢地出来迎接他, 说: "你是为平安来的吗?"
5 他回答: "是为平安来的。我来是要向耶和华献祭。你们要自洁, 与我一同参加献祭的筵席。"撒母耳使耶西和他的儿子自洁, 邀请他们来参加献祭的筵席。
6 他们来到的时候, 撒母耳看见以利押, 就心里想: "在耶和华面前的这位, 必是他所要膏立的。"
7 但耶和华对撒母耳说: "不要看他的外貌和他高大的身材, 因为我不拣选他。耶和华看人不像人看人, 人是看外表, 耶和华是看内心。"
8 耶西叫亚比拿达在撒母耳面前经过, 撒母耳说: "这也不是耶和华所拣选的。"
9 耶西又叫沙玛经过。撒母耳说: "耶和华也不拣选这个。"
10 耶西叫他的七个儿子都在撒母耳面前经过。但撒母耳对耶西说: "这些都不是耶和华所拣选的。"
11 撒母耳问耶西: "孩子们全都在这里吗?"耶西回答: "还有一个最小的, 正在牧羊。"撒母耳对耶西说: "你派人去把他带回来, 因为他没有来到以前, 我们决不入席。"
12 耶西就派人去把大卫带回来。他面色红润, 眼目清秀, 外貌英俊。耶和华说: "就是这一个, 你起来膏立他吧! "
13 撒母耳就拿起盛油的角, 在他的兄长中膏立他。从那天起, 耶和华的灵就大大感动大卫。后来撒母耳动身往拉玛去了。
14 耶和华的灵离开了扫罗。有恶鬼从耶和华那里来惊扰他。
15 扫罗的臣仆对他说: "看哪! 有恶鬼从 神那里来惊扰你。
16 愿我们的主吩咐你面前的臣仆, 去寻找一位善于弹琴的人; 从 神那里来的灵临到你身上的时候, 他可以弹琴, 你就好了。"
17 扫罗对他的臣仆说: "你们可以为我找一个善于弹琴的人, 带到我这里来。"
18 有一个仆人回答: "我见过伯利恒人耶西的一个儿子, 他善于弹琴, 是个大能的勇士, 又是个战士, 谈吐合宜, 容貌俊美, 耶和华也与他同在。"
19 于是扫罗派遣使者去见耶西, 说: "请你叫你放羊的儿子大卫到我这里来。"
20 耶西就牵来一头驴子, 驮上饼、一皮袋酒和一只山羊羔, 交给他的儿子大卫送给扫罗。
21 大卫到了扫罗那里, 就侍立在他面前。扫罗很爱他, 他就作了替扫罗拿武器的人。
22 扫罗再派人到耶西那里去, 说: "请你让大卫侍立在我面前吧, 因为我喜欢他。"
23 每逢从 神那里来的恶鬼临到扫罗身上的时候, 大卫就拿起琴来弹奏, 扫罗就舒服畅快, 恶鬼也离开了他。