1 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,
2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.
3 En hy het my in die gees weggevoer na 'n woestyn, en ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;
5 en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.
6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
7 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.
8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.
9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.
10 En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy 'n kort tydjie bly.
11 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.
12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.
13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.
14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.
15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.
16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.
18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.
1 拿着七碗的七位天使中, 有一位来跟我讲话, 说: "你来, 我要把那坐在众水之上的大淫妇所要受的审判指示你。
2 地上的众王都跟她行过淫, 住在地上的人也都喝她淫乱的酒醉了。"
3 我在灵里被天使带到旷野去, 看见一个妇人, 骑着朱红色的兽, 这兽布满了亵渎的名号, 有七头十角。
4 那妇人穿着紫色和朱红色的衣服, 佩戴着金子、宝石和珍珠的装饰, 手里拿着金杯, 盛满了可憎的物, 和她淫乱的污秽。
5 她额上写着一个名号: "奥秘, 大巴比伦, 地上的淫妇和可憎的物之母。"
6 我又看见那妇人喝圣徒的血, 和那为耶稣作见证的人的血, 喝醉了。我看见了她, 就大大惊奇。
7 天使对我说: "你为什么惊奇呢?我要把这妇人的奥秘, 和驮着她的那七头十角的兽的奥秘告诉你。
8 你看见的那兽, 先前在、现今不在、将来要从无底坑上来, 然后走向灭亡。住在世上的人, 凡是名字在创世以来没有记在生命册上的, 看见了那先前在、现今不在、将来还要出现的兽, 就都要惊奇。
9 在这里需要有智慧的心。七头就是那妇人所坐的七座山,
10 也就是七位王: 五位已经倒了, 一位还在, 另一位还没有来到; 他来的时候, 必须存留一会儿。
11 那先前在、现今不在的兽, 就是第八位。他也是出于那七位中的一位的, 并且正在走向灭亡。
12 你看见的那十角, 就是十王, 他们还没有取得王权; 但要跟兽一同得着权柄, 作王一个时期。
13 他们同心合意, 把自己的权力权柄交给那兽。
14 他们要跟羊羔作战, 羊羔必胜过他们, 因为他是万主之主, 万王之王。那些与羊羔同在、蒙召、被选、有忠心的, 也必胜过他们。"
15 天使又对我说: "你所看见那淫妇坐着的众水, 就是多种民族、群众、邦国, 方言的人。
16 你看见的十角和那兽, 都要恨那淫妇, 使她荒凉赤身, 又要吃她的肉, 用火把她烧掉。
17 神要众王行他的旨意, 就把意念放在他们心中, 叫他们同心把自己的国献给那兽, 直到 神的话都实现为止。
18 你看见的那妇人, 就是有权统治地上的众王的那座大城。"