1 En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is.
3 En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Om,ga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees.
8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
9 En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
10 En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos 'n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
12 En dit het 'n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik die van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.
15 En hy wat met my gespreek het, het 'n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.
16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
17 En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens 'n mens se maat, wat die maat van 'n engel is.
18 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.
19 En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;
20 die vyfde sardoniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chr¡sopraas, die elfde hias¡nt, die twaalfde amet¡s.
21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.
22 En 'n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.
25 En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie;
26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.
27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
1 我又看见一个新天新地, 因为先前的天地都过去了, 海也再没有了。
2 我又看见圣城, 新耶路撒冷, 从天上由 神那里降下来, 预备好了, 好像打扮整齐等候丈夫的新娘。
3 我听见有大声音从宝座那里发出来, 说: "看哪! 神的帐幕在人间, 他要与人同住, 他们要作他的子民。 神要亲自与他们同在, 要作他们的 神。
4 他要抹去他们的一切眼泪, 不再有死亡, 也不再有悲哀、哭号、痛苦, 因为先前的事都过去了。"
5 坐在宝座上的那一位说: "看哪, 我把一切都更新了! "又说: "你要写下来, 因为这些话是可信的、真实的。"
6 他又对我说: "成了! 我是阿拉法, 是俄梅格; 我是创始的, 也是成终的。我要把生命的泉水, 白白赐给口渴的人喝。
7 得胜的, 必要承受这些福分。我要作他的 神, 他要作我的儿子。
8 只是那些胆怯的、不信的、可憎的、杀人的、淫乱的、行邪术的、拜偶像的和所有说谎的人, 他们的分是在烧着硫磺的火湖里。这就是第二次的死。"
9 拿着七个盛满着末后七灾的碗的七位天使中, 有一位走来对我说: "你来! 我要把新娘, 就是羊羔的妻子, 指示你。"
10 我在灵里被那天使带到一座高大的山上, 他把从天上由 神那里降下来的圣城耶路撒冷指示我。
11 这城有 神的荣耀, 城的光辉好像极贵的宝石, 又像晶莹的碧玉。
12 有高大的城墙, 有十二个门, 门口有十二位天使, 门上写着以色列十二支派的名字。
13 东边有三个门, 南边有三个门, 西边有三个门, 北边有三个门。
14 城墙有十二座根基, 根基上有羊羔的十二使徒的名字。
15 那对我说话的天使拿着一根金的芦苇, 要量那城、城门和城墙。
16 城是四方的, 长宽都一样。天使用芦苇量那城, 共有二千四百公里("二千四百公里"原文作"一万二千司他町"), 城的长、宽、高都一样;
17 又量了城墙, 约有六十公尺("六十公尺"原文作"一百四十四肘")。天使用的标准, 就是人量度的标准。
18 城墙是用碧玉做的, 城是用明净像玻璃的纯金做的。
19 城墙的根基是用各样宝石装饰的: 第一座根基是碧玉, 第二座是蓝宝石, 第三座是玛瑙, 第四座是绿宝石,
20 第五座是红玛瑙, 第六座是红宝石, 第七座是黄璧玺, 第八座是水苍玉, 第九座是红璧玺, 第十座是翡翠, 第十一座是紫玛瑙, 第十二座是紫晶。
21 十二个门是十二颗珍珠, 每一个门是用一颗珍珠做的。城里的街道是纯金的, 好像透明的玻璃。
22 我没有看见城里有圣所, 因为主全能的 神和羊羔就是城的圣所。
23 这城不需要日月照明, 因为有 神的荣耀照明, 而羊羔就是城的灯。
24 列国要借着城的光行走, 地上的众王要把他们的荣华带到这城来。
25 城门白天决不关闭。在那里并没有黑夜。
26 列国的荣华尊贵都被带到这城。
27 所有不洁净的、行可憎的和说谎的, 决不可以进入这城。只有名字记在羊羔生命册上的才可以进去。