1 En 'n groot teken het in die hemel verskyn: 'n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre;

2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.

3 En 'n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was 'n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;

4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.

5 En sy het 'n manlike kind gebaar, wat al die nasies met 'n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.

7 En daar het oorlog in die hemel gekom: M¡gael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;

8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.

9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.

10 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;

14 maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, 'n tyd en tye en 'n halwe tyd.

15 En die slang het uit sy bek water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.

16 En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.

17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. [ (Revelation of John 12:18) En ek het op die sand van die see gaan staan. ]

1 那时, 天上出现了一个奇伟的景象: 有一个妇人, 身披太阳, 脚踏月亮, 头戴十二颗星的冠冕。

2 她怀了孕, 在生产的痛苦中疼痛呼叫。

3 天上又出现了另一个景象。看哪! 有一条大红龙, 有七头十角, 七头上戴着七个皇冠。

4 它的尾巴拖着天上三分之一的星辰, 把它们摔在地上。龙站在那快要生产的妇人面前, 等她生产了, 就要吞吃她的孩子。

5 她生了一个男孩子, 就是将来要用铁杖治理列国的。她的孩子被提取到 神和他宝座那里去。

6 妇人就逃到旷野去了, 那里有 神为她预备的地方。她在那里得供养一千二百六十天。

7 天上发生了战争: 米迦勒和他的天使与龙作战。龙和它的天使也起来应战,

8 龙却抵挡不住, 天上再也没有它们的地方了。

9 于是那大龙被摔了下来。它就是那古蛇, 名叫魔鬼, 又叫撒但, 是迷惑普天下的人的。它被摔在地上, 它的天使也跟它一同被摔了下来。

10 我又听见天上有大声音说: "我们 神的救恩、能力、国度和他所立的基督的权柄, 现在都已经来到了! 因为那昼夜在我们 神面前控告我们弟兄的控告者, 已经被摔下来了!

11 弟兄胜过它, 是因着羊羔的血, 也因着自己所见证的道, 他们虽然至死, 也不爱惜自己的性命。

12 所以, 众天和住在其中的, 你们都欢乐吧! 可是地和海有祸了! 因为魔鬼知道自己的时日无多, 就大大发怒下到你们那里去了。"

13 龙见自己被摔在地上, 就迫害那生了男孩子的妇人。

14 于是有大鹰的两个翅膀赐给了那妇人, 使她可以飞到旷野, 到自己的地方, 在那里得供养一年两年半年, 离开那蛇的面。

15 蛇在妇人后面, 从口中吐出水来, 好像江河一样, 要把妇人冲去。

16 地却帮助了那妇人, 张开口, 把从龙口中吐出来的河水吞了。

17 龙就向妇人发怒, 去和她其余的子孙作战, 就是和那遵守 神命令坚持耶稣见证的人作战。 [ (Revelation 12:18) 那时, 龙站在海边的沙上。 ]