1 En 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.

2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.

3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.

4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.

5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.

6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.

7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;

8 en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.

9 En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en 'n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.

10 Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat die twee profete die bewoners van die aarde gepynig het.

11 En n die drie en 'n halwe dag het 'n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en 'n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.

12 En hulle het 'n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.

13 En in die uur het daar 'n groot aardbewing gekom, en 'n tiende van die stad het geval, en sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring.

14 Die tweede wee het verbygegaan; kyk, die derde kom gou.

15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

16 En die vier en twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesê:

17 Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.

18 En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.

19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

1 有一根好像量尺的芦苇赐给了我, 又有话说: "你起来, 把 神的圣所和祭坛, 以及在里面敬拜的人, 都量一量、数一数。

2 但圣所外面的院子, 不要量它, 因为它已经给了外族人, 他们要践踏圣城四十二个月。

3 我要赐能力给我那两个穿着麻衣的见证人, 他们要传道一千二百六十天。"

4 他们就是站在全地之主面前的两棵橄榄树和两个灯台。

5 如果有人想要伤害他们, 就有火从他们口中出来, 吞灭他们的仇敌。凡是想要伤害他们的, 都必这样被杀。

6 他们有权柄在他们传道的日子叫天闭塞不下雨, 又有权柄掌管众水, 使水变成血, 并且有权柄可以随时随意用各样灾难击打全地。

7 他们作完了见证的时候, 那从无底坑上来的兽要跟他们作战, 胜过他们, 把他们杀死。

8 他们的尸首要倒在大城的街道上。这城按着寓意叫所多玛, 又叫埃及, 就是他们的主被钉十字架的地方。

9 从各民族、各支派、各方言和各邦国中, 都有人观看他们的尸首三天半, 又不许人把尸首安放在坟墓里。

10 住在地上的人为了他们的缘故, 就欢喜快乐, 彼此送礼, 因为这两位先知曾经使他们受痛苦。

11 过了三天半, 有生命的气息从 神那里来, 进入他们里面, 他们就站立起来, 看见他们的人都非常惧怕。

12 他们听见从天上来的大声音, 说: "上这里来! "他们就驾着云上了天, 他们的仇敌也看见了。

13 就在那时, 大地震发生了, 那座城倒塌了十分之一, 因着地震而死的有七千人, 其余的人都很害怕, 就把荣耀归给天上的 神。

14 第二样灾祸过去了。看哪, 第三样灾祸快要到了!

15 第七位天使吹号, 天上就有大声音说: "世上的国成了我们的主和他所立的基督的国, 他要作王, 直到永永远远! "

16 那在 神面前, 坐在自己座位上的二十四位长老, 都面伏在地上敬拜 神,

17 说: "主啊! 全能的 神, 昔在今在的, 我们感谢你! 因为你执掌了大权, 作王了!

18 列国忿怒了! 你的震怒也临到了! 时候已经到了! 死人要受审判! 你的众仆人、先知、圣徒, 和所有老幼贵贱、敬畏你名的人, 都要得赏赐! 你也要毁灭那些败坏全地的人! "

19 于是, 在天上 神的圣所开了, 他的约柜就在他的圣所中显现出来。随即有闪电、响声、雷轰、地震、大冰雹。