1 N hierdie dinge het die skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte,

2 sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers.

3 En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was.

4 En die owerste van die lyfwag het Josef by hulle aangestel om hulle te bedien. En hulle was 'n tyd lank in bewaring.

5 En hulle het altwee 'n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen 'n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het.

6 En Josef het die volgende môre by hulle gekom en gesien dat hulle ontstemd was.

7 Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom in bewaring was in die huis van sy heer, en sê: Waarom lyk julle aangesig vandag so droewig?

8 En hulle antwoord hom: Ons het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle: Is uitlegging nie 'n saak van God nie? Vertel my tog.

9 Toe vertel die voorman van die skinkers aan Josef sy droom en sê vir hom: In my droom was daar 'n wingerdstok voor my,

10 en aan die wingerdstok was drie ranke; en skaars het hy gebot of sy bloeisel was uit, sy trosse het ryp druiwe geword.

11 En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gegee.

12 Toe sê Josef vir hom: Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke is drie dae.

13 Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef -- jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.

14 Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog 'n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit;

15 want ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie.

16 Toe die voorman van die bakkers sien dat hy 'n gunstige uitlegging gegee het, sê hy aan Josef: Ook in my droom -- toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof,

17 en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik.

18 Toe antwoord Josef en sê: Dit is die uitlegging daarvan -- die drie mandjies is drie dae.

19 Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef -- hy sal jou aan 'n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.

20 En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy 'n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef --

21 hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee,

22 maar die voorman van die bakkers het hy opgehang soos Josef dit aan hulle uitgelê het.

23 En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.

1 这些事以后, 埃及王的酒政和膳长, 得罪了他们的主人埃及王。

2 法老就恼怒酒政和膳长这两个臣宰,

3 把他们关在军长府内的监房里, 就是约瑟被囚禁的地方。

4 军长把他们交给约瑟, 约瑟就侍候他们。他们在监房里过了好些日子。

5 他们二人, 就是被关在监里的埃及王的酒政和膳长, 同一夜各作了一个梦, 二人的梦各有不同的解释。

6 到了早晨, 约瑟进去到他们那里, 见他们神色不安,

7 就问法老的两个臣宰, 就是与他一同关在他主人府内的监房里的, 说: "今天你们的脸色为什么这样难看呢?"

8 他们回答他: "我们各人作了一个梦, 但没有人能够解释。"约瑟对他们说: "解梦不是出于 神吗?请把梦告诉我吧。"

9 酒政就把自己的梦告诉约瑟, 对他说: "在梦里我看见我面前有一棵葡萄树。

10 葡萄树上有三根枝子; 树一发芽, 就开了花, 上头的葡萄都成熟了。

11 法老的杯在我手里, 我拿了葡萄挤在法老的杯中, 把杯递在法老的手里。"

12 约瑟对他说: "这梦的解释是这样: 三根枝子就是三天。

13 三天之内, 法老必使你抬起头来, 恢复你原来的职位; 你仍要把杯递在法老的手里, 好像先前作他的酒政时一样。

14 不过, 你一切顺利的时候, 求你记念我, 施恩给我, 在法老面前提拔我, 救我脱离这监狱。

15 我实在是从希伯来人之地被拐来; 就是在这里, 我也没有作过什么事该被关在监牢里的。"

16 膳长见梦解得好, 就对约瑟说: "我也作了一个梦, 在梦里我看见自己头上有三篮白饼。

17 最上面的篮子里, 有为法老烤的各种食物, 但飞鸟来吃我头上篮子里的食物。"

18 约瑟回答: "这梦的解释是这样: 三个篮子就是三天。

19 三天之内, 法老必砍下你的头来, 把你挂在木头上, 必有飞鸟来吃你身上的肉。"

20 到了第三日, 就是法老的生日, 他为臣仆摆设筵席, 在他们面前把酒政和膳长提出监来,

21 恢复了酒政原来的职位, 叫他可以把杯递在法老的手中;

22 法老却把膳长挂起来, 正如约瑟给他们的解释一样。

23 但是酒政并不记念约瑟, 竟把他忘记了。