1 Toe val Josef op sy vader se aangesig, en hy het oor hom geween en hom gesoen.
2 En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.
3 En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween.
4 En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao:
5 My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my graf wat ek vir my in die land Kana„n uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.
6 En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.
7 Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom opgetrek, en al die oudstes van Egipteland;
8 ook die hele huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen laat agterbly.
9 En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit 'n baie groot trek was.
10 En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar 'n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.
11 Toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is 'n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misraim genoem, wat oos van die Jordaan lê.
12 En sy seuns het met hom gedoen net soos hy hulle beveel het:
13 sy seuns het hom weggebring na die land Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magp,la, die stuk grond wat Abraham as eiendomsgraf gekoop het van Efron, die Hetiet, oos van Mamre.
14 Daarna het Josef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het.
15 Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het!
16 Daarom het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde:
17 So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.
18 En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.
19 Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God?
20 Want julle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
21 Wees dan nou nie bevrees nie: ,k sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.
22 En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd en tien jaar gelewe.
23 En Josef het van Efraim kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore.
24 En Josef het aan sy broers gesê: Ek gaan sterwe, maar God sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het.
25 En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee -- bring dan my gebeente hiervandaan op.
26 En Josef het gesterwe, honderd en tien jaar oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in 'n kis gesit in Egipte.
1 约瑟伏在他父亲的脸上, 为他哀哭, 与他亲嘴。
2 约瑟吩咐臣仆中作医生的, 用香料包殓了他的父亲。他们就用香料包殓了以色列。
3 这事足足费了四十天, 因为用香料包殓尸体是需要这样长的时间。埃及人为他哀哭了七十天。
4 为他哀哭的日子过了, 约瑟就对法老家里的人说: "我若在你们面前得蒙喜悦, 请你们代我禀告法老说:
5 ‘我父亲曾经叫我起誓, 说: "看哪, 我快要死了; 你要把我埋葬在迦南地, 在我为自己所掘的坟墓里。"现在求你让我上去, 埋葬我的父亲, 之后我必定回来。’"
6 法老说: "你可以上去, 照着你父亲叫你起的誓, 把他埋葬。"
7 于是, 约瑟上去埋葬他的父亲。与他一同上去的, 有法老所有的臣仆, 法老家中的长老, 和埃及地所有的长老,
8 还有约瑟的全家, 他的兄弟们和他父亲的家人; 他们把孩子和牛羊留在歌珊地。
9 又有车辆和马兵与他一同上去, 成了一大队行列。
10 他们到了约旦河东岸的亚达禾场, 就在那里大大地哀悼痛哭。约瑟为他父亲举哀七天。
11 住在那地的迦南人看见了亚达禾场的哀悼, 就说: "这是埃及人一场非常伤痛的哀悼。"因此, 在约旦河东岸的那地方名叫亚伯.麦西。
12 雅各的众子就照着父亲嘱咐他们的去作,
13 把雅各运到迦南地, 葬在麦比拉田间的洞里。那地方在幔利的前面, 是亚伯拉罕向赫人以弗仑买下来作坟地的。
14 约瑟埋葬了他父亲以后, 就和他的众兄弟, 以及所有与他一同上去埋葬他父亲的人都回埃及去了。
15 约瑟的哥哥们看见父亲死了, 就说: "或者约瑟仍然会怀恨我们, 要报复我们从前向他所作的一切恶事。"
16 他们就打发人到约瑟那里, 说: "你父亲未死以前曾经嘱咐说:
17 ‘你们要对约瑟这样说: 从前你的哥哥们恶待你, 求你饶恕他们的过犯和罪恶。现在求你饶恕你父亲 神之仆人的过犯。’"约瑟听见这话就哭了。
18 他的哥哥们也亲自来了, 俯伏在他面前, 说: "看哪, 我们是你的奴仆。"
19 约瑟对他们说: "你们不要害怕, 我怎能代替 神呢?
20 从前你们有意要害我, 但 神有美好的意思在其中, 为要成就今日的光景, 使许多人的性命得以保全。
21 现在你们不要害怕, 我必供养你们和你们的孩子。"于是约瑟用仁慈的话安慰他们。
22 约瑟和他父亲的家人, 都住在埃及。约瑟活了一百一十岁。
23 约瑟见到以法莲的第三代子孙; 玛拿西的儿子玛吉的众子, 也归在约瑟的膝下。
24 约瑟对他的兄弟们说: "我快要死了, 但 神必定眷顾你们, 领你们从这地上到他起誓应许给亚伯拉罕、以撒、雅各之地去。"
25 约瑟又叫以色列的子孙起誓, 说: " 神必定眷顾你们, 那时你们要把我的骸骨从这里带上去应许之地。"
26 约瑟死了, 享寿一百一十岁。人用香料把他包殓了, 放在棺材里, 停在埃及。