1 Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.

2 Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.

3 En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.

4 Laat hulle tog 'n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom.

5 En laat ek 'n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart -- daarna kan u verder gaan -- want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het.

6 Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke.

7 Daarop loop Abraham na die beeste en vang 'n jong, mooi kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het.

8 En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet.

9 Toe sê hulle vir hom: Waar is Sara, u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent.

10 En Hy sê: Ek sal oor 'n jaar sekerlik weer na jou toe kom -- dan sal jou vrou Sara 'n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was.

11 Maar Abraham en Sara was oud, ver op hulle dae; dit het met Sara nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie.

12 En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is?

13 Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?

14 Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.

15 Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie -- want sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.

16 Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring.

17 Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,

18 terwyl Abraham tog sekerlik 'n groot en magtige nasie sal word en al die nasies van die aarde in hom geseënsal word?

19 Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis n hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.

20 Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar.

21 Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.

22 Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van die HERE.

23 En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?

24 Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?

25 Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie?

26 Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.

27 En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ek stof en as is.

28 Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf en veertig vind nie.

29 En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie.

30 Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie.

31 Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie.

32 Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.

33 En die HERE het weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.

1 耶和华在幔利橡树那里, 向亚伯拉罕显现。那时, 是一天中最热的时候, 亚伯拉罕正坐在帐棚门口;

2 他举目观看, 忽然看见三个人在他对面站着; 亚伯拉罕看见了, 就从帐棚门口跑去迎接他们, 俯伏在地,

3 说: "我主啊, 我若在你眼前蒙恩, 求你不要离开你的仆人。

4 让我叫人拿点水来, 你们可以洗洗脚, 然后在树下歇一歇。

5 让我拿点饼来给你们吃, 使你们可以恢复精力, 然后再走, 因为你们既然到了仆人这里来, 就应该这样。"他们说: "就照着你所说的去作。"

6 亚伯拉罕赶快进帐棚, 到撒拉那里, 说: "你快拿三斗细面调和, 作些饼。"

7 亚伯拉罕又跑到牛群里, 牵了一头又嫩又好的牛犊, 交给仆人; 仆人就赶快去预备。

8 亚伯拉罕又拿了乳酪、奶和预备好的牛犊肉来, 摆在他们面前。他们吃的时候, 亚伯拉罕在树下侍候他们。

9 他们问亚伯拉罕: "你的妻子撒拉在哪里?"他回答: "在帐棚里。"

10 其中一位说: "到明年这个时候, 我必回到你这里来。那时, 你的妻子撒拉必生一个儿子。"撒拉在那人后面的帐棚门口, 也听见了这话。

11 当时, 亚伯拉罕和撒拉都老了, 撒拉的月经也停止了。

12 撒拉心里暗笑, 说: "现在我已经衰老了, 我的丈夫也老了, 我还有房事的乐趣吗?"

13 耶和华对亚伯拉罕说: "撒拉为什么暗笑说: ‘我已经老了, 真的还能生育吗?’

14 耶和华岂有难成的事吗?到明年这个时候, 我要回到你这里来, 那时, 撒拉必生一个儿子。"

15 撒拉害怕起来, 就否认, 说: "我没有笑。"但那位说: "不, 你实在笑了。"

16 三人就从那里起身, 向着所多玛观望。亚伯拉罕与他们同行, 要送他们一程。

17 耶和华说: "我要作的事, 岂可瞒着亚伯拉罕呢?

18 亚伯拉罕必要成为强大兴盛的国, 地上的万国, 都必因他得福。

19 我拣选了他, 是要他吩咐子孙, 和他的家属, 遵守我耶和华的道, 秉公行义, 好叫我耶和华应许亚伯拉罕的话都可实现。"

20 耶和华说: "控告所多玛和蛾摩拉的声音甚大, 他们的罪恶极重。

21 我现在要下去, 看看他们所行的, 是不是全像那声闻于我的控告; 如果不是, 我也会知道的。"

22 其中二人从那里动身, 向所多玛走去, 亚伯拉罕却仍然站在耶和华面前。

23 亚伯拉罕上前说: "你真的要把义人和恶人一同除灭吗?

24 假如城中有五十个义人, 你还真的要除灭那地方, 不为城里的五十个义人而赦免那地方吗?

25 你绝不会作这样的事: 把义人与恶人一同杀死, 把义人和恶人一样看待, 你绝不会这样! 审判全地的主, 岂可不行公义吗?"

26 耶和华说: "我若在所多玛城中找到五十个义人, 我就因他们的缘故, 赦免那地方所有的人。"

27 亚伯拉罕回答, 说: "我虽然是灰尘, 还大胆地对我主说话。

28 假如这五十个义人中缺少了五个, 你会因为缺少了五个就毁灭全城吗?"他说: "我若在那里找到四十五个, 我也不会毁灭那城。"

29 亚伯拉罕再问他说: "假如在那里找到四十个呢?"他回答: "我因这四十个的缘故, 也不这样作。"

30 亚伯拉罕说: "请我主不要动怒, 容我再问: ‘假如在那里找到三十个呢?’"他回答: "我若在那里找到三十个, 也不这样作。"

31 亚伯拉罕说: "我再大胆地对我主说, 假如在那里找到二十个呢?"他回答: "我因这二十个的缘故, 也不毁灭那城。"

32 亚伯拉罕说: "请我主不要动怒, 容我问这最后的一次, 假如在那里找到十个呢?"他回答: "我因这十个的缘故, 也不毁灭那城。"

33 耶和华与亚伯拉罕说完了话, 就走了; 亚伯拉罕也回到自己的地方去了。