1 N verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;

2 en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei in die rietgras.

3 En kyk, n hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan.

4 En die koeie wat lelik van aansien en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword.

5 En hy het weer aan die slaap geraak en nog 'n keer gedroom; en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel;

6 en n hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was;

7 en die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was 'n droom!

8 Di, môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie.

9 Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag my sondes in gedagtenis bring.

10 Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers.

11 En ons het in dieselfde nag 'n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen 'n droom met besondere betekenis.

12 En daar was by ons 'n Hebreeuse jongman, 'n kneg van die owerste van die lyfwag -- aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.

13 En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur -- my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.

14 Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.

15 Toe sê Farao vir Josef: Ek het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy 'n droom net hoef te hoor om dit uit te lê.

16 En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao 'n gunstige antwoord gee.

17 Toe sê Farao vir Josef: Kyk, ek het in my droom gestaan op die wal van die Nyl,

18 en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei in die rietgras.

19 En kyk, n hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie.

20 En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet:

21 die het in hulle maag ingegaan, maar 'n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.

22 Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel.

23 En n hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was;

24 en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie.

25 Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.

26 Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.

27 En die sewe maer en lelike koeie wat n hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees.

28 Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.

29 Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland;

30 maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.

31 En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens die hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.

32 En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is -- dit is omdat die saak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen.

33 Laat Farao dan nou uitkyk na 'n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.

34 Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.

35 En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.

36 So sal dan die voedsel 'n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood te gronde gaan nie.

37 En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.

38 Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is?

39 En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.

40 Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy.

41 Verder het Farao vir Josef gesê: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.

42 Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang

43 en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pas op! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel.

44 En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie.

45 En Farao het Josef genoem S fenat-Pan,ag en aan hom Asenat, die dogter van Potif,ra, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland.

46 En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland deurgetrek.

47 En die land het met handvolle opgelewer in die sewe jare van oorvloed.

48 Toe het hy al die voedsel van die sewe jare versamel wat in Egipteland gekom het, en voedsel in die stede weggesit -- die voedsel van die land wat rondom elke stad was, het hy daarin weggesit.

49 So het Josef dan 'n baie groot hoeveelheid koring opgehoop soos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel, want dit was ontelbaar.

50 En vir Josef is twee seuns gebore -- voordat die jaar van hongersnood gekom het -- wat Asenat, die dogter van Potif,ra, die priester van On, vir hom gebaar het.

51 En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.

52 En die tweede het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.

53 Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in Egipteland was, ten einde gekom,

54 en die sewe jare van hongersnood het begin aankom soos Josef voorspel het. En daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Egipteland was daar brood.

55 En toe die hele Egipteland honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy julle sê.

56 En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland.

57 En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde.

1 过了两年, 法老作了一个梦, 梦见自己站在河边。

2 有七头母牛从河里上来, 又健美又肥壮, 在芦苇中吃草。

3 接着, 又有另外七头母牛从河里上来, 又丑陋又瘦弱, 站在岸上其他母牛旁边。

4 这些丑陋瘦弱的母牛, 竟把那些健美肥壮的母牛吃掉, 法老就醒了。

5 他又睡着, 作了第二个梦, 梦见一根麦茎, 长出七个麦穗, 又肥壮又美好。

6 接着, 又长出七个麦穗, 又干瘦又被东风吹焦了。

7 这些干瘦的麦穗, 竟把那七个又肥壮又饱满的麦穗吞下去, 法老就醒了, 原来是一个梦。

8 到了早晨, 法老心里烦乱, 就派人去把埃及所有的术士和智慧人都召了来; 法老把自己的梦告诉他们, 但是没有人能替法老解梦。

9 那时酒政告诉法老说: "我今日想起了我的过错。

10 从前法老恼怒臣仆, 把我和膳长关在军长府的监房里。

11 我们二人在同一夜都作了梦; 我们的梦各有不同的解释。

12 在那里有一个希伯来的少年人与我们在一起, 他是军长的仆人, 我们把梦告诉了他, 他就替我们解梦, 各人的梦有不同的解释。

13 结果, 事情都照着他给我们的解释实现了: 我恢复了原职, 膳长却被挂起来。"

14 法老于是派人去召约瑟。他们就急忙把约瑟从监里带出来。他剃了头、刮了脸、换了衣服, 就进去见法老。

15 法老对约瑟说: "我作了一个梦, 没有人能够解释。我听见人说, 你听了梦, 就能解释。"

16 约瑟回答法老, 说: "解梦不在于我, 但 神必给法老一个吉祥的解答。"

17 法老告诉约瑟: "在梦里我看见我站在河边。

18 有七头母牛从河里上来, 又肥壮又健美, 在芦苇中吃草。

19 接着, 又有另外七头母牛上来, 又软弱又消瘦又十分丑陋, 在埃及全地我没有见过这样丑陋的牛。

20 这又消瘦又丑陋的母牛, 竟把先前七头肥壮的母牛吃掉。

21 它们吃了以后, 却看不出它们是吃掉了肥牛, 因为它们丑陋的样子仍是与先前一样。我就醒了。

22 在梦里我又看见一根麦茎, 长出七个麦穗, 又饱满又美好。

23 接着, 又长出了七个麦穗, 又枯干又干瘦又被东风吹焦了。

24 这些干瘦的麦穗, 竟把那七个美好的麦穗吞下去。我把梦告诉了术士, 但是没有人能替我解答。"

25 约瑟对法老说: "法老的梦都是同一个意思, 神已经把所要作的事告诉法老了。

26 七头美好的母牛是七年, 七个美好的麦穗也是七年; 两个梦都是同一个意思。

27 那接着上来的七头又消瘦又丑陋的母牛是七年, 那七个不结实、被东风吹焦了的麦穗也是七年, 都是七年饥荒。

28 这就是我对法老所说: 神要作的事, 他已经向法老显明了。

29 看哪, 埃及全地必有七年大丰收。

30 接着又必有七年饥荒; 甚至埃及地所有的丰收都被人忘记了, 饥荒必把这地毁灭。

31 因为接着而来的饥荒太严重了, 使人不觉得这地有过丰收。

32 至于法老两次作梦, 是因为 神已经命定这事, 并且要快快地实行。

33 因此, 法老要找一个有见识有智慧的人, 派他管理埃及地。

34 法老要这样行, 在国中指派官员, 当七年丰收的时候, 征收埃及地出产的五分之一。

35 又叫他们把将要来的七个丰年的粮食收集起来, 积蓄五谷归在法老的手下, 收在各城里作粮食。

36 这些粮食要储存起来, 可以应付将来埃及地的七年饥荒, 免得这地被饥荒所灭。"

37 法老和他的臣仆, 都赞同这件事。

38 于是法老对臣仆说: "像这样的人, 有 神的灵在他里面, 我们怎能找得着呢?"

39 法老对约瑟说: " 神既然把这事指示了你, 就再没有人像你这样有见识有智慧了。

40 你可以掌管我的家, 我的人民都要听从你的话; 只有在王位上我比你大。"

41 法老又对约瑟说: "你看, 我任命你治理埃及全地。"

42 于是, 法老脱下他手上打印的戒指, 戴在约瑟的手上; 给他穿上细麻的衣服, 把金颈链挂在他的颈项上;

43 又叫约瑟坐在他的副车, 有人在他前面喊着: "跪下。"这样, 法老任命了约瑟治理埃及全地。

44 法老对约瑟说: "我是法老, 但在埃及全地, 如果没有你的许可, 没有人可以随意作事。"

45 法老给约瑟起名叫撒发那忒.巴内亚, 又把安城的祭司波提非拉的女儿亚西纳, 给约瑟为妻。约瑟出去巡行埃及全地。

46 约瑟侍立在埃及王法老面前的时候, 年三十岁。约瑟从法老面前出来, 遍行埃及全地。

47 在七个丰年的时候, 地里的出产非常丰盛。

48 约瑟把埃及七个丰年的一切粮食都收集起来, 把粮食存放在城中; 各城周围田地所出的粮食, 也存放在各城中。

49 约瑟积蓄了极多的五谷, 好像海沙那样多, 甚至他不再记下数量, 因为实在无法计算。

50 在荒年还没有来到以前, 约瑟生了两个儿子, 是安城的祭司波提非拉的女儿亚西纳给约瑟生的。

51 约瑟给长子起名叫玛拿西, 因为他说: " 神使我忘记我所有的困苦, 以及我父的全家。"

52 他给次子起名叫以法莲, 因为他说: " 神使我在受苦之地繁盛起来。"

53 埃及地的七年丰收一结束,

54 七年饥荒就随着来了, 正像约瑟所说的一样。各地都有饥荒, 只有埃及全地仍有粮食,

55 等到埃及全地也要挨饿的时候, 人民就向法老求粮。法老对所有的埃及人说: "你们到约瑟那里去, 他吩咐你们什么, 你们就作什么。"

56 当时饥荒遍及全国, 约瑟就开了所有的粮仓, 把粮食卖给埃及人, 因为埃及地的饥荒非常严重。

57 各地的人都到埃及去, 向约瑟买粮, 因为各地的饥荒都非常严重。