1 Toe lig Jakob sy voete op en gaan na die land van die kinders van die Ooste.

2 En meteens sien hy 'n put in die veld en drie troppe kleinvee wat daarby lê, want uit die put het hulle die vee laat drink; en daar was 'n groot klip op die opening van die put.

3 En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op sy plek.

4 Toe sê Jakob vir hulle: My broers, waar is julle vandaan? En hulle antwoord: Ons kom van Haran.

5 En hy vra hulle: Ken julle vir Laban, die seun van Nahor? En hulle antwoord: Ons ken hom.

6 Verder sê hy vir hulle: Gaan dit goed met hom? En hulle antwoord: Dit gaan goed; en daar kom sy dogter Ragel aan met die vee.

7 En hy sê: Kyk, die dag is nog lank; dit is nie tyd om die vee bymekaar te maak nie. Laat die vee drink, en gaan heen, laat hulle wei.

8 Toe antwoord hulle: Ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put, en ons laat die vee drink.

9 Terwyl hy nog met hulle praat, kom Ragel met die kleinvee van haar vader aan, want sy het hulle opgepas.

10 Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer.

11 En Jakob het Ragel gesoen en sy stem verhef en geween.

12 En Jakob het Ragel vertel dat hy haar vader se broer en die seun van Rebekka was. Daarop het sy geloop en dit aan haar vader vertel.

13 Toe Laban die tyding hoor van Jakob, die seun van sy suster, loop hy hom tegemoet en omhels hom en soen hom en bring hom in sy huis. En hy het aan Laban al hierdie dinge vertel.

14 Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en my vlees. En hy het by hom 'n volle maand gebly.

15 Daarop het Laban aan Jakob gevra: Sou jy my verniet dien, omdat jy my broer is? Sê my wat jou loon moet wees.

16 En Laban het twee dogters gehad -- die naam van die oudste was Lea, en die naam van die jongste Ragel.

17 En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien.

18 En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter.

19 Toe antwoord Laban: Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan 'n ander man gee. Bly by my.

20 So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos 'n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.

21 Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan.

22 Daarop het Laban al die manne van die plek versamel en 'n maaltyd berei.

23 Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan.

24 En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, as slavin.

25 En die anderdagmôre -- daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?

26 En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die oudste weg te gee nie.

27 Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nog sewe jaar by my moet volbring.

28 En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou.

29 En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavin Bilha gegee as slavin vir haar.

30 En hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook meer liefgehad as Lea. En hy was by hom nog sewe jaar in diens.

31 En toe die HERE sien dat Lea die nie-geliefde was, het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar.

32 En Lea het bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê.

33 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom S¡meon genoem.

34 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem.

35 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Di, keer sal ek die HERE loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.

1 雅各继续前行, 到了东方人的地方。

2 他看见田间有一口井; 有三群羊躺卧在井旁, 因为人都是用那井里的水给羊群喝; 井口上有一块大石头。

3 当所有羊群都到齐了, 牧人就把井口的石头辊开, 取水给羊群喝, 然后把石头放回井口原处。

4 雅各问这些牧人: "弟兄们, 你们是哪里来的?"他们回答: "我们是从哈兰来的。"

5 他问他们: "你们认识拿鹤的孙子拉班吗?"他们回答: "我们认识。"

6 雅各又问他们: "他平安吗?"他们回答: "平安。你看, 他的女儿拉结领着羊群来了。"

7 雅各说: "现在太阳还高, 不是牲畜聚集的时候; 你们取水给羊群喝, 再去牧放吧。"

8 他们回答: "我们不能这样作, 必须等到所有的羊群都到齐了, 有人把井口的石头辊开, 我们才可以取水给羊群喝。"

9 雅各还跟他们说话的时候, 拉结领着她父亲的羊群来了。拉结原来是个牧羊女。

10 雅各看见了舅父拉班的女儿拉结, 和舅父拉班的羊群, 就上前来, 把井口的石头辊开, 取水给舅父拉班的羊群喝。

11 雅各和拉结亲嘴, 就放声大哭。

12 雅各告诉拉结, 自己是她父亲的外甥, 是利百加的儿子。拉结就跑去告诉她的父亲。

13 拉班听见了关于外甥雅各的消息, 就跑去迎接他, 拥抱他, 和他亲嘴, 带他到自己的家里。雅各就把一切经过都告诉拉班。

14 拉班对雅各说: "你实在是我的骨肉。"雅各就与拉班同住了一个月。

15 拉班对雅各说: "你因为是我的外甥, 就要白白地服事我吗?告诉我, 你要什么报酬?"

16 拉班有两个女儿; 大的名叫利亚, 小的名叫拉结。

17 利亚的眼睛虽然可爱, 拉结却生得身材美丽, 样貌娟秀。

18 雅各爱拉结, 所以对拉班说: "我愿为你的小女儿拉结服事你七年。"

19 拉班说: "我把她给你, 比给别人更好, 你就与我同住吧。"

20 于是, 雅各为拉结服事了拉班七年; 他就看这七年好像几天一样, 因为他爱拉结。

21 雅各对拉班说: "期限到了, 请把我的妻子给我, 好让我与她亲近。"

22 拉班就摆设筵席, 邀请了那地方所有的人。

23 到了晚上, 拉班把自己的女儿利亚带来给雅各, 雅各就与她亲近。

24 拉班又把自己的婢女悉帕给了女儿利亚作婢女。

25 到了早晨, 雅各才看出原来是利亚, 就对拉班说: "你向我作的是什么事呢?我服事你, 不是为了拉结的缘故吗?你为什么欺骗我呢?"

26 拉班回答: "大女儿还没有出嫁, 就先把小女儿嫁出去, 我们这地方是没有这规矩的。

27 你与大女儿七天的庆典过了以后, 我们也把小女儿给你, 只是你要再服事我七年。"

28 于是雅各这样作了。他与利亚七天的庆典过了以后, 拉班就把自己的女儿拉结给雅各为妻。

29 拉班又把自己的婢女辟拉给了女儿拉结作婢女。

30 雅各也与拉结亲近, 并且爱拉结胜过爱利亚; 于是他再服事了拉班七年。

31 耶和华见利亚失宠, 就使她生育, 拉结却不生育。

32 利亚怀孕, 生了一个儿子, 就给他起名叫流本, 因为她说: "耶和华看见了我的苦情, 现在我的丈夫必爱我了。"

33 她又怀孕, 生了一个儿子, 就说: "耶和华因为听见我失宠, 所以又赐给我这个儿子。"于是给他起名叫西缅。

34 她又怀孕, 生了一个儿子, 就说: "这一次, 我的丈夫要依恋我了, 因为我已经给他生了三个儿子。"因此给孩子起名叫利未。

35 她又怀孕, 生了一个儿子, 就说: "这一次, 我要赞美耶和华了。"因此给孩子起名叫犹大。这样, 她才停止了生育。