1 En Abraham was oud en ver op sy dae, en die HERE het Abraham in alles geseën.
2 Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup,
3 dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kana„niete onder wie ek woon nie;
4 maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak 'n vrou te neem.
5 Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die vrou my nie wil volg na hierdie land nie. Moet ek u seun dan maar terugbring in die land waaruit u weggetrek het?
6 En Abraham antwoord hom: Neem jou tog in ag dat jy my seun nie weer daarheen bring nie.
7 Die HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee -- Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar 'n vrou gaan haal.
8 Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring nie.
9 Toe lê die dienaar sy hand onder die heup van Abraham, sy heer, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak.
10 En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na Mesopot mië, na die stad van Nahor, getrek.
11 En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by 'n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,
12 en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer.
13 Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep.
14 Laat dit nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink -- dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het.
15 Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir B,tuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer.
16 En die dogter was baie mooi van aansien, 'n jongmeisie, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom.
17 Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink.
18 En sy antwoord: Drink, my heer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink.
19 Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het.
20 Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep.
21 En die man het haar stilswyend betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie.
22 En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man 'n goue ring, 'n halfsikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien sikkels goud in gewig.
23 En hy sê: Wie se dogter is jy? Vertel my tog. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te vernag?
24 Toe antwoord sy hom: Ek is die dogter van B,tuel, die seun van Milka wat sy vir Nahor gebaar het.
25 Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag.
26 Toe buig die man hom neer en aanbid die HERE
27 met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.
28 Daarna het die dogter geloop en in die huis van haar moeder vertel wat daar gebeur het.
29 En Rebekka het 'n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein.
30 Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek -- het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein,
31 en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?
32 En die man het in die huis ingekom -- die kamele is afgesaal en vir die kamele is strooi en voer gegee, en water om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was.
33 Daarop het hulle ete voor hom neergesit; maar hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En hy antwoord: Spreek maar.
34 Toe sê hy: Ek is die dienaar van Abraham.
35 En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.
36 En Sara, die vrou van my heer, het vir my heer 'n seun gebaar nadat sy al oud was; en hy het aan hom alles oorgegee wat hy besit.
37 En my heer het my laat sweer en gesê: Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie;
38 maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my geslag en vir my seun 'n vrou gaan haal.
39 Toe het ek aan my heer gesê: Miskien sal die vrou my nie volg nie.
40 Maar hy het my geantwoord: Die HERE voor wie se aangesig ek gewandel het, sal sy engel met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun 'n vrou uit my geslag en uit die huis van my vader kan gaan haal.
41 Dan sal jy ontslae wees van die eed aan my: as jy by my geslag kom en hulle haar aan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae van die eed aan my.
42 Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, as U dan my weg waar ek op gaan, voorspoedig wil maak --
43 ek staan hier by die fontein laat dit nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink --
44 en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep -- sy is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.
45 Ek het nog nie klaar in my hart gespreek nie of daar het Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink!
46 En sy het dadelik haar kruik van haar laat afsak en gesê: Drink, en ek sal u kamele ook laat drink. En ek het gedrink, en sy het ook die kamele laat drink.
47 Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En sy antwoord: Die dogter van B,tuel, die seun van Nahor wat Milka vir hom gebaar het. Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande,
48 en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal.
49 As julle dan nou guns en trou aan my heer wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, dat ek regs of links kan gaan.
50 Toe antwoord Laban en B,tuel en sê: Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.
51 Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy 'n vrou kan wees vir die seun van jou heer, soos die HERE gespreek het.
52 Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor die HERE neergebuig na die aarde toe.
53 Daarna het die dienaar silwer-- en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee.
54 En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer!
55 Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter 'n dag of tien by ons bly; daarna kan jy heengaan.
56 Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die HERE my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.
57 Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en haar self vra.
58 En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja.
59 Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.
60 En hulle het Rebekka geseënen aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tien duisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!
61 Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.
62 En Isak het uit die rigting van die put Lagai-Ro‹gekom; want hy het gaan woon in die Suidland.
63 En Isak het teen die aand uitgegaan om te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.
64 Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly
65 en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.
66 Daarop het die dienaar aan Isak alles vertel wat hy gedoen het.
67 En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos n die dood van sy moeder.
1 亚伯拉罕老迈了, 年事已高, 耶和华在一切事上都赐福给他。
2 亚伯拉罕对他家中, 管理所有产业的老仆人说: "请把你的手放在我的大腿底下。
3 我要你指着耶和华天地的 神起誓, 不可从我现在居住的迦南人中, 为我的儿子娶他们的女子为妻。
4 你却要到我的故乡、我的亲族那里去, 为我的儿子以撒娶妻。"
5 仆人问亚伯拉罕: "如果那女子不愿跟我到这地方来, 我必须把你的儿子带回你原出之地去吗?"
6 亚伯拉罕对他说: "你要谨慎, 切不可带我的儿子回到那里去。
7 耶和华天上的 神, 就是领我离开我的父家和我亲族之地, 曾经对我说话, 又向我起誓的那位说: ‘我必把这地赐给你的后裔。’他必在你前面差派他的使者, 你就可以从那里为我的儿子娶妻。
8 如果那女子不愿跟你来, 我叫你所起的这誓就与你无关了。只是不可带我的儿子回到那里去。"
9 于是, 仆人把手放在他主人亚伯拉罕的大腿下, 为这事向亚伯拉罕起誓。
10 那仆人从他主人的骆驼里取了十匹骆驼, 带着主人各样的美物, 起程往两河之间的亚兰去, 到了拿鹤的城。
11 黄昏时分, 女人出来打水的时候, 那仆人就叫骆驼跪在城外的水井旁边,
12 然后祷告说: "耶和华我主人亚伯拉罕的 神啊, 求你今日使我遇见好机会, 施慈爱给我的主人亚伯拉罕。
13 我现在站在水泉旁边, 城内居民的女儿正出来打水。
14 我对哪一个少女说: ‘请你放下水瓶来, 让我喝点水。’如果她回答: ‘请喝, 我也给你的骆驼喝。’愿那少女就作你选定给你仆人以撒的妻子。这样, 我就知道你施慈爱给我的主人了。"
15 话还没有说完, 不料, 利百加肩头上扛着水瓶出来了。利百加是彼土利所生的。彼土利是亚伯拉罕兄弟拿鹤的妻子密迦的儿子。
16 那少女容貌非常美丽, 还是个处女, 没有男人亲近过她。她下到水泉那里, 打满了水瓶, 又上来。
17 仆人就跑去迎着她, 说: "请你把瓶里的水给我喝一点。"
18 那少女回答: "我主请喝。"就急忙把水瓶拿下来, 托在手上给他喝。
19 他喝足了, 少女就说: "我也要为你的骆驼打水, 直到它们都喝足了。"
20 于是急忙把水瓶里的水倒在槽里, 又跑到井旁去打水, 给他所有的骆驼打上水来。
21 那人一句话也不说, 只注视着她, 要知道耶和华使他的道路亨通不亨通。
22 骆驼喝足了, 那人就拿出一个重近六克的金鼻环, 戴在她的鼻子上, 又拿出两个重一百一十四克的金手镯, 套在她的手上,
23 然后问她: "请你告诉我, 你是谁的女儿?你父亲的家里有地方给我们住宿没有?"
24 她回答: "我是密迦给拿鹤所生的儿子彼土利的女儿。"
25 她又说: "我们有很多粮草和饲料, 也有住宿的地方。"
26 那人就跪下敬拜耶和华,
27 说: "耶和华我主人亚伯拉罕的 神是应当称颂的, 因为他不断以慈爱和信实待我的主人; 耶和华也一路引导我, 到了我主人的兄弟家里。"
28 那少女就跑回去, 把这些事都告诉了她母亲家里的人。
29 利百加有一个哥哥, 名叫拉班。
30 他看见了妹妹的鼻环和手上的手镯, 又听见了妹妹利百加说: "那人对我这样这样说", 就跑去见外面水泉旁边的那人。他来到那人跟前的时候, 见他仍然站在骆驼旁边的水泉那里。
31 拉班说: "你这蒙耶和华赐福的, 请进来吧, 为什么站在外面呢?我已经收拾好了房间, 也为骆驼预备了地方。"
32 那人就进了拉班的家。拉班卸了骆驼, 拿粮草和饲料给骆驼吃, 又拿水给那人和与他同来的人洗脚。
33 然后在他面前摆上食物, 但那人说: "除非等我说完了我的事, 我不会吃。"拉班说: "请说。"
34 那人说: "我是亚伯拉罕的仆人。
35 耶和华厚厚地赐福我主人, 他就昌大起来; 耶和华又赐给他羊群、牛群、金银、仆婢、骆驼和驴。
36 我主人的妻子撒拉年老的时候, 给我主人生了一个儿子。我主人也把他一切所有的都给了这个儿子。
37 我主人要我起誓, 说: ‘你不可从我现在居住的迦南地中, 为我的儿子娶迦南的女子为妻。
38 你要到我的父家, 和我的族人那里去, 为我的儿子娶一个妻子。’
39 我问我主人: ‘如果那女子不愿跟我回来呢?’
40 他回答: ‘我行事为人都在他面前的耶和华, 必差派他的使者与你同去, 使你的道路亨通, 你就可以从我的族人和我的父家, 给我的儿子娶一个妻子。
41 只要你到了我的族人那里去, 我叫你起的誓就与你无关; 他们若不把女子交给你, 我叫你起的誓也与你无关。’
42 我今天到了水泉那里, 就说: ‘耶和华我主人亚伯拉罕的 神啊, 你若叫我所走的道路亨通,
43 那么, 我现在站在水泉旁边, 但愿有一个少女出来打水, 我要对她说: "请你把瓶里的水给我喝一点。"
44 她若对我说: "你请喝, 我还要打水给你的骆驼喝。"愿那女子就作耶和华给我主人的儿子所选定的妻子。’
45 我心里的话还没有说完, 利百加就肩头扛着水瓶出来了, 她下到水泉那里去打水; 我就对她说: ‘请给我水喝。’
46 她急忙从肩上拿下水瓶来, 说: ‘请喝, 我还要给你的骆驼喝。’我喝了, 她也打水给我的骆驼喝。
47 于是我问她, 说: ‘你是谁的女儿?’她回答: ‘我是密迦给拿鹤所生的儿子彼土利的女儿。’我就把鼻环戴在她的鼻子上, 把手镯套在她的两手上。
48 然后我跪下敬拜耶和华, 称颂耶和华我主人亚伯拉罕的 神, 因为他引导我走恰当的路, 使我得到我主人的兄弟的孙女, 作我主人的儿子的妻子。
49 现在你们若愿意以慈爱和信实待我的主人, 就请告诉我。如果不愿意, 也请你们告诉我; 使我可以知道怎样行。"
50 拉班和彼土利回答, 说: "这事既然出于耶和华, 我们就不能对你说好说歹。
51 看哪, 利百加就在你面前, 你可以把她带去, 照着耶和华所说的, 作你主人儿子的妻子。"
52 亚伯拉罕的仆人听到了他们这些话, 就俯伏在地敬拜耶和华。
53 那仆人拿出金器、银器和衣服送给利百加, 又把贵重的礼物送给她的哥哥和她的母亲。
54 然后, 仆人和与他同来的人才吃喝, 并且住了一夜。他们早晨起来, 仆人就说: "请打发我回到我主人那里去吧! "
55 利百加的哥哥和母亲说: "让这女孩子和我们同住多几天, 或是十天, 然后她可以离去。"
56 仆人回答他们: "你们不要挽留我, 耶和华既然使我的道路亨通, 就请打发我回到我主人那里去。"
57 他们说: "我们可以把那女孩子叫来, 问问她的意思。"
58 他们把利百加叫了来, 问她: "你愿意与这人同去吗?"她回答: "我愿意去。"
59 于是, 他们把自己的妹妹利百加, 她的乳母和亚伯拉罕的仆人, 以及同来的人, 都打发走了。
60 他们给利百加祝福, 对她说: "我们的妹妹啊, 愿你作千万人之母; 愿你的后裔, 占领仇敌的城门。"
61 利百加和她的众使女就起来, 骑上骆驼, 跟着那人走; 那仆人就带着利百加走了。
62 那时, 以撒刚从庇耳.拉海.莱回来, 他原本是住在南地的。
63 黄昏的时候, 以撒出来田间默想。他举目观看, 忽然看见来了些骆驼。
64 利百加举目观看, 看见了以撒, 就下了骆驼,
65 问那仆人: "在田间走来迎接我们的这人是谁?"仆人回答: "他是我的主人。"利百加就拿面纱蒙在面上。
66 仆人把所作的一切事, 都告诉以撒。
67 以撒领利百加进了他母亲撒拉的帐棚, 并且娶了她。利百加就作了以撒的妻子。以撒爱利百加。以撒自从他母亲去世后, 这才得了安慰。