1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
4 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;
5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre , die eerste dag.
6 En God het gesê: Laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.
7 God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.
8 En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.
9 En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.
10 En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
11 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.
12 Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
13 En dit was aand en dit was môre , die derde dag.
14 En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.
15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.
16 God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.
17 En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde
18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.
19 En dit was aand en dit was môre , die vierde dag.
20 En God het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.
21 En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
22 En God het hulle geseënen gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.
23 En dit was aand en dit was môre , die vyfde dag.
24 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.
25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
29 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.
30 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin 'n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.
31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en -- dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre , die sesde dag.
1 起初, 神创造天地。
2 地是空虚混沌; 深渊上一片黑暗; 神的灵运行在水面上。
3 神说: "要有光! "就有了光。
4 神看光是好的, 他就把光暗分开了。
5 神称光为昼, 称暗为夜。有晚上, 有早晨; 这是第一日。
6 神说: "众水之间要有穹苍, 把水和水分开! "事就这样成了。
7 神造了穹苍, 把穹苍以下的水和穹苍以上的水分开了。
8 神称穹苍为天。有晚上, 有早晨; 这是第二日。
9 神说: "天下的水要聚在一处, 使旱地露出来! "事就这样成了。
10 神称旱地为地, 称水的聚处为海。 神看这是好的。
11 神说: "地上要长出青草、结种子的蔬菜和结果子的树木, 各从其类, 在地上的果子都包着核! "事就这样成了。
12 于是, 地上长出了青草和结种子的蔬菜, 各从其类; 又长出结果子的树木, 各从其类, 果子都包着核。 神看这是好的。
13 有晚上, 有早晨; 这是第三日。
14 神说: "在天上穹苍中, 要有光体来分昼夜; 这些光体要作为记号, 定节令、日子和年岁;
15 它们要在天上穹苍中发光, 照耀地上! "事就这样成了。
16 于是, 神造了两个大光体, 大的管昼, 小的管夜; 又造了星星。
17 神把这些光体安放在天上穹苍中, 照耀地上,
18 管昼夜, 分光暗。 神看这是好的。
19 有晚上, 有早晨; 这是第四日。
20 神说: "水要滋长生物; 地上和天空之中, 要有雀鸟飞翔! "
21 于是, 神创造了大鱼和在水中滋生各种能活动的生物, 各从其类; 又创造了各种有翅膀的飞鸟, 各从其类。 神看这是好的。
22 神就赐福给它们, 说: "要繁殖增多, 充满海洋; 雀鸟也要在地上增多! "
23 有晚上, 有早晨; 这是第五日。
24 神说: "地上要生出活物来, 各从其类; 牲畜、昆虫和地上的野兽, 各从其类! "事就这样成了。
25 于是, 神造了地上的野兽, 各从其类; 牲畜, 各从其类; 地上的各种昆虫, 各从其类。 神看这是好的。
26 神说: "我们要照着我们的形象, 按着我们的样式造人; 使他们管理海里的鱼、空中的鸟、地上的牲畜, 以及全地, 和地上所有爬行的生物! "
27 于是, 神照着自己的形象创造人; 就是照着他的形象创造了人; 他所创造的有男有女。
28 神就赐福给他们, 对他们说: "要繁殖增多, 充满这地, 征服它; 也要管理海里的鱼、空中的鸟和地上爬行的所有生物。"
29 神说: "看哪! 我把全地上结种子的各样蔬菜, 和一切果树上有种子的果子, 都赐给你们作食物。
30 至于地上的各种野兽, 空中的各种飞鸟, 和地上爬行有生命的各种活物, 我把一切青草蔬菜赐给它们作食物。"事就这样成了。
31 神看他所造的一切都很好。有晚上, 有早晨; 这是第六日。