1 En Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän.
2 Dit is die geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers -- hy was nog jonk -- met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.
3 En Israel het Josef meer lief gehad as al sy seuns; want hy was vir hom 'n seun van die ouderdom; en hy het vir hom 'n lang rok met moue gemaak.
4 Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie.
5 Ook het Josef 'n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat.
6 Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het.
7 Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig.
8 Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? Of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde.
9 Daarna het hy nog 'n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog 'n droom gehad -- die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.
10 Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir 'n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig?
11 En sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou.
12 En sy broers het die kleinvee van hulle vader by Sigem gaan oppas.
13 Toe sê Israel vir Josef: Pas jou broers nie die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord hom: Hier is ek!
14 Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom.
15 Daarop kry 'n man hom terwyl hy in die veld ronddwaal, en die man vra hom: Wat soek jy?
16 En hy antwoord: Ek soek my broers. Vertel my tog waar hulle die vee oppas.
17 Toe sê die man: Hulle het hiervandaan weggetrek, want ek het hulle hoor sê: Laat ons na Dotan gaan. En Josef het agter sy broers aan gegaan en hulle in Dotan gevind.
18 En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak.
19 En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan!
20 Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: 'n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word.
21 Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons hom nie doodslaan nie.
22 Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, maar moenie die hand aan hom slaan nie -- sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring.
23 En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het,
24 en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie.
25 Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens 'n reisgeselskap Ismaeliete wat uit G¡lead kom -- hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom op pad om dit na Egipte af te bring.
26 Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg?
27 Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister.
28 En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En hulle het Josef na Egipte gebring.
29 Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daarop skeur hy sy klere,
30 en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen?
31 Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag 'n bok en steek die rok in die bloed,
32 en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie.
33 En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! 'n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!
34 Toe skeur Jakob sy klere en trek 'n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank.
35 En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween.
36 En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Potifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
1 雅各住在他父亲寄居的地方, 就是迦南地。
2 雅各的历史记在下面: 约瑟十七岁的时候, 与他的哥哥们一同牧羊。他是个孩童, 与他父亲的妾, 辟拉和悉帕的众子, 常在一起。约瑟把他们的恶行报告给父亲。
3 以色列爱约瑟过于爱其他的儿子, 因为约瑟是他年老时生的。他给约瑟做了一件彩色长衣。
4 约瑟的哥哥们见父亲爱约瑟过于爱他们, 就恨约瑟, 不能与他和和气气地说话。
5 约瑟作了一个梦, 把梦告诉哥哥们, 他们就越发恨他。
6 约瑟对他们说: "请听我所作的这个梦:
7 我们正在田间捆麦子, 我的麦捆忽然站立起来, 你们的麦捆都来围着我的下拜。"
8 他的哥哥们对他说: "你真的要作我们的王吗?真的要管辖我们吗?"他们就为了约瑟的梦和他的话, 越发恨他。
9 后来约瑟又作了一个梦, 也把梦向哥哥们述说了。他说: "我又作了一个梦, 我梦见太阳、月亮和十一颗星向我下拜。"
10 约瑟把梦向他父亲和哥哥们述说了, 他父亲就斥责他, 说: "你所作的这梦是什么梦呢?我和你母亲, 以及你的兄弟, 真的要来俯伏在地向你下拜吗?"
11 他哥哥们都嫉妒他, 他父亲却把这事记在心里。
12 约瑟的哥哥们去了示剑, 牧放他们父亲的羊群。
13 以色列对约瑟说: "你的哥哥们不是在示剑牧放羊群吗?来吧, 我要派你到他们那里去。"约瑟回答他: "我在这里。"
14 以色列对他说: "你去看看你的哥哥们是不是平安, 羊群是不是平安, 就回来告诉我。"于是打发他离开希伯仑谷, 他就到示剑去了。
15 有人遇见约瑟在田间迷了路, 就问他说: "你找什么?"
16 他回答: "我正在找我的哥哥们, 请你告诉我他们在哪里牧放羊群。"
17 那人说: "他们已经离开了这里; 我听见他们说: ‘我们要到多坍去。’"于是约瑟去追寻哥哥们, 结果在多坍找到了他们。
18 他们远远就看见了他; 趁他还没有走近, 大家就谋害他, 要把他杀死。
19 他们彼此说: "看哪, 那作梦的人来了。
20 来吧, 我们把他杀了, 丢在一个枯井里, 就说有猛兽把他吃了。我们要看看他的梦将来要怎么样。"
21 流本听见了, 要救约瑟脱离他们的手。他说: "我们不可取他的性命。"
22 流本又对他们说: "不可流他的血, 可以把他丢在这旷野的枯井里, 不可下手害他。"流本的意思是要救他脱离他们的手, 把他带回去给他的父亲。
23 约瑟到了哥哥们那里, 他们就脱去他的外衣, 就是他穿在身上的那件彩衣。
24 他们拿住约瑟, 把他丢在枯井里。那井是空的, 里面没有水。
25 他们坐下吃饭, 举目观看, 见有一群以实玛利人从基列来。他们的骆驼载着香料、乳香和没药, 要带下埃及去。
26 犹大对他的众兄弟说: "我们杀了我们的兄弟, 把他的血隐藏起来, 究竟有什么益处呢?
27 我们不如把他卖给以实玛利人, 不要下手害他, 因为他是我们的兄弟, 我们的骨肉。"众兄弟就听从了他。
28 有些米甸的商人经过那里, 约瑟的哥哥们就把约瑟从枯井里拉上来, 以二十块银子把他卖给以实玛利人。以实玛利人就把约瑟带到埃及去了。
29 流本回到枯井那里, 见约瑟不在井里, 就撕裂自己的衣服。
30 他回到兄弟们那里去, 说: "孩子不见了, 我可到哪里去呢?"
31 于是, 他们宰了一只公山羊, 把约瑟的长衣蘸在血里;
32 然后打发人把彩衣送到他们父亲那里, 说: "这是我们找到的。请你认一认, 是你儿子的长衣不是?"
33 他认出这件长衣, 就说: "是我儿子的长衣, 有猛兽把他吃了。约瑟真的被撕碎了。"
34 雅各就撕裂自己的衣服, 腰束麻布, 为他儿子哀悼了很多日子。
35 他所有的儿女都起来安慰他, 他却不肯接受他们的安慰, 说: "我要悲悲哀哀地下到阴间, 到我的儿子那里去。"约瑟的父亲就为他哀哭。
36 米甸人后来把约瑟卖到埃及去, 卖给法老的一个臣宰, 军长波提乏。