1 En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abim,leg, die koning van die Filistyne, na Gerar.

2 En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys.

3 Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.

4 En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseënword;

5 omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.

6 So het Isak dan in Gerar gebly.

7 En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou -- anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien.

8 En toe hy al 'n lang tyd daar was, kyk Abim,leg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou.

9 En Abim,leg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!

10 En Abim,leg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy 'n skuld oor ons gebring het!

11 Daarop gee Abim,leg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word.

12 Isak het toe in die land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.

13 En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was:

14 hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het.

15 En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, die het die Filistyne toegestop en met grond opgevul.

16 Toe sê Abim,leg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword.

17 Daarop het Isak vandaar weggetrek en laer opgeslaan in die dal by Gerar en daar bly woon.

18 En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne n die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.

19 En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar 'n put met lewendige water.

20 En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is ons water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.

21 Daarop grawe hulle 'n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.

22 Toe het hy vandaar versit en 'n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit R,hobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.

23 Daarna het hy vandaar opgetrek na Bers,ba.

24 En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.

25 Toe bou hy daar 'n altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar 'n put gegrawe.

26 Daarop kom Abim,leg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en Pigol, sy leërowerste.

27 En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het?

28 Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog 'n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons 'n verbond met jou sluit:

29 jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.

30 Toe berei hy vir hulle 'n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink.

31 En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar 'n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.

32 Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry.

33 En hy het dit Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Bers,ba tot vandag toe.

34 Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.

35 En hulle was vir Isak en Rebekka 'n bitter verdriet.

1 从前在亚伯拉罕的时候, 曾经有过一次饥荒, 现在那地又有饥荒, 以撒就到基拉耳去, 到非利士人的王亚比米勒那里。

2 耶和华向以撒显现, 说: "你不要下到埃及去, 要住在我所指示你的地方。

3 你要寄居在这地, 我必与你同在, 必赐福给你, 因为我要把这全地都赐给你和你的后裔, 履行我向你父亲亚伯拉罕所起的誓。

4 我必使你的后裔增多, 好像天上的星那样多; 我必把这全地都赐给你的后裔; 地上的万国都必因你的后裔得福。

5 这是因为亚伯拉罕听从了我的话, 遵守了我的吩咐、我的命令、我的条例和我的律法。"

6 于是, 以撒就住在基拉耳。

7 那地方的人问起他的妻子, 他就回答: "她是我的妹妹。"因为他不敢说: "她是我的妻子。"他心里想: "恐怕这地方的人, 因利百加的缘故把我杀了, 因为她容貌美丽。"

8 以撒在那里住了很久。有一天, 非利士人的王亚比米勒从窗户里向外观望, 看见以撒正在爱抚他的妻子利百加。

9 亚比米勒于是把以撒召了来, 对他说: "你看, 她实在是你的妻子, 你怎么说是你的妹妹呢?"以撒回答他: "因为我心里想: ‘恐怕我因她的缘故丧命。’"

10 亚比米勒说: "你向我们作的是什么事呢?人民中间险些有人与你的妻子同睡, 那你就把我们陷在罪恶里了。"

11 于是, 亚比米勒吩咐全国人民, 说: "凡是触犯这人或是他的妻子的, 必被处死。"

12 以撒在那里耕种, 那一年丰收百倍, 耶和华实在赐福给他。

13 他就日渐昌大, 越来越富有, 成了个大富翁。

14 他拥有羊群、牛群和很多仆人, 非利士人就嫉妒他。

15 他父亲亚伯拉罕在世的时候, 所有由他父亲仆人挖的井, 非利士人都塞住了, 填满了土。

16 亚比米勒对以撒说: "你离开我们去吧, 因为你比我们强大得多了。"

17 以撒于是离开那里, 在基拉耳谷支搭帐棚, 住在那里。

18 他父亲亚伯拉罕在世的时候, 仆人所挖的水井, 在亚伯拉罕死后都被非利士人塞住了。以撒重新挖掘这些井, 仍然照着他父亲所起的名字叫它们。

19 以撒的仆人在山谷里挖井, 在那里挖得一口活水井。

20 基拉耳的牧人与以撒的牧人争闹起来, 说: "这水是我们的。"以撒就给那井起名叫埃色, 因为他们与他相争。

21 以撒的仆人又挖了另一口井, 他们又为这井争闹起来, 因此以撒给这井起名叫西提拿。

22 以撒离开那里, 又挖了另一口井; 他们不再为这井争闹了, 他就给那井起名利河伯, 因为他说: "现在耶和华给我们宽阔的地方, 我们必在这里繁盛起来了。"

23 以撒从那里上到别是巴去。

24 那天晚上, 耶和华向他显现, 说: "我是你父亲亚伯拉罕的 神; 你不要怕, 因为我与你同在; 我必为了我仆人亚伯拉罕的缘故, 赐福给你, 使你的后裔增多。"

25 以撒就在那里筑了一座祭坛, 呼求耶和华的名; 又在那里支搭帐棚; 以撒的仆人也在那里挖了一口井。

26 亚比米勒和他的朋友亚户撒, 以及他的军长非各, 从基拉耳来到以撒那里。

27 以撒问他们: "你们既然恨我, 把我从你们中间赶出来, 为什么又到我这里来呢?"

28 他们回答: "我们实在看见耶和华与你同在, 因此我们想: ‘不如我们双方起誓。’让我们与你立约吧;

29 你不要伤害我们, 正如我们从来没有触犯你, 只有善待你, 让你平平安安地离开。现在你是蒙耶和华赐福的了。"

30 以撒就为他们摆设筵席, 他们就一起吃喝。

31 第二天, 他们清早起来, 彼此起誓; 以撒就送他们走, 他们平平安安地离开他走了。

32 那一天, 以撒的仆人来把他们挖井的事告诉他, 说: "我们找到水了。"

33 以撒就给那井起名叫示巴, 因此那城名叫别示巴, 直到今日。

34 以扫四十岁的时候, 娶了赫人比利的女儿犹滴, 和赫人以伦的女儿巴实抹为妻。

35 她们二人常使以撒和利百加伤心难过。