1 Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte -- vierkantig moet die altaar wees -- en drie el sy hoogte.
2 En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek.
3 En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al die gereedskap moet jy van koper maak.
4 Jy moet daar 'n traliewerk aan maak, 'n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.
5 En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom.
6 Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.
7 En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra.
8 Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak.
9 Jy moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees;
10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
11 So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
12 En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.
13 En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el --
14 sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
15 en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
16 en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.
17 Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.
18 Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.
19 Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.
20 En jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê.
21 In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet A„ron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal 'n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.
1 "你要用皂荚木做祭坛, 这坛要四方的: 长两公尺两公寸, 宽两公尺两公寸, 高一公尺三公寸。
2 要在祭坛的四拐角做四个角, 角要与祭坛连在一块, 祭坛要包上铜。
3 要做盆, 用来收去祭坛上的灰, 又要做铲、盘、肉叉和火鼎; 祭坛上的一切器具, 你都要用铜来做。
4 要为坛做一个铜网, 网的四拐角上要做四个铜环。
5 要把网安在祭坛下面的围腰板之下, 使网从下面直达到祭坛的半腰。
6 又要为祭坛做杠, 就是皂荚木的杠, 要包上铜。
7 杠要穿在祭坛的环子里, 抬祭坛的时候, 杠就在祭坛的两边;
8 你要用木板做祭坛, 祭坛是空心的。你要照着在山上指示你的去做。
9 "你要做会幕的院子。在南面, 即向南的一面, 要用捻的细麻为院子做帷幔, 每边长四十四公尺。
10 帷幔的柱子要二十根, 铜插座二十个。柱子上的钩子和桁子都是银的。
11 北面也是一样, 要有四十四公尺长的帷幔, 帷幔的柱子二十根, 铜插座二十个, 柱子上的钩子和桁子都是银的。
12 院子的西面, 也要有帷幔, 宽二十二公尺。帷幔的柱子十根, 插座十个。
13 院子的东面, 要有二十二公尺宽。
14 门一面的帷幔要六公尺六公寸, 帷幔的柱子三根, 插座三个。
15 门另一面的帷幔也要六公尺六公寸, 帷幔的柱子三根, 插座三个。
16 院子的大门要有门帘, 长九公尺, 是用蓝色紫色朱红色线和捻的细麻, 用刺绣的手工织成, 柱子四根, 插座四个。
17 院子周围一切柱子, 都要用银桁子相连起来。柱子上的钩子是银的, 插座是铜的。
18 院子要长四十四公尺, 宽二十二公尺, 高两公尺两公寸; 帷幔是细麻捻的, 插座是铜的。
19 会幕中为礼拜用的一切器具和钉子, 以及院子里的一切钉子, 都是铜的。
20 "你要吩咐以色列民把打成的纯橄榄油拿来给你, 是为点灯用的, 使灯常常点着。
21 在会幕中法柜前的幔子外, 亚伦和他的子孙, 从晚上到早晨, 要常在耶和华面前料理这灯。这要作以色列人世世代代的定例。"