1 En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin:
2 Ruben, S¡meon, Levi en Juda;
3 Issaskar, S,bulon en Benjamin;
4 Dan en N ftali, Gad en Aser.
5 En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte.
6 En Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag.
7 Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.
8 Toe staan daar 'n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie.
9 Di, het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.
10 Kom, laat ons 'n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.
11 Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.
12 Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.
13 Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien
14 en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye -- al die werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.
15 En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue -- die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua -- gespreek
16 en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit 'n seun is, maak hom dood; maar is dit 'n dogter, laat haar lewe.
17 Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.
18 Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?
19 En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk -- voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.
20 Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.
21 En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.
22 Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.
1 以色列的众子, 各人带着家眷和雅各一同来到埃及。他们的名字是:
2 流本、西缅、利未、犹大、
3 以萨迦、西布伦、便雅悯、
4 但、拿弗他利、迦得、亚设。
5 他们全是雅各所生的, 共有七十人; 那时约瑟已经在埃及了。
6 后来, 约瑟和他所有的兄弟, 以及那一代的人都死了。
7 以色列人生养繁殖众多, 人数增加, 极其强盛, 遍满了那地。
8 那时, 有一位不认识约瑟的新王兴起来, 统治埃及。
9 他对自己的人民说: "看哪, 以色列民比我们众多强盛。
10 来吧, 我们要用巧计对付他们, 恐怕他们增多起来, 一旦发生战争, 他们就与我们的仇敌联合, 攻击我们, 并且离开这地。"
11 于是, 他们指派督工管辖他们, 加重他们的重担苦害他们, 他们为法老建造两座贮货城, 就是比东和兰塞。
12 但是, 埃及人越苦害他们, 他们就越发增多, 越发繁殖。埃及人就惧怕以色列人。
13 于是, 埃及人严严地使以色列人作苦工。
14 埃及人使他们因作苦工而觉得命苦, 他们要和泥、做砖、作田间各样的工; 这一切苦工, 埃及人都严严地驱使以色列人去作。
15 埃及王吩咐两个希伯来接生妇, 一个名叫施弗拉, 一个名叫普阿,
16 说: "你们给希伯来妇人接生的时候, 要看着她们临盆; 若是男孩, 你们要杀死他; 若是女孩, 她就可以活着。"
17 但是, 接生妇却敬畏 神, 不照着埃及王吩咐她们的去作, 竟让男孩活着。
18 于是, 埃及王把接生妇叫了来, 对她们说: "你们为什么作这事, 让男孩活着呢?"
19 接生妇回答法老: "希伯来妇人与埃及妇人不同; 她们很有活力, 接生妇还没有来到, 她们已经生产了。"
20 神恩待接生妇; 以色列民增多起来, 而且非常强盛。
21 接生妇因为敬畏 神, 神就为她们建立家室。
22 法老吩咐他的众民说: "凡是希伯来人所生的男孩, 你们都要把他投在河里; 凡是女孩, 就让她活着。"